Wits skors lektor oor ‘rassistiese aanmerkings’

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het ʼn lektor met onmiddellike effek geskors hangende ʼn ondersoek nadat hy glo rassistiese aanmerkings gemaak het.

Skermgrepe van ʼn e-pos het die naweek op sosiale media versprei waarin daar na betogers as ape verwys word. ʼn Wits-e-posadres is op die skermgrepe sigbaar.

Daar word intussen ook ʼn tweede skermgreep versprei waarin die betrokke lektor glo om verskoning vra vir die uitlatings.

Wits het intussen in ʼn kort verklaring bevestig die lektor is geskors. “Die lektor sal nie op die universiteit se kampusse toegelaat word nie terwyl die saak deur die universiteit se kantoor vir transformasie en werksverhoudinge hanteer word.”

Die universiteit het gesê hy duld nie enige vorm van vooroordeel nie en sal seker maak die saak word spoedig afgehandel.

Die skermgrepe van die verskoning wat glo aangebied is na die uitlatings:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Elize ·

Wat van al die slagspreuke by Overvaal Skool – wat het van al daardie mense geword?

Denise ·

Dit raak nou regtig T veel hoekom so n bohaai maak oor so iets simpel ek is meer bekommerd oor die onskuldige mense wat elke dag vermoor, verkrag, beroof, en gruwelike aangerand word asseblief dit is ERG!!!!!

christa ·

Kleinlik verby. ‘n Geleerde man wat poog om ander mense ‘n geleerdheid te gee sit sonder werk agv kleinlikheid. Elke persoon se eie optrede wat maak dat mense jou beoordeel en veroordeel. Plaas dat mense daarop verbeter ruk hulle dit uit verband uit en baak ‘n bohaai daaroor

christa ·

Elize jy moet sjoes jy mag nie daarvan praat nie, dis reg so. Net so dankbaar dat in die hemel sal geregtigheid seevier en sekerlik sal die hemeldeur nie afgebreek kan word om toegang te kry nie.

Dubbel standaarde ·

Hoekom word sekere mense wat sogenaamde rasistiese uitsprake lewer onmiddelik geskors of gefire, maar sekere ander mense wat rasistiese uitsprake maak word eers ondersoek as met howe gedreig word of met die menseregte kommissie of eers as ‘n saak van menseregte skending aanhangig gemaak word? Rasisme is rasisme, hoekom word onderskeid getref tussen mense se velkleur of daar opgetree gaan word teen rasisme? Is dit nie rasisties nie?

In 2 geskeur ·

In die 1ste plek voel ek jammer vir die lektor. Hy het nou groot moeilikheid – so onnodig.
In dir 2de plek -kon die man nie vir homself dink nie! MENS MAAK NIE SULKE AANMERKINGS NIE! en die “jammer” daarna… almal weet hy sê net jammer omdat hy uitgevang is.
Jy kan DINK wat jy wil, maar jy kan nie SÊ of SKRYF wat jy wil nie. Mense moet n wag voor hul monde sit!

Janee ·

As jy as blanke nog nie weet dat jy geteiken gaan word oor sulke uitlatings dan is ek nogal verbaas.

Stephanie Coleman ·

Ai ! Wat van al hierdie ander heersende stakers/opstanders by skole en universiteite en al hul uitsprake en slagspreuke??? – Dis mos dubbel standaarde. Ek se nie wat hy geskryf het is reg nie, maar ai … regverdigheid ontbreek.

Andrel ·

Hierdie kleinlikheid moet nou gestaak word. Hoekom gaan niemand tekere oor Overvaal se betogers

Piet ·

Hy moet sy verskonings los want net soos met Adriaan Vlok kan jy agterna doen net wat jy wil, jy sal nie vergewe word nie. Dit was duidelik gedurende die waarheids en versoenings kommissie dat vergifnis net vir sommige bedoel is. Hoe moes hy nou in elk geval hulle gedrag beskryf het sonder om in die moeilikheid te kom?

Piet ·

Hoekom en deur wie is die name dood gekrap. Ek wonder wie is so bangjan.

Veritas ·

Hoe sê die spreekwoord nou weer ? O ja! ‘Dom mense moet swaarkry’. En dan moet hy nog ander mense leer. Dit sal maar swaar gaan.

Jacques Venter ·

Gelykberegtiging was nog nooit deel van die Suid Afrikaanse bestel nie.

Sarel Strydom ·

Betogers wat rassistiese uitlstings maak en eiendom beskadig word steeds op Kampus toegelaat. Dit is ons probleem geen leierskap met moed nie.

Pop ·

Die dinge wat ek dink kan ekself nie eers in woorde neerpen nie. Dis hoekom ek op geen groep of facebook of wat ookal is nie. Ons vererg ons almal die een of ander tyd en dan hardloop die vingers oor die toetse. Ek sou al op n “hit list”gewees het. Maroela red my van myself

dejager ·

Was daar enige verwysing na iemand se ras?Indien nie kan ek nie sien hoe hierdie rassisme kan wees nie.Waarskynlik was hierdie ń verwysing na gedrag.
Ons kan dit gedraggisme noem.
Is gedraggisme (vooroordeel teenoor groeperinge wat weens ń erg repiteerende gedrag getipeer word)onaanvaarbaar.
Dit lyk my ons het in Suid Afrika die staker tot ń heilige verhef.
St.Striker!
Hierdie Saint moet altyd met die fynste handskoentjies behandel word.Wee die arme mens wat net uitspreek wat vir almal duidelik sigbaar is.
Vreemdsnaakse land.

Anton ·

Die gevoeligheid oor rassisme is maar net n kruk vir n lae selfbeeld en n verskoning vir onderprestasie om sodoende punte te wen en te kry en weg te neem by ander waarvoor jy nie gewerk het nie. Dit is n put waarin mense gemaklik is tot sterwens. Dit is so oor die hele wereld behalwe uit die Ooste hoor mens nooit van rassisme nie. Hoekom? Want elkeen werk vir wat hy wil he. Dink nou net as die Mense van die Mooiste Taal net elke dag oor die Boereoorlog gekla en blameer het? Het dit so gebeur? Wel nee. En hel dit was alle -ismes van die ergste graad! As iemand my op my kleur noem, en dit gebeur baie byna elke dag is ek trots daarop. Ander mense lyk my voel sleg oor hulle skakering. Jy moenie vir n gestremde se hy is gestrem nie so lyk my dit is dieselfde met die populere rassisme van net die een kleur wat daaronder lei. Soos met gestremde mense kan ek sien dat vir sekere mense ook spesiaal voorsiening gemaak moet word want die probleem regeer hul lewe? Dit lyk my dit word van kleins af in die kop ingedruk dat onderpresteering die gevolg is van die R-woord.

dolphin ·

dis baie erg om so te sien maar mense sal nie verstaan wat die woorde nie daarom baklei dit en is misverstand.. eina

Adel ·

Ek het eergister ‘n skermskoot na die human rights gestuur war daar blatant teen my mense gediiskrimineer word – nou will hulle hê ek moet ‘n 9 bladsy vorm voltooi met al my person like inligting voordat enige iets gebeur – punt is ons moet mar stilbly

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.