Wits-betogings: Meerderheid wil hê lesings moet hervat

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die meerderheid van studente en personeel by die Universiteit van die Witwatersrand wil hê lesings moet volgende week hervat, ondanks gewelddadige betogings oor verhogings van studentegeld.

Die universiteit het Donderdag ʼn meningspeiling gedoen waarvolgens 77% van respondente aangedui het dat hulle wil hê lesings moet hervat, met 23% wat daarteen gestem het. Die universiteit het gesê 21 730 persone het aan die peiling deelgeneem.

Die studente en personeel moes die vraag beantwoord: “Moet Wits Maandag, 3 Oktober, oopmaak, op voorwaarde dat die behoorlike sekuriteitmaatreëls in plek is?” Altesaam 16 739 persone het aangedui hulle wil hê die lesings moet hervat, en 4 991 het “nee” gestem.

Die proses is deur ʼn ouditeursfirma hanteer nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aangedui het hy kan nie die universiteit bystaan om die opname te doen nie.

ʼn Teksboodskap is aan die studente gestuur waar hulle óf “ja” óf “nee” kon terugstuur. Personeellede het ʼn e-pos ontvang met inligting waar hulle kan aanteken en kan stem.

Wits-studenteleiers het Woensdag aansoek gedoen om ʼn dringende interdik te bekom om die peiling te verhoed, maar hulle was onsuksesvol. Die hof het teen die studente beslis en aangedui dat almal se stem gehoor moet word.

Universiteit-kampusse word sedert verlede jaar ontwrig weens betogings terwyl studente gratis hoër opleiding eis. Nadat Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, aangekondig het dat studentegeldverhogings met ʼn maksimum van 8% sou styg, het weer die betogings laat opvlam.

Lesings is by meeste universiteite opgeskort terwyl die onrus voortduur.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jakobus ·

Ek sien elders ‘n Wits SR lid het vanmiddag gesê die studenteraad verteenwoordig alle studente en die SR erken nie die stemuitslag nie.

Johann ·

Mini ANC clan…die SR. Besig om hulle gatte te sien en irrelevant te raak. Verteenwoordigend se ouma. Weereens…minderheid anargiste wat die.lot van die meerderheid bepaal

popeye ·

As die “meerderheid” nie hulle toekoms terugvat nie sou ons kon sê hulle is slapgat of hoe?

Emma ·

Ongelukkig beskou ons mede landgenote “someone that speaks his mind” as ń leier. In baie gevalle is hierdie persoon ń uitvaagsel en arrogant maar word deur die massa bewonder.

John ·

Buitelandse bevolkingsgroepe speel sedert 1994 ‘n baie meer prominente rol in ons land. Daar bestaan skynbaar onderling sekere faksies wat teenoor mekaar staan met sekere eie agendas. Dit is vir sommige se saak nodig om die land onbeheerbaar te maak deur mense op te sweep vir meer regte/voorregte. Werklose jongmense word maklik aangevuur en nou om gratis ‘te studeer’ vir ‘n inkomste. Die jeramiades gaan ongelukkig vererger. Die enigste riviere in SA wat hul walle oorstroom is die’ vanuit ander Afrikalande en die Ooste. Van die sytakke oorspoel ons kampusse.

Jakobus ·

Kom ek vra ook so, wat gaan gebeur met daardie finalejaar studente wat met beurse studeer wat nie vanjaar klaarmaak nie? Wat gebeur met die beurse? Sal die studente geld hê om volgende jaar terug te kom? Ook ander Studente?

Dan ook daardie mense wat vir onderskeidings gegaan het in die finale jaar en dit nie behaal nie, agv die onderbrekings en die betogings, hoe word hulle benadeel?

Dit wat nou op kampusse gebeur gaan die studente vir hul lewe lank saam met hulle neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.