Wits-student vas vir verkragting

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Student aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van ʼn medestudent, het die Johannesburgse polisie Donderdag gesê.

“Die Johannesburg Sentraal-polisie het op 24 September ʼn 30-jarige man by Wits in hegtenis geneem op aanklag van verkragting,” het Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Daar word beweer dat die verdagte ʼn 22-jarige vrou op 21 September by Phumlani Garden in Newtown verkrag het.” Volgens Mbele het die vrou in die man se bed wakker geword en gesien daar lê kondome op die vloer. Hulle het glo vroeër die aand saam gekuier by Gandhi-plein.

“Die man het sonder haar toestemming met haar seks gehad en sy het ʼn saak van verkragting aanhangig gemaak.” Mbele het gesê die man sal binnekort in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Faans ·

Aag jitte! As jy by sulke plekke kuier, moet jy mos maar die gevolge dra?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.