Wits bly oop maar …

Foto: Wits/Facebook

Foto: Wits/Facebook

Akademiese bedrywighede by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) sal Dinsdag hervat word met opgeskerpte veiligheid op alle kampusse.

Adam Habib, visekanselier van Wits, het gesê enige persoon wat die reëls van die universiteit oortree of strydig optree met ʼn hofinterdik, sal onmiddellik verantwoordelik gehou word vir hul aksies en kan strafregtelik vervolg word.

Betogende studente het vroeër daarop aangedring dat die universiteit nie sy bedrywighede sal hervat tot daar aan hul eis vir gratis onderrig voldoen word nie.

“Personeellede is gister [Maandag] geteister en ek het dus geen ander keuse as om die universiteit vandag te heropen met streng veiligheidsmaatreëls nie. Ons sal veiligheidswagte en polisiebeamptes hê by al die kampusse en in al die geboue,” het Habib gesê.

“Geen massavergaderings sal in Solomon Mahlangu-huis gehou word nie. Ek is persoonlik deur die polisie, privaat veiligheidsmaatskappye en kampusbeheer verseker dat hulle die lewens van studente en personeel wat wil werk en leer, sal beskerm.”

Habib het by studente en personeel gepleit om te help om “hul kampus terug te neem” en te verseker dat die akademiese program Dinsdag hervat word. “Dit is nie ideaal om klasse by te woon terwyl polisiebeamptes by die deur staan nie, maar ek het geen ander keuse nie. As ons nie regkom nie, gaan ons geen ander keuse hê as om die universiteit te sluit nie.”

Indien die universiteit moet sluit, sal alle studente die koshuise voor die einde van die week moet ontruim, het Habib gewaarsku. “Dit beteken daar sal minder onderwysers, dokters en rekenmeesters in die werkplek wees. Dit beteken studente wat finansiële bystand of beurse kry, kan hul finansiering verloor. Dit beteken dat Wits nie volgende jaar eerstejaarstudente sal kan inneem nie – ons het reeds 75 000 aansoeke vir 2017.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Chrisjan ·

Almal is gatvol vir die spul, maak n voorbeeld van die wat wil agterbly.

Jaques ·

Ek wil net graag een punt uitlig, en ek hoop iemand met verstand wat tans swot lees dit en doen iets.
Soos ek gese het, ek wil net een punt uitlig, as dit net 10% van die studente is wat die probleem is, hoekom doen julle ander 90% nie iets aan die saak en verwyder hulle sommer self van julle kampusse af nie?
Dis mos jou en jou mede student se grondwetlike reg om jou studies te kan bywoon en voltooi, nes dit hulle reg is om VREEDSAAM te betoog.

Johann ·

As ek die visekanselier hier bo reg verstaan, is die kans groot dat studente hul beurse kan verloor. Beteken dit dat hy hulle voor die bus gooi, daardie wie hul finansiering verloor? Wat van dié wat uit eie sak daarvoor betaal het, gooi jy hulle ook voor die bus en moet hulle ook weer vir komende jaar betaal as die universiteit nou moet toemaak en hulle moet die jaar herhaal?

Johann ·

Dankie Zuma en jou hofnarre wat n gees van anargie losgelaat het in wat julle sê en doen as voorbeeld. Niks anders as die ANC se strategie van brand en breek en verwoes as hulle nie hul sin kry nie. En n lewe…wel nie te veel werd vir die “cause” nie.

Sophia ·

Ek dink dis hoogtyd dat die betalende studente (en hulle ouers) die universiteite begin beset en die opstokers teenstaan en self keer dat die plekke nie geplunder, afgebrand en verniel word nie! Dit is nou tussen ‘n toekoms vir jouself en jou kind bou, en om net daar te wees om te ‘stir’! Dis ook gewoonlik dié wat nie klasse bygewoon en gestudeer het vir eksamens nie, wat die skuldiges is! KOMAAN OUERS EN STUDENTE, WYS DIE SKULDIGES DAT GENOEG IS GENOEG IS!!

marlene ·

ek stem 100% saam. dis absurd. van wanneer af is die belhamels in beheer? sluit hul toe en gooi die sleutel in die diepste see.

Karma ·

@Sophia – jou bek kort jêm! Flippen stuur die Weermag en die Rooimiere in en sweep die ouers van betalende studente en betalende studente hulself op om die universiteitspersele en geboue te verdedig en te beveilig. Dwing enige hofbevel wat verkry is, tot op die letter af en maak voorbeelde van die belhamels. Dit is sommer nonsens dat ons gewone mense op straat moet ly onder hierdie anargiste wat (1) nie in die land gebore is en hier hoort nie en (2) ons gemeenskappe versteur en (3) hul skuldig maak aan misdaad.

Leendert ·

Ek sien al studente pak een van die dae die tasse om oorsee te gaan studeer. Dit is nie net meer iets wat iemand in die verbygaan gesê het nie, dit is nou die realiteit. Mense is besig om huiswerk in daardie rigting te doen, hulle word daartoe gedwing.

Anoniem ·

Leendert, ons kan skaars elke jaar die klasgelde vir Tuks bymekaar skraap…. weet jy hoe duur is oorsese universiteite? Hoe lief ons ook al vir ons kinders is, en hoe graag ons hulle ook al wil help om ‘n kwalifikasie te bekom om eendag vir hulself ‘n lewe te kan maak – ons sal dit net eenvoudig nie kan bekostig nie. Ek voel al op hierdie stadium om self met ‘n paplepel onder die klomp oproermakers in te klim en hulle sterte warm te klits!!!

Johann Marx ·

Netjies. Nou gaan ons binnekort “betalende Universiteite” hê en “Geen fooie Universiteite” net soos wat ons “skoolfonds skole” en “Geen fooi skole” het. En raai bietjie uit watter van die instansies kom die presteerders? Jip….alweer reg.

Johann ·

Gepaartgaande met standaarde afwaarts aanpas om voorsiening te maak vir die massas; pas jy die vlak van toepasbare logika en sinvolle besluitneming radikaal afwaarts aan. Sprekende bewys tans met anargiste wat brand en breek en intimideer. Geen respek vir orde en prosesse en stelsels of gevolg van selfsugtige doelwitte op almal. En die ANC kan NIKS doen nie want dis presies wat die ANC propageer. Om nie te praat van ons laggende NUMBA WHONE wat in 9 jaar die land leegsteel en laat verwoes. Gatvol!

nita ·

My kleinseun, wat 2 grade tergelykertyd loop, is nou in sy 4de jaar. Geskeide ma betaal al sy studies. Laas week kry hy nul vir n werkopdrag omdat hy dit nie naby sy kampus kon waag om dit in te handig nie. Is dit nou enigsins regverdig. Die betalers word nou gestraf.

Asjas ·

En gee my een goeie rede hoekom moet ek eendag my besigheid vir een van die mense gee? Ek soek kwaliteit, nie iemand wat dy/haar graad deur Universiteit “ge-struggle” het nie! En watter persoon met ‘n halwe brein gaan hierdie mense aanstel?? Die oomblik wat jy hulle ‘n voet in die deur gee beplan hulle die optogte en stakings en daar is jy jou besigheid kwyt.
Wonder net, sit die lot dit op hul CV’s as iets wat hulle bereik het in die lewe?
Hobbies: Burning stuff …

abba ·

In Berlyn studeer jygratis. Moet egter Duits kan praat en eie huisvesting betaal . Ek weet nie van Nederland of ander lande nie maar Duitsland doen dit.

Jean ·

Ek dink daar moet genoeg belastingbetalers wees om “almal” se studies te betaal. Ongelukkig dra ‘n klein persentasie belastingbetalers die meerderheid tans, en as almal nou verniet kan gaan studeer gaan hulle toesak op die universiteite by die miljoene en niemand gaan hulle keer nie, en WIE gaan daardie rekening vereffen? Dit is net nie moontlik met ‘n ekonomie soos Suid Afrika s’n nie.

Asjas ·

As Nkandla, die nuwe jet en KFC eers betaal is, is daar nie nog geld vir studeer nie!

Schalk ·

Sak die standaarde en die eise raak meer. Ek as werkgewer kyk na die tyd wat iemand neem om te studeer en ook na kriminele oortredings as deel van my beleid om kwaliteits werknemers aan te stel.
Jammer, maar ek gee absoluut voorkeur aan presteerders en mense wat aanhou probeer. Ek diskrimineer nie teen aanhouers nie maar wel teen mense wat hulle studies as gevolg van kriminele aktiwiteite onderbreek. Met ander woorde betrokke raak by dit. die datum van kriminele aktiwiteite tussen studiejare bewys dit gewoonlik.

Jakobus ·

Ek sien op TV Dali Mpofu het ook die betogers toegespreek.

Spokie ·

Jammer om te noem, daar is reeds voor 1994 voorspel die land in anargie verval en bodemlose put vry val. Gaan google en sien dat die slegs 15% verlede jaar gegradueer het…Alles word “demand”…als gratis…maar net afrika hierdie. Vir diegene wat nie weet nie om te slaag op skool word 3 vakke 30%, 3 vakke 40% en een vak 0% dan slaag jy die standerd met slegs 30% gemiddeld….Dan demand hulle om gratis universiteit onderrig te hê….Feit is SA sit op ‘n tyd bom….Bevolkings aanwas in SA ongeveer ‘n miljoen per jaar. 2007 was bevolking ongeveer 43 miljoen….2016 draai duskant 56 miljoen….26% werkloosheid syfer in die land…Mense moet eet, as daar nie werk is nie en honger pyne neem toe is diefstal onvermydelik, besighede en gewone man op straat word rot en kaal gesteel tot daar niks oor is nie….en siedaar nog ‘n afrika land gesneuwel….

Riana71 ·

Die universiteite het ‘n plig teenoor al die studente. Miskien het ek nie genoeg grysstof nie, maar ek kan eenvoudig nie verstaan hoe ‘n minderheid kan dikteer wat gebeur by die universiteite nie. Dink dit is tyd dat die meerderheid hulle universiteite terug neem. Miskien moet ons die universiteite begin “dagvaar” vir skadevergoeding. Ons betaal vir ‘n diens wat ons nie kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.