Witrivier-vrou dood gevind

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

Annatjie Myburgh se liggaam is vanoggend in die vroeë oggendure gevind.

Shaun Terblanche, operasionele bestuurder van J&M Sekuriteit wat nou by die soektog betrokke was, het die nuus aan Maroela Media bevestig. “Haar liggaam is omstreeks 03:00 vanoggend [Sondag] gevind, sowat 7 km buite Witrivier. Dit was omtrent halfpad tussen Witrivier en ʼn informele nedersetting buite die dorp,” het hy gesê.

Volgens Terblanche is ʼn verdagte Saterdag omstreeks 17:00 vir Myburgh se moord in hegtenis geneem. Hy het aan die polisie gaan uitwys waar haar liggaam gestort is. “Volgens ons inligting is daar nog een verdagte op vrye voet, maar die polisie volg alle moontlike inligting op om hom vas te trek,” het hy gesê.

Dit is nie in dié stadium duidelik wat die oorsaak van Myburgh se dood was en of haar motor al gevind is nie.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het Sondagoggend bevestig dat Myburgh se liggaam gevind is, maar wou nie dadelik verder kommentaar lewer nie. Hy het gesê ʼn persverklaring oor die aangeleentheid sal later uitgereik word.

Maroela Media het vroeër berig ʼn reusesoektog na Myburgh is van stapel gestuur nadat sy nie Woensdagoggend vir werk opgedaag het nie. Die vermoede is dat sy omstreeks 07:00 by die hek van haar en haar man se kleinhoewe in Curlews, naby Rocky Drift, deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorval is waarna hulle met haar in haar motor weggery het.

Lees alle vorige berigte oor Annatjie Myburgh op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Gallie ·

Rina ek weet nie wat jy so interresant vind in hierdie hartseer berig nie. Miskien was dit net ‘n swak woordkeuse, maar dit is uiters hartseer.

Patrys ·

Hoekom haar nou vermoor? Waarom nie net die Kar vat nie? Dis so weed! Sterkte aan die familie.

anton. ·

@Patrys……Hoekom haar kar vat? Hoekom haar vermoor? GEEN misdaad teen ons mense is aanvaarbaar nie!
Ek is so keelvol vir hierdie volksvreemdes en Goddeloses wat net maak wat hulle wil in die land.

leonsnr van deventer ·

Baie sterkte aan die familie dit is so tragies dat soveel onskuldige mense hulle lewens verloor aan die hand van barbarse moordernaars.Die doodstraf sal dit kan verminder

Adele ·

Dit is baie hartseer. Hierdie was nou wragtig n storie wat ek gevolg het met die hoop en geloof dat sy lewend gevind sou word. Sterkte aan haar familie

Mariette Hammann ·

Weereens soveel hartseer wat deur ander se gierigheid en haat veroorsaak word. Baie sterkte aan die familie!

Tollies ·

Ag ek kan die familie net op dra aan die Here sonder Hom weet ek nie hoe verwerk n
mens so n gebeurtenis nie sterkte

Annatjie Viljoen ·

Ai dis so hartseer wat gaan van ons land word as dit so aangaan sterkte aan die familie RIP

AmY ·

Ons word uitgemoor, ‘n twaalfjarige meisie word in dwelfverwante voorval in terregstellings wyse doodgeskiet, maar al waarvoor hulle aangaan is rassisme? Ek gee op.l!!

Ander Koos ·

Mense moet besef dit is volksmoord ( genocide) wat plaasvind onder die dekmantel van misdaad, maar niemand se dit nie want dan is dit ook rassisme

williie ·

Dis so jammer om dit te hoor maar dis as gevolg van hierdie ellendelinge wat mense rassistiese opmerkings maak. Die wat dood maak ( kyk statistieke) verwag dan dat hul maar net vergewe moet word as hul in die hof sit en jammer sê. Maar dit gaan nie die ander persoon terug bring nie

Joann ·

En onse zuma en sy aanhangers in parlement gaan net voort om als te geniet. KFC op die borde. DOODSTRAF. Asb.

Marietjie ·

Dit is so hartseer Hk? Hk? Wat gaan die land doen soveel mense word net vermoor. Sterkte aan die familie RIP. het nie woorde nie net nog n skok SA moet doodstraf terug bring asb !!!!

anton. ·

Ek wens eerlik mense wil ophou om te vra dat die doodstraf terug gebring moet word. Weet julle dan nie dat dit NOOIT OOIT sal gebeur nie?
En die moordenaars ens. word 9 uit 10 keer nie eers gevang en vervolg nie.
Hulle sal net die witmense hang as daar n geleentheid is. Glo my.

Dirk Kroonstad ·

Ek sidder beseffende die vrees en angs wat sy deurgemaak het. Dis ontstellend

Liewe heksie ·

Het geweet sulke stories het baie min kans op gelukkige einde RIP

Elgeraine ·

Ag nee, ek het so gehoop! Dit maak mens bitter kwaad. Sterkte vir haar familie, RIP Annatjie.

Vic ·

As ek so na die kommentaar kyk van ” hoekom het hulle haar vermoor”, dan weet ek gladnie hoe sommige van julle voorvaders die Xhosa oorloe, die Groot Trek, Bloedrivier, die Boere- oorloe, of enigiets anders die afgelope 400 jaar oorleef nie. Ek meen is dit nou n retoriese vraag of wonder julle regtig hoekom hulle dit gedoen het?

Johan ·

Jou kommentaar is pateties. In die oorloö waarna jy verwys was dit man teen man met vroue en kinders nie gespaar nie. In hierdie geval is dit, soos nou algemeen geword het, lafhartige wreedaarts teen sagte teikens, weerlose vroue of swak bejaardes oor die algemeen. Jy is werlik ‘n dwaas om hierdie dinge te vergelyk. Sou jy fotos sien van die wrede marteling, verkragting en vernedering van hierdie slagoffers sal jy miskien anders dink. As die slagoffer een van jou eie is wil ek graag jou retoriek hoor! Apartheid was verkeerd maar hierdie uitwissing kan op geen manier regverdig word nie. As jy wit is bid ek dat jy nooit self deur hierdie trauma moet gaan nie.

Vic ·

Johan, lees tog behoorlik voor jy kommentaar lewer maat. Of het jy n verklaring vir diegene wat vra “hoekom is sy vermoor”? En in al die eeue was dit mans teen sagte teikens: in die grensoorloe die plase, met vroue en kinders die teikens, dieselfde in meeste gevalle deur die eeue. Selde is oorlog verklaar, dit is nog altyd gekom soos n dief in die nag. Lafhartig. Selfs in die Boere – oorloe het vrou en kinders die teikens geword. So wat presies is dwaas aan my stelling. Ek vra weer – wat is jou antwoord op die “hoekom”?

Helénè ·

Dit is verskriklik hartseer. Baie sterkte aan haar geliefdes. Dankie aan almal wat gehelp het met die soektog. Dit is jammer dat kriminele veroorsaak het dat dit nie ‘n positiewe uitkoms gehad het nie.

Sophia ·

SO HARTSEER! Sterkte vir die familie, ons ween saam met julle!

Jaap ·

Ek wonder altyd hoekom daar in ons media dikwels berig word oor ander bevolkingsgroepe se tragedies, maar nooit word hierdie soort voorval onder blankes in The Sowetan genoem nie? Die antwoord is seker voor die hand liggend.

Hoekom berig die bekendste koerant van ‘n ander bevolkingsgroep in ons land nooit oor hierdie soort tragedies onder blankes nie? Die antwoord is natuurlik voor die hand liggend.

MICHELLE ·

Dis baie hartseer. Ons het so gehoop en bid vir tannie Annetjie. Al ken ek tannie nie loop die trane. Dis 2 plotte van my sussie en ma hulle af en dit maak mens baie bang en kwaad!!

Nie Belangrik ·

So word ons een vir een gemoor. Hoekom? Want hulle mag. Die wiel sal draai, miskien nie vandag en more nie. RIP! Dink aan die familie.

Johan Muller ·

Dit is opvoeding wel tel of sal ek se liewers die afwesigheid daarvan. Daar is nie dissipline nie en gewetes bestaan nie. Dit is baie hartseer maar nou word dit net as nog n statistiek beoordeel. Ek bid dar God vertroosting sal gee.

Paul ·

As jy stilte wil hê vir rou hou net op lees … dan is die geraas ook weg. Ander bespreek dit sodat daaruit geleer kan word.

Rapes ·

Ja ek blameer ons voorouers vir al die probleme waarmee ons vandag sit. Hulle het te min die gewere gebruik en te vinnig met die bybel geloop. Hou julle self slaggereed om sulke dinge te voorkom.

Charl Potgieter ·

Ai sterkte aan die Familie, sy was n baie goeie mens en het nie verdien wat met haar gebeur het nie ,die gemors wat haar vemoor het verdien die doodstraf en nie net tronkstraf nie!

wilma ·

RIP bring die doodstraf terug want ons blankes word almal uitgemoor en ook kinders wat hulle families uit wis wat is fout in ons land kry die satan oorhand oor ons land

suzelle ·

Dis soooo hartseer. Moes vanoggend ook lees dat hier in die mooie tuinroete in Grootbrak n bejaarde egpaar wreedaardig vermoor is. Bring terug die doodstraf…

Lilian ·

Ek het ook gehoop en gebid… Met leedwese aan haar familie en geliefdes en almal wat net so verslae soos ek is met die lees van die tragiese nuus.

Katrien ·

Ek hoop Jesus het haar in die laaste minute vertroos en beskerm teen die wreedheid en boosheid van die mens

Adri van Niekerk ·

Moet asb nie diere so verneder, om hulle te vergelyk met diere nie!!!

Elize ·

Wat wil hulle bereik om so n onskuldige vrou te vermoor, wat van haar kinders en kleinkinders, my hart gaan uit na julle om n vrou, ma en ouma te verloor.
Sterkte aan julle almal.

Hennie ·

Die blankes in Suid Afrika is nou in dieselfde posisie as wat die Jode in die Middel-eeue was.

Tjoes ·

Daar is nie woorde wat die familie kan troos nie. Annetjie sal moontlik op die statestiek aan geteken word! Die hofsaak sal nie opspraakwekkend wees nie. Die familie sal nie n sê hê hoeveel straf moet op gelê word nie. Nog n belasting betaler sterf. Hoop hulle versmoor in hulle hebsug! Maar God slaap nie! Ek voel biesend! Jammer as ek aanstoot gee.

Bach ·

Ja Tjoes dis al afgesaag dat God nie slaap nie maar hoekom het hy in hierdie geval en baie ander klaarblyklik geslaap deur hierdie goed toe te laat. Ek is woedend oor wat in ons land aangaan. Bid help nie meer nie.

Jan van der Linde ·

Ons innige simpatie met naasbestaandes en familie en vriende . Dit is vir ons hier op aarde wat ons tydelike wooning is nie verstaanbaar dat so iets in Gog se Raadsplan kan gebeur nie maar glo net hulle tyd van vergelding gaan kom . Ons bid vir julle. Nog geen volk is so vermoor en doen niks daarom trent nie . Die is ‘n vyand wat laag en gemeen is vergelykbaar met die Hiënas wat 2 en meer prooi op ‘n enkel loopende, ou dier of beseerde dier en jou voorlê so word ons wittes nou gejag . Sterkte en genaade vir julle.

cobusp ·

Nog weereens n sinnelose moord, gaan weer more gebeur en die dag daarna en en en……..dit sal nie stop nie want die regering wil dit nie stop nie want dus blankes wat vermoor word, pas in by hulle groter beplanning van n toekomstige suid afrika. As die blankes nie gaan opstaan en iets doen omtrent die blanke moorde nie gaan dit net nog erger word. Hulle moor ons soos vliee. Die enigste organisasies wat iets doen is Afriforum en Solidariteit, vir die res is ons afrikaners so verdeeld en baklei mekaar. ……Seker weer mosambiekers wat die vrou vermoor het………….of op parrool uit en was betrokke by soortgelyke dade in die verlede…….Sterkte aan die familie…………….en sommer sterkte aan die familie wat gelieftes Maandag of vandag Sondag gaan verloor aan dieselfde sinnelose dade………….

Andrea van Vuren ·

Bewaak ons grense teen die insypelaars. Helaas, omkoopgeld sorg vir gate in die drade!

Cheryl ·

Eerstens wil ek se: Dis baie tragies wat met Annetjie gebeur het my innige simpatie met haar naasbestandes… RIP! Veilig by God Se Voete. Tweedens: volgens wat verneem word is Annetjie se ligaam sonder enige sigbare wonde die verdagte wat in hegtenis geneem is beweer syt n hartaanval gehad. Haar ligaam is neergestort in n veld en haar handsak by haar gekry haar kar ons ook glo naby n beeskraal versteek met die wiele wat af gesteel is. Aai baie hartseer.

johann cb ·

Dit is so onnodig en hartseer dat sy van haar familie weggeneem is. Baie sterkte aan julle. Ons dink aan julle.

louis ·

Dat n vrou so vrees moes deurgaan!!
Meegevoel aan die wat haar moet begrawe

Marius Nortje ·

My innige meegevoel aan die gesin. Ek het so gekoop dat dit anders sou uitdraai. Indien die regering hulle nie wil uitspreek teen uitermatige (spesifiek)swart teenoor wit geweld, of dit veroordeel nie, keur hulle dit goed. Die regering blaas dit eerder aan. Watse weerstand kon die vrou bied teen twee of meer volwasse mans? Dit was nie nodig om haar dood te maak nie.

Marie Olivier ·

My innige simpatie aan Annetjie Myburgh se familie. My gebed is dat God julle sal dra deur hierdie moeilike pad, julle hande sal vat en sal lei en ook julle trane sal opdroog. Baie sterkte.

Buks ·

Moet net nie die swart mense vir alles wat sleg is toe eien nie. Oscar is skuldig bevind vir die moord van sy vriendin Reeva Steenkamp en dit word ook aan die selfde klok gehang dat swart mense wreed en harteloos is. Misdaad is misdaad daar is nie klein sondekies en groot sondes nie. Wie is julle om nou al te oordeel. Ek is hartseer vir die groot verlies wat die familie en vriende nou het. Amen

Maria van Dieweeck ·

Heer vertroos en versterk hierdie mense, en bewaar ons van die bose. Help ons om te weet wat om te doen en laat asseblief n wonderwerk gebeur in SA. Amen

Penellope Jones ·

Ai tog, ek het so gehoop. So verskriklik jammer om te hoor.
Rus in Vrede Annatjie.

Marilyn Power ·

Another horrendous crime with tragic consequences which is happening all too often recently. Could the b…….s not have just thrown her out of the vehicle and taken it? Why? Why? Why? May Annetjie rest in peace. Condolences to her family.

vermeende ·

Maroela hoekom is my kommintaar verweider, ek het geen van die bepalings verbreek nie?

Mariné Lourens ·

Dagsê Vermeende

Jou kommentaar is ongelukkig afgekeur omdat dit nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen het nie.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Elgeraine ·

Maroela, ek sien my kommentaar is ook verwyder, ek kan nie verstaan hoekom nie..

Alida ·

MM wat is fout met my kommentaar? Wat is dit anders as sadistiese barbaarse optrede? Laat my weet asb.

cobusp ·

Bach se gelag…………..my strike rate is seker so 4 uit 10………….die liewe vader sal seker weet hoekom dit so is………….baie frustrerend

Mariné Lourens ·

Dagsê Bach

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word, en dit neem dus soms ‘n wyle voor kommentaar op die webwerf verskyn. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik wys nie, beteken dit nie noodwendig dat jou kommentaar afgekeur is nie, dit moet dalk net nog bloot goedgekeur word.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Ilse ·

Dit krap my so om al waaraan amal nou dink is die doodstraf en hoe om hulle terug te kry. Dit gaan nou oor Ouers n man kinders en kleinkinders wat n dogter, vrou, ma en ouma verloor het. Nie hoe om hulle terug te kry of om 5 nuwe wapens te gaan koop nie. Ek is baie jammer vir die familie van tannie Annetjie en ek hou julle in my gebede. Mag julle vrede en vertroosting kry.

Nico ·

Worstelstryd
Julle worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die wereldheeser en owerstes in die lug Efs 6.12. Sterkte aan die familie. Kinders van die Here ons moet in n eenheid kom en die vyand se werke afbreek

Willie ·

Ek is geleer om met almal in vrede saam te leef maar ai….. Dan word Daar gese ONS haat Hulle maar Nou vra Ek die vraag. HOEKOM. ONS huil saam met Julle en bid VIR julle

Nico ·

Worstelstryd
Julle worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die wereldheeser en owerstes in die lug Efs 6.12. Sterkte aan die familie. Kinders van die Here ons moet in n eenheid kom en die vyand se werke afbreek deur ernstige gebed

Cobus ·

Is dit nie maar net nog ‘ regmerkie vir die wat sulke gebeurnisse aanhits nie? Daar moet met ern so ver en wyd as moontlik op sosiale media die wêreld ingelig word wat hier die orde van die dag is. Miskien, groot miskien skrik iemand met besluitneming wakker

Nico ·

Dit is moeilik Adrea maar die vyand is n moordenaar Joh 10.10 satan het gekom om te slag te moor en te verwoes maar Hy het gekom dat ons kan lewe en oorvloed. Ons moet die vyand se werk afbreek. Gebed is ons sterkste wapen. Trek elke dag die volle wapen rusting aan Efs 6.11. Ons moet laag lê voor Hom. Sterkte almal

Essie ·

Innige simpatie met familie. Die Here sal jul stewig vashou en jul trane afvee. Verskriklik jammer haar lyk is eers vanoggend, op Vadersdag gekry… Sterkte.

Rita ·

Baie hartseer daaroor. Sterkte aan die familie. Ons bid vir julle vir vertroosting en aanvaarding.

Annelien Landman ·

Innige meegevoel aan AnnAtjie se naasbestaandes. Uit en met respek spel asseblief haar naam reg. Ons kan mos almal lees en sien hoe!

Charmiane van Reenen ·

Innige simpatie. Mag ons Hemelse Vader julle styf vas hou.

santie ·

Ek wil net se die ander kleuriges word ook geraak deur misdaad. In die nedersettings word daar daagliks kinders verkrag en vrouens. Die ou dames word ook beroof verkrag en dood gemaak. Dit gaan oor verkeerde keuses wat mense maak, bv gebruik dwelms en dan doen hul verkeerde dinge nl verkrag moor en steel. Misdaad raak ons almal. Dit kies nie ‘n kleur. Onthou net hulle is baie meer as ons maw vir elke 1 blanke wat misdaad pleeg is daar 10 van hulle. Ons harte gaan uit na al die slagoffers. Die tronk skrik niemand meer af nie, want hul het nou regte daar ook. Gratis kos gratis slaap plek en dan kan hul nog verder leer ens. Klink meer na ‘n vakansie. As die straf erger word vir misdaad sal almal 2 keer dink voor hul dit doen.

Faan ·

Die buitelandse mense kom oor na Suid-Afrika om werklose mense se werk te kom oorvat, dis hoekom daar so baie geweld en misdaad in ons land is.

Therese van Schalkwyk ·

santie

Dis ‘n feit en uiters tragies dat misdaad buite beheer is en die hele Suid-Afrikaanse samelewing raak.

Dit grief my egter as die moorde en grusame aanvalle op die wit minderheidsgroep met ‘wyshede’ soos; “Misdaad raak ons almal. Dit kies nie ‘n kleur”, weggepraat word asof dit bloot net deel van die groter statistiek is.

Dit mag beslis níé as ‘normaal’ beskou word wanneer die uitwissing van ‘n minderheidsgroep deur misdadigers uit die meerderheidsgroep hierdie ernstige afmetings aanneem nie. Nêrens in die wêreld sou lede van ‘n bedreigde groep hierdie fatalistiese houding inneem nie. Gelukkig tog dat Solidariteit en AfriForum nie jou opinie huldig nie.

LW
‘n Fatalis is iemand wat aan ‘n onvermydelike noodlot glo: ‘n Fatalis sal alles aanvaar wat met hom gebeur.

martie ·

Ons bid die familie sterkte toe vir die swaar tyd wat voorle, mag God met julle wees. Rus in vrede.

Hannelie ·

Here ek bid dat hier iets drasties in hierdie regeringlose en wettelose land van ons gebeur. Ons bid vir ‘n nuwe president wat ‘n hart het en nie altyd agter rassisme “skuil” en blind is vir wat in ons land gebeur. Bid vir haar familie wat haar wrede moord moet verwerk. Hou U hul vas en vertroos hul.

Mariana ·

My innige meegevoel met haar geliefdes. Dit is so hartseer. Ek dra al haar geliefdes aan ons Hemelse Vader op.

Mel ·

Ek is so jammer om di Nuus te hoor, Mag haar Familie vertroosting vind by ons Abba Vader, baie sterkte vir di familie, RIV Liewe Annatjie

antonie ·

Dit is n ‘feit’ – hulle ‘target’ veral ouer mense. Bewapen julself in jou eie huis.Ek se nie loop met pistool in huis rond nie, maar los n wapen, n goeie mes of iets anders binne reikafstand orals waar jy gaan en iets doen-hierdie mense word beinvloed deur die ‘engele’ van satan en is gevul met haat, voordat jy huis verlaat, loer deur vensters na agterdeur, kyk rond om jou, moenie die potensiele moordenaars maklik ‘vertrou’ nie, veral is daar meer as een is.

Faan ·

Ek se ons het n president soos Adolf Hitler nodig, ek is nie rassisties nie maar iewers moet n streep getrek word, wanneer gaan die wittes opstaan om hierdie plaasmoorde en geweld teen vrouens en kinders en bejaardes te stop want hulle teiken die onskuldiges, genoeg is nou genoeg.

Esmay ·

So tragies. Die moorde gaan ongelukkig nie ophou. Dit word goed beplan. Agter al hierdie booshede is daar n baasbrein/e.
God wag v d regte oomblik, dan gaan Hy ingryp. Glo net al lyk dinge hoe donker vir die land

anton. ·

@Faan…..Die buitelandse vreemdes kom oor na S.A want die huidige regering nooi hulle met ope arms om hierheen te kom. mbeki het dit reeds in sy tyd verkondig.
Maar ek verstaan ook nie jou stelling so mooi nie. Hoe kan die buitelandse mense die ”werklose” mense hier, se werk kom vat? hugh?

Ou Vlakvark ·

Die afgelope paar dae is die asemrowende “Vivid Sydney Light Show” in Sydney gehou (www.vividsydney.com). Daarteenoor, in Suid-Afrika word omtrent daagliks mense verkrag en vermoor. So, welke eerbare buitelandse belegger met gesonde verstand sal in Suid-Afrika wil kom belê? En wat is die toekoms van ons kinders?

elmare ·

Dink aan die familie van Annatjie dat Liewe Jesus hulle sal styf vashou en hulle die vertroosting sal gee ai dit is baie hartseer RIV Annatjie

Petro Olivier ·

Geen doodstraf gaan vir hulle werk nie hulle gaan nog steeds weg kom met moord. Onskuldige wittes sal die doodstraf kry net oor hy of sy wit is! Punt

Uiltjie ·

Baie tragies. Ons het so gehoop sy word lewend gevind. Daar is regtig mense wat geen waarde aan lewe heg nie.

Uiltjie ·

As die motor so na aan n woonbuurt gevind is, dan moet daar mos volwassenes wees wat gesien het, waarom kon hulle nie die polisie vroegtydig in kennis stel nie?

Boko-Aram Phalaborwa ·

Dit is net skokkend dat van die begin af was inkorrekte inligting verskaf.Eers is bekend gemaak dat tracker werk en voertiug oppad is deur Bosbokrand na Phalaborwa.Later boodskap bekend dit werk al van 2008 af nie terwyl aktiwiteite om Witrivier is.Baie dankie vir al die belangstelling maar prentjies en versies het nog nooit ware omstandighede verander nie.Sterkte en meegevoel aan die almal.

Johannes Meintjes ·

Meegevoel, – en frustrasie. Op grondvlak beleef ek egter werklik geen oortuigende vrugte wat aandui dat die Afrikaner en sy leiers dit inderdaad te midde van al die gepraat, berade en beloftes in eenheid van fokus effektiewe erns maak met volksbehoud nie. Elke blanke wat (o.a. uit die ekonomie) wegval is ‘n totale verlies vir volhoubaarheid en ons ligdraer taak in en om SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.