Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se studenteraad (SR) het Vrydag bevestig ʼn groep betogende studente se hongerstaking is beëindig nadat hulle tot ʼn vergelyk met die universiteit gekom het.
Die studente het betoog weens ontevredenheid rakende studieskuld en akkommodasie.
Sisanda Mbolekwa, SR-president, sê die bestuur van die universiteit het ingestem om honderde studente wat finansieel sukkel te help met registrasie, akkommodasie en kos.
“Die Wits Hardship Fund Evaluation Committee, wat die SR-verteenwoordigers insluit, het in die afgelope twee weke altesaam 567 studente gehelp. Aan 220 studente is finansiering vir dringende akkommodasie verskaf en 347 terugkerende studente is toegelaat om te registreer,” het Mbolekwa gesê.
Sy sê daar is ook kos aan honderde studente gegee wat dit benodig.
ʼn Groep studente by Wits het verlede week met ʼn hongerstaking begin weens ontevredenheid oor hul studieskuld. Hulle beweer die universiteit het voorheen ingestem dat studente met R100 000 skuld of minder toegelaat sal word om te registreer, maar dat hulle nou nie hul belofte wil nakom nie.
Die universiteit sê egter daar is nooit ingestem tot sodanige reëling nie. Volgens die universiteitsbestuur is daar al talle toegewings vir studente gemaak en doen die universiteit alles in sy vermoë om sukkelende studente te help. Die universiteit het Donderdag gesê hy is bereid om met die SR te onderhandel indien dit in goeder trou gedoen word. “Die universiteit is nie meer in ʼn posisie om doelstellings na te jaag wat kort-kort verander nie.”
Betogende studente het in die week lesings ontwrig, ʼn gebou by die universiteit beset en met veiligheidsbeamptes op kampus slaags geraak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
32 Kommentare
Ek voel net as jy nie geld het nie Dan studeer jy net eenvoudig nie. Hulle wil alles verniet he. Jare gelede as jou ouers nie kon betaal vir studies nie Dan get jy nie gaan studeer nie. Hulle mors in elk geval net die geld. Die geld kan vir belangriker dinge aan gewend word.
Jammer dat hul so gou tou opgegooi het.
So n bek moet jam kry
Gee vir elkeen ‘n graad en die probleem is opgelos, Dit kan mos nie só moeilik wees?
Verskil tussen gratis en verniet: hulle kan gratis swat maar dit is alles verniet