Wits-eetstaking glo beëindig

Studente betoog by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Foto: Bhekikhaya Mabaso/ANA

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se studenteraad (SR) het Vrydag bevestig ʼn groep betogende studente se hongerstaking is beëindig nadat hulle tot ʼn vergelyk met die universiteit gekom het.

Die studente het betoog weens ontevredenheid rakende studieskuld en akkommodasie.

Sisanda Mbolekwa, SR-president, sê die bestuur van die universiteit het ingestem om honderde studente wat finansieel sukkel te help met registrasie, akkommodasie en kos.

“Die Wits Hardship Fund Evaluation Committee, wat die SR-verteenwoordigers insluit, het in die afgelope twee weke altesaam 567 studente gehelp. Aan 220 studente is finansiering vir dringende akkommodasie verskaf en 347 terugkerende studente is toegelaat om te registreer,” het Mbolekwa gesê.

Sy sê daar is ook kos aan honderde studente gegee wat dit benodig.

Studente betoog by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Foto: Bhekikhaya Mabaso/ANA

ʼn Groep studente by Wits het verlede week met ʼn hongerstaking begin weens ontevredenheid oor hul studieskuld. Hulle beweer die universiteit het voorheen ingestem dat studente met R100 000 skuld of minder toegelaat sal word om te registreer, maar dat hulle nou nie hul belofte wil nakom nie.

Die universiteit sê egter daar is nooit ingestem tot sodanige reëling nie. Volgens die universiteitsbestuur is daar al talle toegewings vir studente gemaak en doen die universiteit alles in sy vermoë om sukkelende studente te help. Die universiteit het Donderdag gesê hy is bereid om met die SR te onderhandel indien dit in goeder trou gedoen word. “Die universiteit is nie meer in ʼn posisie om doelstellings na te jaag wat kort-kort verander nie.”

Betogende studente het in die week lesings ontwrig, ʼn gebou by die universiteit beset en met veiligheidsbeamptes op kampus slaags geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Elria ·

Ek voel net as jy nie geld het nie Dan studeer jy net eenvoudig nie. Hulle wil alles verniet he. Jare gelede as jou ouers nie kon betaal vir studies nie Dan get jy nie gaan studeer nie. Hulle mors in elk geval net die geld. Die geld kan vir belangriker dinge aan gewend word.

Johan ·

Nou gaan die ander universiteite volg.Daar is net een eindbestemming en dit is totale anargie.Dankie Prez Zuma,jy het verniet studie toe gelaat.

Riaan ·

Stem saam Frikkie in hierdie saak sou ek hulle ondersteun het

willem Botha ·

Ek stem saam hulle moes nie so gou opgehou het met die eetstaking nie .

IK ·

Gee vir elkeen ‘n graad en die probleem is opgelos, Dit kan mos nie só moeilik wees?

Wdp ·

Verskil tussen gratis en verniet: hulle kan gratis swat maar dit is alles verniet

humor ·

In Afrika is die handpalms konstant na bo met geringe of geen prestasie gelewer. Ek glo die hongerte het hul begin vang. Was n bietjie te ongerieflik. Hoop hul het begin besef as die boere nie meer daar is nie dan is daar hongerpyne.

julius ·

Y, daar slaan jy die spyker op sy kop. Dis presies dieselfde ding. Ons noem dit vloermoer.

Dawie ·

As die eetstaking sou aangaan wie word benadeel en hoekom toegee aan lede wat nie wil eet se eise. Hulle sal wel weer begin eet as die staking voortduur sonder dat aan hulle eise gehoor gegee word.

Alida ·

Hulle was nie soseer gepla oor studies nie maar die slaapplek en kos was BAIE belangrik.

Rooikop ·

Aan daai duur tekkies lyk dit nou nie juis vir my na mense wat “sukkel” finansieel nie…

Johanna Botha ·

Baie energie om so te kan daans na n eet staking …alles staak in SA

Chris du preez ·

Dit maak nie sin nie. Jy voer die hond wat jy weet gaan jou nog byt.

Carina ·

Rerig…
Lyk my die universiteit is hardop vir studente….sal graag wil weet wat is hulle slaag syfer aan die einde van die jaar……

Jane ·

So gooi n “tandrum” en jy kry alles wat jy wil. Wan leer hulle om verantwording te dra. Ek en ook my man moet langs ons studies gewerk het om te kan studier. Ons ouers was nie in die posisie om dit te bekostig nie. Goeie herinneringe en geen tyd om droog te maak. As jy nie kan studier maak n plan en werk. Wat is volgende? N graad sonder om regtig te leer?

Hans ·

‘N universiteit se kern besigheid is om akademiese onderrig te verskaf en nie al die ander dinge waarop aangedring wor

John ·

?.. ek glo die beste oplossing is ‘n blanko graad reeds by geboorte… met baie spasies vir herbesinning… geteken en gestamp finis en klaar. Die geld kan dan jaarliks eerder in die mense se bankrekeninge gedeponeer word vir ander behoeftes… dis nou saam met die ander Sassas ens soos mediese dienste, gratis vliegtuigkaartjies en vakansies met ‘n nuwe staatsdepartement vir behoeftes wat mag opduik… En veral nog drukkers vir rande. Dis nie fair dat SA-burgers so moet sukkel nie. Komaan Reserwebank zim bietjie!

Swapie ·

Ek reken as belastingbetaler moet ek ook maar op n hongerstaking gaan. Vir my n plekkie daar by parlement se ingang gaan soek.

Katerina ·

Ja vir my ook,pateties verby. Daar is n fliek, Idiocracy. Hierdie land uitgeknip.

Foxi ·

Nou kyk…..daar word gesê as jy in die tronk is en jy wil op n eetstaking gaan omdat jy nie van jou waterige stampmielies hou nie, moet jy maar vrek as jy wil vrek! Of jy nou daarvan hou of nie! Nou hierdie klomp wat so spring asof die grond te warm is, lyk hel vet en gesond. Hulle is nie daar om te studeer nie, hulle is net daar vir kos en verblyf vir tyd en wyl. Nou hoe nou? Kan bejaardes ook maar nie n fooitjie of so kry vir kospakkies per maand nie asseblief.

Gert J ·

ALMAL WAT VANDAG N GRAAD HET MOES DOOD EENVOUDIG BETAAL WANT

Emma ·

Hul ken net van bakhand staan die anc regering gee mos als vir hulle is sassa geld noem op hul kry dit. So hoekom sal hulle werk vir wat hulle wil he.

Francois ·

Enigste uitweg met al die probleme by die universiteite is: sluit al die universiteite en laat almal onder afstandsonderrig studeer. Geen probleme met akkomodasie, geen klas ontwrigting nie, geen beskadiging van universiteitseiendom en boonop geen betogings nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.