Wits: Derduisende doen aansoek; plek beperk

Universiteit van die Witwatersrand. Foto: www.educations.com

Universiteit van die Witwatersrand. Foto: www.educations.com

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het meer as 70 000 aansoeke ontvang.

Volgens Carol Crosley, registrateur van Wits, het die universiteit egter net plek vir sowat 6 000 nuwe studente.

Crosley het gesê die aansoeke is verwerk waarna 6 200 studente wie se aansoeke aan die nodige toelatingsvereistes voldoen het vir studie toegelaat is. “Omtrent 39 000 van dié aansoeke was van potensiële eerstejaarstudente gewees.”

Crosley het diegene wat nie toelating tot universiteitstudie kon kry nie, aangemoedig om ander opsies te oorweeg. “Hulle moet probeer om toelating by ander universiteite te kry.”

Die Universiteit van Johannesburg het hierdie week aangekondig dat 10 200 studente tot eerstejaarstudie by dié universiteit toegelaat is.

Die departement van basiese onderwys het Dinsdag aangekondig dat meer as 100 000 van 2015 se matriekklas vir tersiêre studie kwalifiseer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willie ·

Ek dink hier kom probleme. Met verwysing na die feestmustfall fiasko en die gebrekkige prestasie kan ons beslis chaos te wagte wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.