Wits-betoging woed steeds voort

Die betogende Wits-studente. Foto: ANA

Die betogende Wits-studente. Foto: ANA

Die Johannesburgse kampus van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is Vrydag vir die derde agtereenvolgende dag gesluit terwyl honderde studente steeds voortgaan met betogings.

Die universiteit het alle klasse Vrydag opgeskort, maar gesê dat die mediese fakulteit normaalweg sal voortgaan. Die studentebetoging het sedert Woensdag alle bedrywighede by die kampus tot stilstand gedwing en hekke na die kampus is gesluit. Die betogende studente het Vrydag revolusionêre liedjies gesing en geëis om Adam Habib, die visekanselier van die universiteit, te spreek.

Die studente betoog omdat die universiteit glo aangekondig het dat studiegeld vir 2016 met 10,5% sal toeneem en hulle beweer hulle is nie in hierdie besluit geken nie. Habib moes Vrydag die Hoër Onderwysberaad in Durban verlaat om met studenteleiers by Wits te vergader.

Die studente het ook hul veldtog op sosiale media gedryf met die hutsteken #WitsFeesMustFall wat al meer ondersteuning werf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

rakker ·

Ag SIESTOG……..Ons word seker weer soos in die ander berrig van vandag ‘UIGESLUIT”…….. Plaas gaan LEER die studente eerder en VERDIEN hul grade, want anders vitimiseer die lektore hul weer indien hul druip…..ALTYD iemand ANDERS se skuld, NOOIT hul eie nie!!!!!!!! WORD WAKKER!!!!!

Bruno Stef ·

In die lewe kry n mens niks verniet nie jy moet opoffer en hard werk om vooruit te gaan .My geslag mense moes bedags werk en dan nog aandklasse bywoon en lenings probeer bekom om hulle self te bekwaam wat somtyds jare geduur het.Alles het so verloop omdat jou ouers dit nie kon bekostig het nie en alleenlik morele ondersteuning kon aanbied.Wees dankbaar vir al die geleenthede wat jy kry in die lewe.

Cathy Kotze ·

Dis eksamen tyd. Baie makliker om te betoog as om te blok vir die komende vraestelle, VERAL as jy geen kans het om te slaag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.