“Die Johannesburg Sentraal-polisie het op 24 September ʼn 30-jarige man by Wits in hegtenis geneem op aanklag van verkragting,” het Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê.
“Daar word beweer dat die verdagte ʼn 22-jarige vrou op 21 September by Phumlani Garden in Newtown verkrag het.” Volgens Mbele het die vrou in die man se bed wakker geword en gesien daar lê kondome op die vloer. Hulle het glo vroeër die aand saam gekuier by Gandhi-plein.
“Die man het sonder haar toestemming met haar seks gehad en sy het ʼn saak van verkragting aanhangig gemaak.” Mbele het gesê die man sal binnekort in die Johannesburg-landdroshof verskyn.
Hoe bewys die man sy onskuld? Hoe! Besope?? Skud my kop maar.
Aag jitte! As jy by sulke plekke kuier, moet jy mos maar die gevolge dra?