Wits stel geslagskenner aan om verkragting te ondersoek

adam-habib-wits

Prof. Adam Habib van die Universiteit van die Witwatersrand (Argieffoto)

Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Saterdag bevestig Nomboniso Gasa is aangestel om te bepaal of daar enige tekortkominge was aan die kant van die universiteit se strukture en beamptes in hul reaksie op ʼn onlangse bewering van verkragting.

Gasa is ʼn navorser, analis en vryskutskrywer oor geslag, politiek en kulturele kwessies.

“Die klag van verkragting by Wits Junction-koshuis het die afgelope paar dae die nuus gehaal. Daar is baie bewerings en gerugte in die media en veral op sosiale media,” het Habib Saterdag gesê.

Daar word ook beweer dat die universiteit se strukture en bestuurders nie vinnig of sensitief genoeg reageer het op die klaagster se besware nie. Die universiteit het ʼn verklaring uitgereik waarin die studentegemeenskap in kennis gestel is dat die saak ondersoek word.

“Ek het Vrydag ʼn lang gesprek gehad met die klaagster en haar ma om meer inligting te bekom oor die voorval en hoe die universiteit se amptelike strukture reageer het op haar klag. Ek het spesifiek navraag gedoen oor haar ervaring van die kantoor van koshuislewe, studentesake en die geslagsgelykheidkantoor in reaksie op haar klag,” het Habib gesê.

“Sy het verduidelik dat sommige individue haar meer doeltreffend hanteer het, en alhoewel sommige persone baie hulpvaardig en sensitief was vir haar behoeftes, het almal nie dieselfde reageer op haar situasie nie. Dit dui daarop dat sekere persone nie ten volle voldoen het aan die betrokke prosesse en prosedures van die universiteit nie,” het hy bygevoeg.

Die student het bygevoeg sy is dankbaar vir die ondersteuning van studente, aktiviste en ander persone. “Sy voel veral dat ʼn gesprek oor kwessies wat met verkragting, seksuele teistering en geslagsgebaseerde skade in koshuise verband hou, dringend gevoer moet word by alle universiteite en in die samelewing in sy geheel. Sy is ook van mening dat die debat haar emosioneel uitgeput het, veral wanneer sake doelbewus verkeerdelik in die hoofstroommedia en op sosiale media verdraai word.”

Sy het bevestig dat sy voorbereid is vir die universiteit om die voorval, wat op 30 Oktober plaasgevind het, ten volle te ondersoek. Die ondersoek word onmiddellik van stapel gestuur en sal spoedig afgehandel word.

“Ek het me. Nomboniso Gasa aangestel om te bepaal of daar enige tekortkominge was aan die kant van die universiteit se strukture en beamptes in hul reaksie op die klag. Me. Gasa is welbekend vir haar werk in geslag, politiek en kultuur, en sy het ingestem om ʼn onafhanklike ondersoek te doen namens die universiteit,” het Habib bygevoeg.

Gasa moet onder andere ook aanbevelings maak om seker te maak dat die universiteit se strukture reaktief is en oor maatreëls wat nog nie in plek is nie. Sy sal binne die volgende 72 uur persoonlik ʼn verslag aan Habib beskikbaar maak.

“Ek versoek dat alle studente en personeellede met me. Gasa saamwerk wat betref hierdie ondersoek en om hulself beskikbaar te maak en enige inligting te verskaf wat sy moontlik vereis. Die personeel en studente word daaraan herinner om nie enige poging aan te wend om die betrokke partye in hierdie stadium te kontak nie, om hul privaatheid te respekteer.”

Habib het onderneem om die inligting van die verslag bekend te maak sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jan ·

Die universiteit het nie saam met die transformering en wat daarmee saamgaan beweeg nie, die vereistes wat dit sou stel, het of kon hulle nie voorsien nie. Dit is soos iemand wat die buitenste ruimte aandurf sonder ‘n oorpak. Dalk het hulle ‘n valskerm gehad vir gebeurlikhede, maar dit sou beswaarlik daar buite gehelp het.

Aanbeveling ·

Ek beveel aan dat ‘n regter ook aangestel word om die saak te ondersoek. Daar is regter(s) wat nogal iets weet van hierdie sake. . . .

Sannie ·

Jy kan dink wat jy wil maar jy kan nie se wat jy wil nie. Die waarheid sal weer met mooi woorde verdraai word. Onthou nog van regter Mabel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.