Wits is beste universiteit in Afrika

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die ministerie van hoër onderwys en opleiding het die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) gelukgewens nadat dié universiteit as die beste in Afrika aangewys is.

Die Academic Ranking of World Universities (Arwu), beter bekend as die Shanghai-ranglys, het Wits aangewys as die beste universiteit.

“Ons wens ook die Universiteit van Kaapstad, Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van KwaZulu-Natal geluk dat hulle binne die top-500 universiteite in die wêreld aangewys is,” het die ministerie bygevoeg. “Hierdie uitslag bevestig weer die gehalte van ons hoëronderwysstelsel in Suid-Afrika en in Afrika. Dit is hierdie krag en gehalte wat ons wil bewaar vir die land, die kontinent en die wêreld.”

Harvard University (Amerika) is aangewys as die beste universiteit ter wêreld.

Op die lys van top-500-universiteite is die volgende vyf universiteite bo-aan die ranglys:

1. Harvard University (VSA)
2. Stanford University (VSA)
3. University of California, Berkeley (VSA)
4. University of Cambridge (Engeland)
5. Massachusetts Institute of Technology (MIT) (VSA)

Die Universiteit van Kaapstad en Wits is albei onder die top-300 op die lys van top-500.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

leeblik ·

pukke was nie eers genoem nie. HELLO? Pukke is potchefstroom.
toe is tuks waaragtig niks.

Sum ·

Moet jy lag, moet jy huil… In die goeie Apartsheids dae het ons universiteite in die top 20 gehad.

Oom Ekonoom ·

Die universiteite wat die beste in die wereld is is betrokke by Coursera en Edx wat baie goeie kwaliteit kortkursusse teen n baie lae prys aanbied. Dit is n baie goeie oplossing vir SA se universiteitskapasiteit en klasgelde krisis. In SA is dit ook ons top universiteite, Wits en UCT wat daarby betrokke is. Ek stel voor die ander SA universiteite besef nou die realiteit en geleenthede wat nuwe tegnologie en MOOCs bied.

jaco ·

Standaarde is nou so laag om agtergeblewenes ook te laat slaag, so al hierdie Wits-gegradueerdes sal bitter min met hulle late-standaard grade kan doen. En voeg regstellende aksie by, en nog meer Wits-gegradueerdes sit zonder werk. My graad uit die ou SA was nie eens goed genoeg om werk te kry nie. Eers nadat ek dit vanaf my CV verwyder het, het ek werk gekry.

Johann Marx ·

FREE EDUCATION FOR ALL….sodat ons ook soos die res van die wêreld kan lyk. 55 miljoen Ingenieurs..en niemand wat die werk kan doen nie!!!

Anti DA ·

Wag tot Akademia op die lys verskyn Haverd en Stanford sal moet bontstaan om hulle plekke te behou.

JC ·

Ek stem, Akademia gaan dinge deurmekar skommel! Akademia en Afrikaans bo!

PauldB ·

Interresant om te sien dat Puk nie eers die top 500 kan haal nie. Is dit dalk Midvaal en Mafikengkampusse wat hulle so aftrek, of omdat hulle mense Maklikker laat slaag? Wonder of die bestuur hierop ag slaan en belang sou stel om die standaard te lig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.