Wits raak ook van KPMG ontslae

KPMG-twitter

Foto: @SADN_Diaspora/Twitter.com

Die Universiteit van Witwatersrand (Wits) gaan nie sy kontrak met die ouditfirma KPMG hernu nie.

Wits het in ʼn verklaring gesê sy raad het tydens ʼn vergadering Vrydag besluit om nie sy kontrakte met die ouditfirma te hernu nie.

Volgens Wits kom die besluit ná ʼn vergadering met KPMG se hoof, internasionale verteenwoordigers van die ouditfirma en lede van die universiteitsraad se oudit- en risikokomitees.

“Die komitees gee toe dat KPMG sommige stappe gedoen het, waaronder dat die ouditfirma sy uitvoerende hoof, bedryfshoof en ander senior vennote laat gaan het, maar dit is nie genoeg nie.”

Volgens die universiteit was KPMG nie deursigtig genoeg nie. “Dit is moeilik om KPMG se gevolgtrekking dat niemand enigiets onwettigs gedoen het nie te versoen met die feit dat die ouditfirma personeel afgedank en sy verslag oor die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) onttrek het.” PwC bly die universiteit se eksterne ouditeur.

Die herversekeraar Munich Re het KPMG ook vroeër as sy ouditeur afgedank. Die parlement het ook gesê hy gaan nie meer die ouditfirma gebruik nie. Groot banke oorweeg dit ook om van KPMG ontslae te raak.

Lees alle vorige berigte oor KPMG op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Melt Olckers ·

Hoop die boodskap Kim duidelik deur dat nige sake verwantskap met die Guptas nie goed is vir n onderneming we best San nie. Onderneming het n sosiale verantwoordelikheid tenoor die publiek wat in gedagte gehou moet word.

Pieter ·

KPMG is n firma wat vol profesionele hoogs opgeleide mense sit. Moet asb nie vir ons kom se julle het nie geweet wat julle doen nie. Dit maak die saak teen julle eintlik net erger. Ons sal die maatskapye ondersteun wat optree teen KPMG.

Carl ·

Ek kan nie verstaan waarom KPMG so in die spervuur is en almal heftig reageer, terwyl die spilpunt rondom alles – Zuma – ongehinderd aangaan?

snoefie ·

nou hoe dan nou wits? julle is dan sulke toegewyde hebsug ondersteuners. wats die verskil tussen kpmg en student dlamini se hebsug en honger na rykdom? ondersteun kpmg se smagting na luukse en hef hulle op om dit maklik te kry. julle is mos liberale vrydenkers. soos die Engelsman sê “sauce for the goose is sauce for the gander “

Piet Pille ·

Ek stem saam met Pieter. Die KPMG, nes Nkandla ‘n tyd gelede, word as ‘n rookskerm gebruik om die aandag van die groot probleem naamlik Zuma, staatskaping en Guptas van af te lei. Dit is waar die aandag aan geskenk moet word.

Helena ·

Ai tog Maroela, gaan ons nou van elke klient se besluit moet lees oor KPMG….of net die wat hulle dienste be-eindig?
Bietjie eensydig, of hoe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.