Wits-lesings wéér opgeskort

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @OnJourneyOf_

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @OnJourneyOf_

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weereens akademiese bedrywighede by die universiteit opgeskort, dieselfde dag wat lesings by die instansie sou hervat.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê die bestuur het, in samewerking met voormalige leiers van die Black Students Society and Student Representative Council, ooreengekom om akademiese bedrywighede te staak om ruimte te laat vir onderhandelinge tussen die universiteit en die studente. “Om hierdie proses te laat voortgaan, het ons ooreengekom om die akademiese program op te skort met ʼn gemeenskaplike doel om op Maandag, 10 Oktober 2016 weer te begin,” het Wits in ʼn verklaring gesê.

Die universiteit het vroeër Dinsdag gesê ten spyte van die gewelddadige betogings Dinsdag op die kampus, sal klasse Woensdag weer voortgaan, aangesien ʼn groot aantal studente en personeellede graag wil terugkeer. Die universiteit het egter sy besluit verander en het gesê hy wil nie ʼn herhaling sien van die tonele wat Dinsdag op die kampus afgespeel het nie.

“Indien onderhandelinge ʼn oplossing tussen die onderskeie rolspelers teweeg kan bring, sal ons ʼn sterker universiteitsgemeenskap wees. Die studenteverteenwoordigers is toegewyd om ʼn oplossing te vind en die res van 2016 akademiese jaar te red,” het die universiteit gesê.

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Die universiteit het gesê hy het begrip daarvoor dat nie almal gelukkig is met die besluit nie, maar het gesê die bestuur glo indien ʼn oplossing tussen die universiteit en die betogende studente onderhandel kan word, sal dit in die breër belang van al die rolspelers wees en die 2016 akademiese jaar kan red.

Studente het Maandag gesê hulle sal nie toelaat dat Wits heropen totdat daar gehoor gegee word aan hul eis vir gratis onderwys nie, ten spyte van ʼn vorige ooreenkoms met die universiteitsbestuur dat lesings toegelaat sou word om Dinsdag te hervat. Gewelddadige tonele het hom Dinsdag op die kampus afgespeel met skokgranate en rubberkoeëls wat deur die polisie afgevuur is.

Die universiteit het gesê hulle het ingestem om die polisiebeamptes vanaf Woensdag na die rand van die kampus te onttrek, nadat al die partye onderneem het daar sal geen verdere geweld of intimidasie van personeel of ander studente wees nie.

Die betogers, wat nou dreig om die universiteit vir die res van die jaar te sluit, het meer as twee weke gelede begin nadat Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en onderrig, aangekondig het staatsuniversiteite kan self besluit oor die verhoging in studiefooie vir 2017, solank dit nie meer as 8% is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Malva ·

Hoeveel van die vandale is werklik studente by Wits, indien wel geregistreer waarskynlik nie eksamentoelating weens swak prestasie. Dus niks om te verloor.

Johann Marx ·

Daar is ‘n spreekwoord wat lui: Die leeu steur hom nie aan die bok so opinie oor sy keuses vir middagete nie. EFF – Everything For Free. Dit kan nie werk nie, was nog nooit suksesvol enige ander plek in die wêreld nie. Alles van waarde vra ‘n teenprestasie. ‘n “For Free” Graad gaan jou NIE uit armoede uit kry nie….harde werk gaan!! Die nuwe SA se probleem kan in een sin opgesom word: Hopeloos teveel mense kry hopeloos teveel geld vir hopeloos te min produktiwiteit….

Danie ·

Ek wil nou net weet, ek het n seun by Tukkies. Indien hy nie graad kry nou nie, wat gebeur met die geld wat ek betaal het vir die jaar? Dit sal beteken dat hy eers volgende semester kan klaarmaak. Gaan ek nou weer moet betaal vir die volgende semester? Is daar dalk ander ouers wat in dieselfde bootjie sit as ek??

Johannes ·

Danie, dagvaar die UP vir soveel moontlik. Onthou jou seun verloor ‘n jaar in die bedryf ook – dus salaris, pensioen, medies. Eis ook vir alle lewenskostes bv. vevoer, klere, kos ens. Afriforum het aangedui dat hulle universiteite gaan dagvaar. Dalk kan jy hulle nader vir hulp?
Sterkte.

Natasha ·

Danie, hy verloor nie net n semester nie. Hy verloor ‘n jaar. Die vakke wat ons nou het word eers volgende jaar weer die 2de semester aangebied.

Speedguard ·

Danie , hou maar net die REGTE media dop , ek is baie seker van my saak as ek se daar sal beslis ‘n klas aksie ingestel word teenoor Jacob, sy minister van Polisie, en ander mens wat hul gronwetlike plig versuim om ons kinders en ons self veilige teen absolute anergie MOET beskerm, hul sal saam met Comerade Blade betaal veral vir sy uitlating “students must fall” wat absotuut die vuur aangeblaaas het en dan sy g@t af lag oor dit, nou dat hy moet Pa staan vir sy beloftes is dit ” Pass the Bucket” speletjie met ons kinders se toekoms,

Ahooy ·

Wat is fout met ons regstelsel? Hoekom moet die Polise daar wees as hulle nie mag optree nie, en wat is die doel dat hulle daar moet rondstaan en met klippe gegooi moet word?
Talle betogers/kriminele wat hofbevele oortree is al gearresteer en dan byna dadelik weer vrygelaat. Wat ek wil weet is: HOEVEEL van hierdie kriminele is al voor die hof gedaag en gevonnis.

Johann Marx ·

Ahooy, daar is NIKS fout met ons regstelsel nie, maar alles fout met die samelewing waarin ons probeer oorleef. NIKS is meer “verkeerd” nie, jy kan doen net wat jy wil…en dit begin by Laerskole. Het jy gelees? Die nuutste is om nie onhebbelikheid of gedragsafwykings of kansvatters te straf nie….maar “detensie” word nou vervang met “meditasie”? Dit wat ons nou sien is mense wat nooit geleer het dat jou dade sekere gevolge het nie. Wat sou jou pa met jou gedoen het as jy ‘n klip by die skool optel en ‘n onderwyser daarmee gegooi het? Jip. Jy sou vir twee weke moes STAAN in die klas….en dis ongelukkig hoe jy leer dat jou gedrag sekere gevolge het….sommiges meer aangenaam en sommiges bitter pynlik. Hierdie student het dit nooit geleer nie….en “daag alles uit”….omdat “ons kan”!!!

boet ·

Dagvaar die Universiteit – kry ‘n goeie prokureur.
dit is die enigste uitweg. Dan sal die slapgat bestuur dalk bykom,. Hulle het nie ‘n dag se leierskap nie. Net rugraatloos sonder integriteit en akkomodeer die klipgooiers en brandstigters. Beste maatjies met hulle. Neem nie studente wat wil leer in ag nie. Hulle het alles respek verloor.

Annette ·

Sluit die deure en gooi die sleutels weg. Hulle wil nie leer nie en sal alles afbrand wat nog staan. Laat hulle die boeke brand en dan moet al die profesore en lektore en al daai mense , oorsee gaan en daar gaan werk. Dan kyk ons hoe vergaan die land. Dit is tog wat gaan gebeur. Hulle is met niks tevrede nie en eis net meer en meer. Dit is n verdomde skande dat niemand iets doen om die brandstigters in die bek te ruk nie.

Veritas ·

Die stert swaai al weer die hond. ‘Wee die land waar die slaaf koning word’.

Dup du Plessis ·

Veritas. Jip, sal wees soos ‘n doring onder jou vlees……

lynette ·

Dan sien ek so waar as wragtig nog blanke kinders onder die betogers!!!! As dit my kind was, was sy dae op universiteit onmiddellik iets van die verlede. Ek het nie n boef grootgemaak nie en sal nie verder vir n boef vir studies betaal nie.

hans ·

Onderhandel met Black Students Society-regtig!!!Wits is rassisties.

John ·

Kondig ‘n noodtoestand af 5 km rondom kampusse en bring die weermag in. Studente-kaarte en ID-dokumente is met ‘n doel ingestel. Dwing die reg af of landswye chaos gaan volg. Universiteite se grond is nie allemansgebied nie. Omring dit met doringdraad. Ek kan nie by die SAA gaan betoog op ‘n gratis kaartjie na die VSA nie. Naskoolse studie is ook nie verpligtend nie!

Jean ·

As julle elke keer ingee, gaan julle NIE wen nie. Julle moes woord gehou het, nou beteken dit ook niks meer nie, die betogers sleep julle aan die neus rond ten koste van diegene wat wil studeer. Julle is besig om hierdie geveg te verloor, nie net die rondte nie, die hele geveg. Ek voorspel niks goeds nie, julle is binnekort toe as julle nie woord kan hou en die polisie en weermag kan ontplooi om studente wat wil studeer toe te laat om aan te gaan nie. Die uitslae was dat 77% studente wou teruggaan en studeer, hoe beheer die kleiner persentasie nou die hele Universiteit met bestuur en al?

Di ·

Hierdie storie raak nou regtig afgesaag!!!!!!!!!!!!!!!!!! Kry die weermag in en maak skoon. Sluit al wat ‘n universiteit is, hulle moet maar aanlyn begin studeer die wat regtig ernstig is om te studeer hierdie klomp is clowns!

Johann ·

Die groot probleem is dat daar hordes studente is wat nie daar hoort nie, mense wat nie bevoeg is om te studeer nie, dit is vir hulle ‘n uitkoms om te oorlewe, vir baie ‘n beter lewe om te ervaar as die haaglike omstandighede waarvandaan hulle kom.

Hierdie is ‘n gemors waarvan die land nie gaan ontsnap nie, dit ten koste van die oorgrote meerderheid wat net wil swot om, as hulle klaar graad gevang het, tot die arbeidsmark te wil toetree. Ek is egter bevrees, baie van die studente, veral die spesialis rigtings soos die ingenieurs, medici, regsberoepe, en dies meer, en wat dit sal kan bekostig, gaan nou, nie lank na hul graad gevang het nie, oorsee begin soek vir werk. Hul oë het met die chaos oopgegaan, daardie barbaarsheid sal hulle bybly, die onkapabilheid van die universiteite, die regering en die wetstoepassers.

Die land gaan, na die onluste tydelik verby is, nie ‘n beter plek wees as ‘n jaar gelede nie, nee, die mense het gesien wat nou vermag kan word, en ‘n volgende keer gaan die ontlading en om ‘n oproer te begin, as hulle met iets nie tevrede is nie, soveel makliker wees. Die mense gaan nie verdwyn nie.

pieter ·

JOHN,EK KAN SIEN JY WAS OOK IN DIE WEERMAG,2BELSE VIR JOU.

T ·

ek sal nie sulke studente werk gee na hulle gegradueer het nie, want hulle sal dit by my maatskappy ook doen.

Rynhardt ·

Al die moleste en brande by universiteite wys SA is in rewolusie-fase terwyl n president stille diplomasie handhaaf!Gistraand op E-Tv het twee groepe in Anc navore getree! Die ou garde staan agter Zuma en sy Nkandla terwyl die rebelle in Anc wil he dat hy vervolg moet word vir Nkandla, maar Motsoeneng moet sy pos behou by SABC en sy miljoene nog steeds kry! Dit wys vir jou die groot onenigheid wat heers in Anc en die botsings tussen die twee groepe is onvermydelik.Met geweld en moleste wat uitkring by universiteite en die rebelle wat in opstand binne die Anc is, se dit vir jou alles wat voorle! Liberale kommentators gaan dit nie uitspel vir publiek nie, want hul wil nog steeds die indruk wek dat SA in n paradys gaan verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.