Wits bly gesluit; UP heropen Maandag

Studente betoog by Wits  (Oktober 2015) Foto: Wits, Facebook

Studente betoog by Wits (Oktober 2015) Foto: Wits, Facebook

Studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het aangekondig hulle sal voortgaan om te betoog terwyl bedrywighede by die Universiteit van Pretoria (UP) Maandag sal hervat.

ʼn Vergadering is Saterdag by Wits gehou waartydens studente die geleentheid gekry het om hul kant te stel. Verslaggewers is versoek om die Senaat te verlaat tydens die beraadslagings. Die vergadering is gelei deur Nompendulo Mkhatshwa, nuutverkose leier van die studenteraad, en Shaeera Kalla, voormalige president.

Studente het tydens die vergadering hul woede uitgespreek oor die feit dat pres. Jacob Zuma hulle nie persoonlik by die Uniegebou toegespreek het nie. Hulle het aangevoer dat daar geen daadwerklike besluite deur pres. Zuma geneem is rakende hul besware oor die uitkontraktering van personeel en dienste, gratis hoër onderwys, die hernoeming van geboue van die universiteit en groter studenteverteenwoordiging in die raad nie. Die studente sou glo Sondag weer bymekaarkom om oor die pad vorentoe te besluit.

Adam Habib, visekanselier van die universiteit, het gesê hy is teleurgesteld deur die studente se besluit om voort te gaan met hul betogings. Die universiteit sal intussen Maandag gesluit bly.

Akademiese aktiwiteite by die Universiteit van Pretoria sal Maandag weer na normaal terugkeer. “Die biblioteke en studiesentrums sal ook oop wees. Toetse sal Woensdag voortgaan en ʼn hersiene eksamenskedule sal vroeg volgende week beskikbaar gestel word,” het Cheryl de la Rey, visekanselier van die universiteit, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Winston ·

Betoog betoog betoog. Lekker as jy niks het om te doen nie. Baie beter as werk werk werk

Johann ·

Ou Jakoppie het hulle die pinkie waarvoor hulle geskree het, gegee…..nou gaan hulle sy arm in die skouer af ruk!!

Swanna ·

Hou Wits gesluit want dit is waar al die onhuil uit broei.

Charl Coetzee ·

Jy kan besluite neem oor jou eie toekoms so lank ek nie betaal daarvoor nie, maar aangesien my tax geld die universiteite onderhou stem ek vir #maakdittoe

Charl Coetzee ·

Hoekom het die mense wat die minste bydrae tot die samelewing altyd die meester te sê?

Louw ·

En die volgende vereiste is om deurgesit te word want hulle kon nie eksamen skryf nie, hahaha lekker in SA want die mense wat die voorbeeld moet stel kom met ALLES weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.