“Die raad van die universiteit het ʼn gemiddelde verhoging van 8% vir klas- en koshuisgeldfooie aangekondig. Die verhoging is in ooreenstemming met die aanbevelings wat in September deur die regering gedoen is,” het Shirona Patel, woordvoerder van Wits, gesê.
Patel het gesê die voorstel rakende 2017 se verhoging in klasgeld is deur die bestuur van die universiteit en finansiële komitee gedoen waarna die raad dit goedgekeur het ná konsultasie met die studenteraad.
Volgens Patel het die universiteit geen ander keuse as om klasgeld te verhoog nie. “Ons moet dit doen om finansieel volhoubaar te wees aangesien akademici en professionele en administratiewe personeel betaal moet word, boeke en joernale aangekop moet word, rekeninge betaal moet word en infrastruktuur onderhou moet word.”
Volgens Patel sal die universiteit in 2017ook minder geld van die regering ontvang. “Die regering se vergoeding vir die 0%-verhoging in klasgeld vanjaar beloop ongeveer R146 miljoen. Ons is egter onlangs meegedeel dat die 2016-verhoging deel van die subsidie sal wees, wat beteken die subsidieverhoging vir 2017 sal slegs 2,5% wees. Dit is gelykstaande aan ʼn netto afname in inkomste van die staat van ongeveer R54 miljoen vir 2017.”
Universiteite regoor Suid-Afrika word sedert 19 September lamgelê nadat dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, aangekondig het dat universiteite self hul verhoging in klasgeld vir 2017 kan bepaal, maar dat dit nie meer as 8% moet wees nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Universiteite kan self verhoging bepaal. Staat skryf voor 8%. Ha ha ha!
Ek hoop Wits kan dit deurvoer.
gaan akademia waarmee almal so spog ook sy fooie verhoog?
Ek dink al die betogers wat op kamera vasgevang is terwyl hulle afbreek, afbrand en beskadig, moet n ekstra 25% verhoging kry om vir die skade te betaal.
Sjoe, gaan die onrus nou van voor af begin? Feesmustfall# nuttelose oefening…