Wits student glo deur voormalige kêrel vermoor

Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Wits)

ʼn Student aan die Universiteit van die Witwatersrand is verlede week ten aanskoue van ander studente na bewering deur haar voormalige kêrel vermoor. Hy het daarna probeer selfmoord pleeg.

Luidens ʼn verklaring deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Viwe Rulumeni (22) Woensdag vir ʼn tweede keer in die hof verskyn op aanklag van die moord op Asithandile Zozo. Hy het aansoek om borgtog laat vaar.

Daar word beweer dat hy Zozo op 17 Augustus ten aanskoue van ʼn groep mense aangerand, gewurg en met ʼn skerp voorwerp gesteek het. Hy het daarna probeer selfmoord pleeg deur ʼn plaagdoder te drink.

Luidens die NVG se verklaring het Rulumeni se prokureur die hof Woensdag ingelig dat sy kliënt nie meer vir borgtog wil aansoek doen nie en die saak is tot 6 Oktober uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.