Wits prof afgedank oor seksuele teistering

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

ʼn Professor aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is Woensdag afgedank nadat hy skuldig bevind is dat hy van sy kollegas by die instansie seksueel geteister het.

Prof. Adam Habib, visekanselier van die universiteit, het gesê drie vroue het klagtes teen die professor by die universiteit se kantoor vir geslagsgelykheid ingedien, wat die saak ondersoek het. “ʼn Onafhanklike ondersoek is gedoen en die personeellid is skuldig bevind aan wangedrag gegrond op seksuele teistering van die drie klaers,” het Habib in ʼn verklaring gesê.

“Die onafhanklike paneel het verder bevind dat die wangedrag gronde vir onmiddellike afdanking is en die uitkoms van die ondersoek is vandag [Woensdag] aan my voorgelê. Ooreenkomstig die universiteit se beleid en prosedures het ek die betrokke individu ingelig dat hy afgedank word.”

Volgens berigte het die professor die oortredings oor ʼn tydperk begaan. Na wat verneem word, het hy die vroue aangemoedig om seksuele gunsies te doen in ruil vir sy invloed en senioriteit by die universiteit.

Habib het gesê die universiteit se geslagsgelykheidkantoor is vyf jaar gelede op die been gebring om klagtes van seksuele teistering te hanteer. “Die universiteit sal nie enige vorm van geslagsgebaseerde teistering duld nie en as ʼn openbare instansie is ons vasbeslote om alle geslagsgebaseerde benadeling uit die weg te ruim,” het hy gesê.

“Ek wil dit weer eens baie duidelik stel dat die universiteit geen vorm van seksuele teistering sal duld nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Joe ·

Wat sleg is, is die feit dat hy slegs vroue personeel vir die gunsies gevra het. Waar is die gelykheid dan nou? Mans personeel moes maar op gewone manier voorraad deur harde werk en hopelik meriete. Nee wat, Indien daar gunsies gevra word moet dit vir en van almal gevra word. ň Gunsie of losgelukkie bly tog maar ň Gunsie of losgelukkie.

Asjas ·

Ja, die mans personeel en die minder mooi dames gaan nou ‘n klag van diskriminasie teen hom le!! LOL

Weereens ·

Dis ‘n ding wat ook in 2013 gebeur het volgens die Wits ‘VUVUZELA’. Daar word ook die name genoem en is daar ook foto’s van die oortreders. Dit verklaar dan ook sommer dit waaroor hier ook weer gewonder word want ‘n naam mag seker nie genoem word?

Mickey ·

aangegaan voor die klagtes gelê is. As ‘n vrou wil ek net sê – as jy dit eers ‘n ruk toelaat vir gunsies is jy net so skuldig. Ons lewe nie meer in die middeleeue nie. Jou nee is nee! Ek het vir 33 jaar tussen ‘n spul rowwe mynwerkers gewerk. Ek het geen probleem gehad om hulle – base inkluis – van my lyf af te hou nie.

gatiep ·

Ek weet net in die toekoms sal mans nie eens meer kan vlerksleep by n vrou nie want hulle sal aangekla kan word.
Hulle het hom dit dan vir so lank toegelaat wat het dan nou verander? Hulle moet saam met hom geskors word.Ou koeie gaan nou uit slote gehaal word met die nuwe wet.

Karma ·

@gatiep, laat ek vir jou sê daar is een moewiese verskil tussen vlerksleep by ‘n vrou of ‘n vrou seksueel teister! Ek het ‘n ruk lank saam met mans in die konstruksiebedryf gewerk – mans van alle kleure, geure, ouderdomme en agtergrond, effens rowwerige ouens – en hulle het goed geweet: hierdie bokkie laat nie aan haar vat nie. Ek het eendag ‘n ou wat my boud ‘n kloppie gegee het, geklap dat hy die volgende oggend nog na sy breins gesoek het!

Boeremeisie ·

Mickey en Gatiep julle is die rede hoekom vrouens nie teistering of verkragtings aanmeld nie. Altyd gou om die vrou te blameer. Dis duidelik dat julle nie ‘n benul hey van die magspel betrokke by so teistering nie.

gatiep ·

Boermeisie jy verstaan my verkeerd ek is nie in n geveg met vrouens nie,ons is dan een spesie?
Julle het klaar gewen.Ek bedoel net hoekom het hulle hom nie dadelik hom op sy plek gesit soos Karma gese het sy goedoen het nie.
Ek weet daai 3de graad feministe haat mans daai vroumense is gif ek het nog nie n man raakgeloop wat vrouens haat nie.

jean ·

Nou waarmee hou die man sy kop dan besig?…….of bied die akademie nie meer genoeg stimulasie…….

John ·

Dat die 3 studente mekaar nou so moes raakloop en hul aaklige ervarings so kon deel. So toevallig. Mens hoop dat hul slaagsyfers ook in dermate afwaarts aangepas is. Gee en neem is glo altoos die twee perde se naam wat moet saamwerk wanneer’n waentjie deur die drif getrek moet word.

Pieter ·

Hoe bring jy “van sy kollegas” en studente bymekaar uit???

cor ·

Wys jou maar net ‘n titel tel niks as die lustigheid jou bekruip nie, hy het nie gedink nie en nou is sy hele toekoms weg vir ‘n paar minute se plesier. Ai arme prof dit is rof en die stof sal nie gaan le nie.

Retha Homann ·

Ek het al uit ondervinding geleer dat mans wat so orig is,
99% van die keer ‘n pedofiel ook is! As hul niks by vroue
regkry nie, went hulle hul later na tieners en dan na kleiner
kinders. Hul spandeer ‘n groot gedeelte van hul vrye tyd
op die internet op porn bladsye. Se maar net!

Pietser ·

Dis nie net mans wat orig is nie. Ek het saam ‘n meisie gewerk wat baie lief was om te terg, lief gewees om so in die verbygaan so speels aan my boud te vat…tot ek haar op ‘n dag agter ‘n geslote kantoordeur ‘n bietjie vasgevat het. Daarna was sy ‘n bietjie versigter met my. LOL

jaco ·

hoe waar is hierdie klagtes? want met al die fees must fall optogte by Wits was daar lankal nie meer klasse nie so daar het basies niks aangegaan nie. wanneer het die professor dan sy “dinge” gedoen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.