Wits-bestuur vergader om lesings te hervat

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die bestuur van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) vergader tans ná ʼn meningsopname aangedui het dat die meerderheid studente wil hê die akademiese aktiwiteit moet hervat.

Die bestuur sal na verwagting Sondag om 17:00 sy besluit aankondig, het Shirona Patel, woordvoerder van die universiteit, gesê. Studente het hul eie vergadering om 14:00 op die kampus.

Maroela Media het vroeër berig minstens 77% van respondente het aangedui hulle wil hê lesings moet hervat. Die universiteit het gesê 21 730 respondente het aan die peiling deelgeneem.

Die Universiteit van Kaapstad het nog nie aangedui dat sy plan, om Maandag weer sy deure oop te maak, verander het nie.

Die Universiteit van Pretoria het sy reses vervroeg en lesings hervat eers na verwagting op 10 Oktober.

Universiteite word geteister deur betogings oor studentegelde en studente eis gratis hoër onderwys. Die betogings het weer opgevlam nadat Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, aangekondig het dat studentegelde met ʼn maksimum van 8% in 2017 sal styg.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leendert ·

Ons hoor nou so pas dat ‘n vriend van ons, wie se seun op Tuks eerstejaar Ing swot, moes dié week sy eerste 3 vakke geskryf het, die universiteit het nou toegemaak en nou moet hy hierdie drie vakke saam met die ander 5 aan die einde van die jaar skryf, dus moet hy dan 8 vakke skryf. Want ‘n totale gemors. Wat is die kind se kans vir goeie punte, gaats net solank hy deurkom, want sy eerste jaar is kontant betaal!

Leendert ·

Ek sien nou op Netwerk24 dat ‘n massavergadering wat gister vir studente aan die Nelson Mandela-universiteit gehou is, het in ‘n “rasseramp” ontaard, toe wit ouers van studente van die kampus verjaag is.

Lance ·

Goed dat hulle wil hervat maar sal sien hoe ver hulle kom …

Jakobus ·

Lance, ek sien elders Wits gaan Dinsdag weer oopmaak. In alle geval gaan daar die week landswyd ‘n taakmag op die betogers wag, so die wat aanjaag gaan verserker vasgevat word. Die keer gaan die nie speletjies wees nie. Die ontwrigters, afbrekers en mense wat in hegtenis geneem gaan word, verstaan ek gaan voor die hof gedaag word en hulle sal gevonnis word. Kom ons kyk wat gebeur, of die regering wys hy is in beheer, of die hele land kan in chaos verval, ook die hoërskole.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.