Witrivier-vrou dood gevind: Nog ʼn verdagte vas

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem nadat Annatjie Myburgh (58) se liggaam Sondag in die vroeë oggendure gevind is.

Shaun Terblanche, operasionele bestuurder van J&M Sekuriteit wat intens by die soektog betrokke was, het gesê die tweede verdagte is Sondag omstreeks 19:25 in hegtenis geneem.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is 32 jaar oud en van Mosambiek. Volgens Sedibe is die verdagte in Cunningmore naby Bosbokrand in hegtenis geneem. Hy sal Maandag saam met die ander verdagte, ʼn 26-jarige man wat Saterdag in hegtenis geneem is, in die Witrivier-landdroshof verskyn.

Die 26-jarige verdagte het glo Myburgh se liggaam aan die polisie uitgewys. Haar liggaam is Sondag omstreeks 03:00 in ʼn plantasie sowat 7 km buite Witrivier gevind. Sedibe het intussen bevestig dat Myburgh se motor ook opgespoor is. Dit is nie in dié stadium duidelik wat die oorsaak van Myburgh se dood is nie.

“My ma sou so trots gewees het [op die manier waarop die gemeenskap saamgestaan het], want dit is wie sy was. Sy sou voor in die koor gestaan het as hierdie ding met enigiemand anders gebeur het.” So het Wendell Myburgh, Annatjie se seun, Sondag aan Maroela Media gesê ure nadat sy ma se liggaam ná ʼn vier dae lange soektog gevind is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn reusesoektog is na Myburgh van stapel gestuur nadat sy nie Woensdagoggend vir werk opgedaag het nie. Die vermoede is dat sy omstreeks 07:00 by die hek van haar en haar man se kleinhoewe in Curlews, naby Rocky Drift, deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorval is waarna hulle met haar in haar motor weggery het.

Lees alle vorige berigte oor Annatjie Myburgh op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Mariana ·

Dit is verskriklik. Ek dink en bid vir haar familie en vriende vir sterkte en vertroosting in die tyd wat voorle. ??

Willie ·

Ai hoe hartseer. Baie sterkte aan die familie en vriende. Mag God jul lei in die hartseer tye wat voorle..

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan Annetjie se Gesin en Familie, vriende… woorde kan nie jul seer verlig… Mag God aan jul vertroosting bring… mag hierdie 2 wat verantwoordelik is vir dit… gestraf word vir hul dade… RIP Annetjie….en aan almal wat betrokke was… met die soektog… dankie vir jul goeie werk… Sterkte aan die Familie

Marietjie ·

Net bly jul het verdagtes vas getrek. Sterkte aan haar man en kinders en kleinkind en familie en vriende. RIP Annietjie..

Joe ·

Dit is srikwekkend , skokkend , hartseer & uiters tragies wat hierdie familie moes deur gegaan het & nou ook die nuus dat oorledene gekry is .
My hart gaan uit na die familie wat agterbly , mag julle almal die krag , genade , troos & liefde ontvang in hierdie verskriklike hartseer tyd !
Well done aan al die instansies wat die verdagtes vas getrek het , mag hulle die oortreders swaar boet vir die onaanvaarbare misdaad !

Theresa B ·

Ek is stom. Ek het nie woorde nie. Die Here alleen weet waar gaan alles ophou. Mens se moed sak in jou skoene. Dit is asof al hierdie moored en afskuwelike dinge aan die orde van die dag is. Ek is so jammer vir julle mense. Baie sterkte. Al ken ek julle nie – ek bid vir julle om staande te bly. Niemand verdien dit om so dood te gaan nie. Al troos is dat sy nou op ‘n baie beter plek is – aan die Here se voete.

Riana Botha ·

Net ons Skepper kan ons help. Die dinge gebeur nou al hoe meer. Mag Annetjie se familie berusting vind.

neelsie ·

Hoeveel nog?
Wie is volgende?
Wanneer gaan dit eindig?
Onskuldige mense ly onder die wreedheid en gierigheid van boewe en rowers.
Sterkte aan die gesin!

Rissiepit ·

Liewe Neelsie.
Se “Dankie” vir hierdie donker tye aan wonderlike nobelpryswenner F.W. de Klerk en sy NP span. O-ja, en ook aan al die “Ja-stemmers” tydens die negentigs se referendum.

Vra net ·

Nou wonder ek , As dit waar is dat sy oorlede is aan n hartaanval?..Gaan hulle van Moord aangekla word , Dit is tog hulle skuld , Of gaan hulle net n Maand sit vir roof?

alida ·

As dit ‘n hartaanval was, was dit deur hulle toedoen. Die feit dat hulle haar liggaam gaan stort het op ‘n ander plek dui daarop dat hulle haar vermoor het. As hulle onskuldig is (wat onwaarskynlik is) sou hulle haar mos in haar motor gelos het en gevlug het. Kom ons wag en kyk wat se die nadoodse ondersoek. Dit is afgryslik.

alida ·

Dit is tragiese gebeure. Sterkte aan haar familie en vriende. Nog ‘n sinnelose, sadisties en barbaarse gebaar. Het hulle nou gedink hulle gaan wegkom daarmee.

snoefie ·

al verblydende ligpunt in die saak is dat n gemeenskap nog kan saamstaan. hopelik gaan die sapd nou die lug sien en hulle knuee sterlk maak om die werk te doen waarvoor hulle betaal word….MISDAAD UITROEI. hulle is ni e veronderstel om taxi te ry of insleepdiens te bedryf met polisie voertuie nie. hulle moenie papiere en blikke deur daardie voertuie se vensters gooi nie en hulle moenie via Facebook en twitter op gewone mense spioeneer nie. sterkte aan die myburgh familie. mag Annatjie salug runs. die ingenieurs van hear ontydige dood is aangekeer.

Christie Joubert ·

En net vanoggend op die nuus; “Dit is vandag wêreld vlugteling dag”…. En wat sê Suid Afrika? “Hulle moet weet hulle is welkom in Suid Afrika”. Ek is sprakeloos.

Baie trots en baie hartseer ·

Ek is baie trots op die gemeenskap, ek hoop jul kry die nodige eer deur ander media ook, dit wys ons kan saamstaan en vir ‘n beter toekoms saamwerk! Baie dankie vir elkeen se bydrae en reaksie om hierdie mense te vang en hierdie vrou te vind. Soos haar kind omperk sy sou trots op die gemeenskap gewees het. Vir hierdie gemors wat gevang is hoop ek ons land se mense sorteer hul uit, dit is uitlanders en dit gee ons mense ‘n slegte naam!!!!!!! Aan die familie en veral die man en kinders baie sterkte, dink aan julle, julle sal hierdeur kom, jul fokus al klaar op haar mooi lewe en dit sal jul help hierdeur.

Theuns ·

Ek is woedend! Weer buitelanders betrokke by Annatjie se moord.. Ek hoor vanoggend twee Mosambiekers verskyn in Hof in Pretoria vir plaasaanvalle en moorde op boere. Buitelanders verantwoordelik vir plaasaanval en verkragting van meisie (Groblersdal) vry gelaat op R500 Borg? Die moordenaars van twee ander Boere op Groblersdal is nou nog soek!(Myburg en Pretoruis) Ook buitelanders! Die lys hou net nie op nie. Maar helaas maak die feite geen duit verskil aan die media, koerante of ons eie mense nie. Ons eie mense wil nie glo dat dit buitelanders is nie! Dankie Maroela dat julle nog berigte oor plaasmoorde plaas. Ek se weer dit gaan nie oor zenofobie nie maar misdaad!

Johan du Toit ·

Ek stem volhartig saam met Theuns. die twee mosambiekers wat by Brits so boere beroof het is gevang. Die ander twee wat vir die myburgh vrou vermoor het ook zimbabwiers. Kan Maroela media `n bietjie ondersoek instel op al die ander moored en dan vir ons die statistieke bekend stel om te sê hoeveel suid afrikaners was of hoeveel uitlanders was. Ons regering moet wakker skrik. Dis hulle wat die grense oop gegooi het!!!!!!

Theuns ·

Dankie Johan vir jou ondersteuning. Weet jy wat is ‘n groot probleem? Boere en mense in die dorpe neem die buitelanders in diens. Alhoewel ons nie vir die boere en dorpsmense kan se wie moet hulle in diens neem nie regverdig hulle die feit dat hulle buitelanders in diens neem deur te beweer dat ons eie mense lui is en nie wil werk nie. In sekere gevalle is dit waar maar die hoofrede is omdat buitelanders hulle arbeid goedkoper aanbied, tot soveel as ‘n derde van die minimum loon? ‘N ander Johann hieronder lewer die volgende kommentaar: ” Moet nooit jou of jou familie in ‘n posisie plaas waar jy nie wil wees nie” Amen!

Johann ·

Maak nie saak wie se wat nie, maar wit mense word geteiken.
Kyk nou maar…sodra enige wit persoon aangemeld word as vermis, is die kanse 99.99 persent dat daai persoon nie lewend gevind sal word nie!

Johann ·

Net iets by noem:
Onthou die volgende:
Moet nooit jouself, of jou gesin in ‘n posisie plaas waar jy nie in wil wees nie.
Ek weet dis moeilik maar wees versigtig waar jy ookal gaan

Uiltjie ·

Hoor net waarvandaan kon hy… Kan Maroela nie vir ons vasstel hoeveel buitelanders is in ons gevangenisse wat verantwoordelik is vir plaasmoorde? Ek glo meeste van hulle is verantwoordelik vir die gruweldade!

Sandy ·

Ja, stel die buitelander in diens en sien wat gebeur, jy as boer of Direkteur van ‘n maatskappy betaal hom ‘n baie minder loon per dag, maar dit is juis hy wat jou of ‘n ander persoon vermoor (wit en swart), en dan land uit vlug, ek verwys na die moord op ‘n plot in Randfontein so ses maande terug waar die ma, haar dogtertjie van 10 jaar oud, haar kerel en kerel se pa vermoor was, niks het daarvan gekom nie, tot nou toe is die moordernaars op voet (sekerlik land uit) hoe pateties!!

Theuns ·

Sandy jy is reg dit is presies wat gebeur! Selfs die nuwe Polisie Hoof het dit bevestig!

Elizabeth ·

Daar staan geskryf in die berig hierbo dat daar nog nie duidelikheid verkry is oor die oorsaak van haar dood nie – so vanwaar die gissinge van ‘n hartaanval??

Oni ·

Ek raak eintlik jaloers op mense wat hul eie werk doen. Geen inligting kan uit jou privaatheid gaan nie. Miskien moet meer aan dieselfde dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.