Wits: ‘Rook jul dagga elders’

Nie op ons kampusse nie, sê Wits oor studente wat dagga wil rook. Foto: Zanpype

Die Universiteit van die Witwatersrand sê dit maak nie saak wat die konstitusionele hof in sy geskiedkundige beslissing oor die kweek en rook van dagga gesê het nie, op sy kampusse geld dieselfde reëls daarteen steeds.

“Die hof se beslissing is nie voorskriftelik nie,” het Wits Dinsdag in ʼn verklaring gesê, “en die universiteit behou hom die reg voor om bedrywighede op sy persele te reguleer.”

Ná deeglike oorweging van die beslissing deur die Johannesburgse universiteit se regsraadgewers glo die instelling dat sy reëls nie gewysig hoef te word weens die gedeeltelike verslapping van wetgewing met betrekking tot dagga nie.

Net om enige onduidelikheid uit die weg te ruim, sê Wits, moet geen gedeelte van die universiteit se eiendom as “privaat” of “ʼn privaat plek” vir die doeleindes van die gebruik, besit of kweek van dagga beskou word nie.

Die konstitusionele hof het verlede maand ʼn uitspraak van die hooggeregshof in Kaapstad gehandhaaf dat die privaat gebruik van dagga deur volwassenes wettig is. Die hof het daarop klem gelê dit geld net privaat gebruik, wat verbruik in die openbaar of handeldryf daarin steeds onwettig maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sê maar net ·

Die mense is almal gerook….jy mag slegs by jou eie huis rook. Ek haaaaaaaat rokers, onselfsugtige spesie

Estelle ·

Jy bedoel seker selfsugtige spesie. Onselfsugtig beteken dat jy ander mense in ag neem. En moet ook nie almal onder een kam skeer nie. Ek ken heelwat ONselfsugtige rokers, wat baie minder selfsugtig is as bemoeisieke ou tannies wat die een Grandpa poeiertjie na die ander sluk en jou aangluur soos ñ skaap.

Sê maar net ·

Oops ja selfsugtig? Of jy nou selfsugtig of onselfsugtig rook, ek skeer almal onder een kam.

DeVill ·

Maar ek neem aan tabak in enige vorm mag op jou perseel gebruik word?

Edd ·

Ek hou van bier, jy hou van rook geen probleem. Maar lat ek jou afval rook inasem dan beter jy my afval sluk tjom!

Guve ·

Mooi so Wits,het werklik nie gedink jul sou so n standpunt inneem nie,baie trots op jul

John ·

Waar kom julle vandaan? Van wanneer af gaan jy deesdae se studente tee? Waar het enige student nog aan die pen gery na die vorige groot skade weens #Feeslalala nie en nou wil hulle die dummy wegvat? Binnekort sal daar geen boek in die bib oor wees nie, want die baie slim woorde gaan nou omslag word vir die zollie-patrollie.

bgj van der westhuizen ·

die dagga rokers het nie mooi geluister nie net in jou privaat hied witts is reg wand die gronde is nie privaat nie en dit is net soos by woonstelle en komplekse as jy woonstel huur beteking dit net binne in die woonstel is privaat en die gronde buite om is algemens grond dis is dit nie privaat nie dit geen rook van dagga toe gelaat nie

DeVill ·

Stem 100% saam met Wits, maar hulle sit die pot heeltemal mis as hulle nie ook tabak verban op kampus nie.

Tabak rook is baie meer skadelik as dagga rook. Tabak rook hou ook baie meer gevare in vir die tweedhandse roker as wat dagga ooit sal kan.
Dagga is ook nie naastenby so verslawend soos tabak nie.

Komaan Wits, sit ‘n algehele verban op enige vorm van tabak ook.

E.K. die eerste ·

Ja-nee kyk, die regering het die spreekwoordelike “can of worms” oopgemaak met hul besluit om die rook van die kruie wettig te maak. Moenie dink die studente gaan dit sommer net aanvaar nie, ons weet mos al hoe hul kan brand en breek as iets nie na hul sin is nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.