Witrivier-vrou steeds gesoek: ‘Ons moet bly glo’

[OPVOLG] Annatjie Myburgh se liggaam is intussen gevind. Lees gerus die opvolgberig hier.

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

Die soektog na Annatjie Myburgh (58), die vrou van Witrivier in Mpumalanga, wat Woensdag vermis geraak het, is tans “in ʼn sensitiewe stadium” volgens kapt. Pieter Smit, die bevelvoerder van die plaaslike SAPD-blitspatrollie.

Smit het gesê alle inligting en moontlike leidrade word opgevolg, maar hy kan nie nou verdere kommentaar oor die soektog lewer nie.

Shaun Terblanche, operasionele bestuurder van J&M Sekuriteit, wat nou betrokke is by die soektog, het aan Maroela Media gesê die soekgeselskap het Vrydagnag op ʼn kleiner skaal deur die nag gesoek, maar teen Saterdagoggend is Myburgh nog nie gevind nie.

Maroela Media het vroeër berig Annatjie is as vermis aangemeld nadat sy nie Woensdag by haar werk, by ʼn prokureursfirma op die dorp, opgedaag het nie. Sy is vermoedelik omstreeks 07:00 by die hek van haar en haar man se kleinhoewe in Curlews, naby Rocky Drift, deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorval waarna hulle met haar in haar motor weggery het.

Wendell Myburgh, Annatjie se seun, het Saterdag aan Maroela Media gesê hulle bly steeds hoopvol dat sy ongedeerd gevind sal word. “Ons moet vasstaan en ons moet bly glo. Dit help nie ons gaan sit op ʼn hopie en verloor moed nie. Ek moet sterk wees vir my vrou, my gesin en die res van ons familie se onthalwe,” het hy gesê.

Hy het gesê sy pa, Wendell snr. (62), is baie emosioneel en sukkel om die situasie te hanteer. “Ons probeer maar sy aandag van die saak aflei en hom positief hou, maar dit is vir hom baie moeilik,” het hy gesê. Hy het gesê sy ouers is al die afgelope 37 jaar getroud. “Ons is net so ongelooflik dankbaar vir al die ondersteuning wat ons van die gemeenskap ontvang. Ek weet nie hoe ons daarsonder hierdeur sou gaan nie.”

Hy het gesê ʼn R31 000-beloning wat uitgereik is vir inligting wat kan help om Annatjie op te spoor, het uit alle oorde in die gemeenskap gekom en selfs vreemdelinge het geld geskenk om die beloning moontlik te maak.

“Ons het soveel waardering vir elke oproep en elke boodskap. Mense moet nie dink dit gaan ongesiens verby nie. Al die brandstof wat uitgery word in hierdie soektog, elke minuut wat die mense [in die soekgeselskap] weg van hul families is om na my ma te soek, al hulle opoffering – ons sal nooit genoeg daarvoor kan dankie te sê nie.”

ʼn Bidgeleentheid sou om 11:30 in die parkeerarea van die Casterbridge Leefstylsentrum gehou word om vir Annatjie se veilige terugkeer te bid.

Lees alle vorige berigte oor Annatjie Myburgh op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Joann ·

God slaap nie. Eendag sal al die gemorste rekenskap moet gee.

Gesiggie ·

Aan die Gesin en Familie van Annetjie, ek Bid vir jul… ek vra dat God aan jul krag sal gee in die moeilikke tyd, ek vra dat God se Genade met jul sal wees…Here mag hierdie vrou veilig wees… terwille van haar gesin en haar man… ek kan nie ophou dink aan als waardeur jul moet gaan, met die wete waar is ons Ma, waar is my vrou ? is sy veilig… Ek bid dat als gou oor sal wees, en dat jul goeie nuus sal ontvang… Bid is al wat ons almal nou kan doen…GOD IS ALMAGTIG… Sterkte aan jul almal… en aan die mense wat Annetjie probeer vind…

Mel ·

Amen daarop Gesiggie!!! Ek bly ook aanhou bid vir haar veilige terugkeer na haar geliefdes toe

Morina ·

Ekskuus Chris??? Klomp bollie??? Ek verstaan nou nie?? Is jy daar??

jjmalan ·

Netwerk 24 DIE GROOTSTE SPAMMING NETWERK IN SA. CHRIS KAN NIE LEES NIE…

Ano ·

Chris lees weer ……..stadig. Dalk verstaan jy dan dat die polisie praat van vals inligting wat hulle tyd mors. Nes jy ons tyd mors.

Mel ·

Amen daarop Gesiggie!!!!! Ek hou aan met bid vir haar veilige terugkeer na haar geliefdes toe, God alleen kan di onmoontlike doen, dis wonderlik om te hoor wanneer so groot Klompie mense bymekaar kom om te bid!!!!

Cheryl ·

Askies Chris maar die berig op netwerk 24 se wel van die valse inligting wat n inbeller gemaak het en dit die tyd en geld van ons polisie mors. Daar waar nog steeds na die vrou gesoek en volgens jou komentaar is dit bollie dit laat ons lesser onder die indruk die hele storie is klomp bollie of is ek nou verkeerd?

johann cb ·

Iewers is daar groot fout! Hoe kan ‘n vrou met motor en al soos mis voor die son verdwyn, sonder dat daar enige tekens sedertien gevind is? Ek ken nie die gebied nie – is daar myne waar daar sinkgate kon inval? Ons bid sy word veilig opgespoor. Sterkte!

Adam ·

Chris het die klok hoor lui maar hy weet nie waar die bel hang nie Net soos hy nou se het n ander mal mens gekgeskeer met die polisie en Netwerk 24 se opskrif help ook nie want hulle skep die indruk dit die ontvoering vals was Is so jammer die lewe is vol swape

Oosie ·

Ek sê weer sy is dalk oor die grens geneem want voertuie word soms op bestelling gesteel. Is daar nie grenspos beeldmateriaal wat bestudeer kan word nie?

Gezina Green ·

Bossies Community Justice het sopas uitgereik dat hulle haar liggaam gevind het. R.I.V. Annetjie. My innige meegevoel aan die familie.

Annatjie ·

Ek het so pas op Facebook gesien dat hul haar gevind het ( Sy is oorlede) die Polisie is nog op die toneel saam met die familie. My innige simpatie met haar gesin, familie en vriende. Dankie vir almal wat by die ondersoek gehelp het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.