Wits-betogings: Klasse voorlopig opgeskort

Polisiebeamptes Dinsdag (20 September 2016) op die Wits-kampus. Foto: Twitter via @ntox_luth

Polisiebeamptes Dinsdag (20 September 2016) op die Wits-kampus. Foto: Twitter via @ntox_luth

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag alle akademiese aktiwiteite vir die res van die week opgeskort te midde van voortgesette studentebetogings oor die verhoging in studiegeld vir 2017.

Die betogings het Maandag vir die eerste keer opgevlam nadat dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en onderrig, aangekondig het universiteite kan self besluit oor die verhoging van hul klasgeld tot ʼn maksimum van 8%.

Die betogings het Dinsdag voortgewoed en al hoe meer gewelddadig geraak toe studente en veiligheidspersoneel op die universiteit se hoofkampus slaags geraak het. Die polisie moes ook skokgranate afvuur om die betogers uitmekaar te jaag.

Die universiteit het Dinsdagmiddag laat in ʼn kort verklaring gesê die bestuur het besluit om alle bedrywighede op die kampus vir die res van die week op te skort ter wille van die veiligheid van die Wits se personeel en studente. Volgens die universiteit hoef slegs die personeel wat in die koshuise en eetsale op die kampus werk vir diens aan te meld.

Studente het gewaarsku teen die “militarisering” van die instansie vermoedelik met verwysing na die groot hoeveelheid onluste-polisiebeamptes wat op die hoofkampus ontplooi is. Dinsdag is 31 studente in hegtenis geneem en na die Hillbrow-polisiestasie geneem.

Lees meer oor die studentebetogings op die onderskeie universiteitskampusse op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Otter ·

“Militarisering”; Dis ‘n kwessie van oorsaak en gevolg: as mense basies dade van terreur pleeg kry hulle gewoonlik te doen met skarebeheer en vervokging.

Kobus (Pretoria) ·

Dit is al redelik bekend dat die internasionale geldbase probeer om die BRICS lande te destabiliseer. Skynbaar fokus Britse MI6 op Suid-Afrika en Amerikaanse CIA op Rusland en China. Die Chinese studente opstande het egter vinnig misluk agv vinnige en effektiewe optrede deur die owerhede. Plaaslik word die aanslag op Afrikaans en studentefooie gebruik om onrus te saai. Wanneer hierdie doelwitte bereik is sal die fokus weer verskuif na nuwe “knelpunte”.

SONNIE ·

Land van melk en heuning!!!, nou kan alle kinders universiteit toe gaan wat nie kan betaal, maar werklike potensiaal en verstand het……hulle maak die lewe net beter vir almal.

Theresa B ·

Grootste lafhaarts wat ek nog teegekom het…………………..

Johann ·

Anargie op sy ergste. Sg “studente” wat die handpoppe van die ZUMA KAMP is om al te plunder wat nog staan. Gratis alles; geen benul van kostes versus uitgawes; begrotings nie. So immagine sulke “gegradueerdes” wat volgende aandring op werk…wat hul “kennis” van basiese ekonomiese beginsels toepas? Reguit gese: slapgat en lui!

Jean ·

Ek wonder as hulle glad nie aandag kry en glad nie te woord gestaan word nie, wat sal gebeur? Sal hulle die plekke tot teen die grond afbreek? Want dit lyk asof hulle nou baie van die aandag hou en veral van die media. As die polisie slegs ‘n kordon trek om die Universiteit dat die moeilikheidmakers nie die publiek kan aanval nie, en die ander studente en dosente bly tuis .. WAT gaan gebeur? Dis asof die oproeriges erger raak in die teenwoordigheid van polisie en die media en die bestuur van die Universiteit .. asof hulle so opgewerk is dat hulle dit net moet oordra en uitleef? Wat van as niemand aandag skenk nie?

Johanna Botha ·

Dalk maar alles brand en oorsee gaan studeer en beskaafd terugkom …terugkom as jy nog enigsins wil terug na die gemors

Elize ·

Hoe dankbaar is ek my dogter is klaar met universiteit.ek glo nie ek sou sulke barbaarse optrede kon verwerk nie. En net n ander ding.ons moes self vir haar klasgeld.koshuisgelde ens ens ens betaal.ons het nie op ander se rug gery on haar deur die universiteit te kry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.