Wits-studente gaan op eetstaking

Betogende studente by Wits. (Foto: Bhekikhaya Mabaso/ANA)

Studente aan die Universiteit van die Witwatersrand het vandeesweek met ʼn hongerstaking begin nadat die universiteit aangekondig het dat diegene met uitstaande klasgeld nie vir hul studiejaar kan registreer nie.

Studente dreig nou om groot ontwrigting te veroorsaak.

“Ons eis dat diegene wat R100 000 of minder skuld onmiddellik geregistreer word. Ons gee die universiteit tyd tot die einde van hierdie week om aandag te gee aan die saak of alles kom tot ʼn stilstand,” sê Sisanda Mbolekwa, president van die studenteraad (SR).

Andrew Crouch, adjunkhoof van Wits, het intussen gesê die universiteit doen sy bes om studente by te staan hoewel die universiteit in ’n finansiële krisis sal beland indien hy toelaat dat studente met skuld van R100 000 of minder registreer sonder om dié skuld te vereffen.

Sowat 40 veiligheidsbeamptes monitor die situasie waar studente by Solomon Mahlangu-huis op kampus staak. (Foto: Bhekikhaya Mabaso/ANA)

Volgens Mbolekwa het die hongerstaking tot dusver vreedsaam verloop en studente is dus verbaas dat die universiteit se bestuur die hulp van gewapende veiligheidswagte ingeroep het. Dit volg nadat die universiteit veiligheid op die kampus opgeskerp het te midde van die hongerstaking.

Die FeesMustFall-aktivis Mcebo Dlamini het Wits vandeesweek besoek om die SR en stakende studente te ondersteun. Dlamini het tydens sy besoek die universiteitsbestuur gevra om die veiligheidswagte weg te jaag.

Wits-studente het in die verlede ook aan ’n hongerstaking deelgeneem weens ontevredenheid oor hul studieskuld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Magda ·

Niks in die wereld is verniet nie – Daar is bitter baie mense wat graag wou studeer wat al bejaardes is (ek is een) maar kon dit net nooit bekostig nie – Gratis skool of Universiteite was daar nie in my jong dae nie. As jy wil leer kry n studente lening of werk as waiter of iets om vd skuld te betaal – NIKS IS VERNIET NIE – DIT IS ONS JEUG SE PROBLEEM – As jy verniet wil leer dan moet jy ookVIR VERNIET GAAN WERK – Hoe wil jy geld verdien as jy nie eers vir jou studies betaal het nie – VERNIET VIR VERNET – GET A LIFE MENSE – NIKS IS VERNIET NIE.

Santjie ·

Nou ja toe…. dan maar honger bly. Magtag, julle is veronderstel om nou die slimmes te wees want julle is op universiteit! Hoe dink julle nou? Duisende ander het betaal, en ook gesukkel om te betaal, vir waar hulle in die lewe wou kom. Waar dink julle kom die geld ook vandaan om die lektore wat vir julle klas gee, mee te betaal. Gaan doen ‘n ekstra werk en help eerder jou arme ouers om vir jou opleiding te betaal.

Alet ·

Dis nie altyd net slimmes op universiteit nie. Daar word ook kwotas toegepas.

henndrik ·

Ek is bly hulle brand en breek ten minste nie maar dit is ‘n belaglike rede

Peetjie ·

Wag maar as hulle nie hulle sin kry nie is dit die volgende plan..

Peetjie ·

Wag maar as hulle nie hulle sin kry nie is dit die volgende plan

Jaco ·

As hulle n ruk sonder kos bly sal hulle sekerlik geld he vir studie boeke of iets. Ek voel regtig nie jammer vir hulle. Die realiteit is hulle bring die gedrag deur na hulle werkplek na die studies. Die gedrag van alles is n reg en niks is n voorreg nie. Ons soek en ons soek maar ons gee niks

Jolene ·

Hulle gaan maak dat die universiteit toe maak wees te veel skuld. Waar gaan hulle dan studeer? Dan word die eetstaking n lewenswyse want hulle gaan nie werk kan kry nie.

Vriendelike Frikkie ·

Lyk my daar is ‘n paar wat eerder van hoë ouderdom sal omkom eerder as honger.

Toe ek gestudeer het moes ek uitspring en iets ekstra verdien om te oorleef. Ons het in die laatnag net voor die kafees gesluit het hulle kosbakke se oorskiet gaan koop vir ‘n paar sente om te oorleef. Ons het dit gemaak en vandag weet ons dat niks wat die moeite werd is kom verniet nie.

Peetjie ·

Die aktivis Mcebu Dlamini, is dit nie die selfde persoon wat nou uit die tjoekie gekom het vir sy vorige aandeel in universiteit ontwrigting nie….

Jakes ·

Elke jaar betoog Wits studente oor een of ander belaglike rede. Statistieke toon dat slegs 50% van studente hul grade voltooi. Intussen studeer meeste van hulle sonder om enige gelde te betaal en word hulle gesubsideer deur Zuma se geskenk aan hulle dat die staat hul studies se koste sal dra. Dit begin vreedsaam maar sodra hulle nie hul sin kry nie, dan bars chaos los. Hou maar hierdie spasie dop.

KAIROS ·

Hulle verneuk in hulle eksamens, hulle gaan hier ook verneuk. lol

Daisy ·

Laat hulle van honger omkom. Niks in die lewe is verniet nie. Wat as die dosente staak? Dan sal daar groot bohaai wees. Die dosente werk nie verniet nie, die skoonmakers werk nie verniet nie, krag is nie verniet nie en onderhoud aan geboue ook nie. Wie moet daarvoor betaal as die studente alles verniet wil he.

Stefan ·

Als verniet, als van belastinggeld, maar as hy/sy eeeeendag klaar geswot het en ‘n goedbetaalde BEE job het kerm hulle weer hoekom hulle soveel belasting moet betaal

Marie ·

Daar is sekere goed wat ek ook in die lewe WIL hê, maar ek moet hard daarvoor werk. Verdomp ek raak sommer kwaad as ek die goed lees. En dan volgende as hulle dit nie kry nie, begin hulle af te brand.

Anoniem ·

Maak die deure toe weier volstrek al brand hulle alles af want hulle wil net he en he en he en ek weet wat om hulle te gee.

vetpret ·

So okay. Hulle verwag A+ onderrig maar wil nie regtig daarvoor betaal nie? Waar moet die gelde vandaan kom om die lektore te betaal? Of die geboue te onderhou? En natuurlik krag en water te betaal? Hoe dink die studente??? As dit die intelligensie is van die toekomstige graad houers, dan moet ons bekommerd raak oor die toekoms van die land. Want as die toekomstige drs, prokerowers, onderwysers en talle ander beroepsmense nie eens 1 en 1 bymekaar kan sit nie gaan daar groot probleme wees. Of gaan diegene wat gratis onderrig kry,hulle beroep ook dan sonder enige betaling doen???

Louis ·

Hoe lyk die persone wat nou staak se akademiese en skoolonderrig in alle fasette. As hierdie baie belangrike inligting ontbreek is sinvolle debat baie moeilik. Daar is genoeg maatskappye wat presterende jongmanse sal help, veral in studierigtings wat die land se ekonomie kan regruk. My waarneming is dat daar net te veel studente op kampusse is wat gebrekkige of geen sinvolle BEROEPSLEIDING op skool ontvang het om deurdagte vak en beroepskeuses te maak nie.

Bring BEKOSTIGBARE, GESPESIALISEERDE en WETENSKAPLIKE metodes vir beroepsonderrig terug in skole al moet onderwyser, as deel van hulle eie opleiding, geleer word om hierdie aspek in skole te hanteer. Leerlinge MOET bygestaan word in die proses van verantwoordbare vak en beroepskeuses. Enige mense moet tog eers WEET wat hy/sy WIL OF KAN word, voordat SINVOLLE VAK en BEROEPSKEUSES gemaak kan word. Hierdie proses BEHOORT reeds intensief op Laerskoolvlak (bv. Gr.6) te begin, soos enige ander vak.

Fanie ·

Dood dan maar van die honger. Kry die ANC of EFF om vir julle studies te betaal, hulle belowe mos gratis onderwys op alle vlakke. Ons moes vir ons eie studies betaal, niks in die lewe is ongelukkig verniet nie. Hierdie “right of entitlement” mentaliteit moet êrens einde kry. Raak sommer van die SR ook ontslae want hulle is meestal politieke plasings wat nie ‘n duit omgee vir hulle medestudente of die varsities nie (lees sommer die vakbondunies ook in) en is ‘n groot deel van die huidige swak ekonomie.

J P ·

Gee hulle minder media blootstelling, dit sal die eetstaking gou opklaar.

Astrain ·

Kan ek ma join ~ wil bierjie gewig verloor na Krismis!!! ????????????

Carel ·

Net weer n verskoning om nie te studeer nie, dan kan hulle later weer staak omdat 30 % slaagsyfer te hoog is

Chivago ·

Hierdie “gratis” tersiêre onderrig is ‘n euwel. Ek sê maak basiese onderrig gratis want dit is ‘n reg, verdere studies is ‘n voorreg.

Moedeloos ·

Laat hul dan hongely. En indien jy die swot nie wat soek hy op die kampus. Verwyder hul summier.

Lorette ·

Duidelik wil hul nie leer nie. Net ons “Tax” geld mors

Alet ·

En ons lees van so baie studente wat graag wil gaan studeer maar die universiteit het nie vir hulle “plek” nie al is hulle matriek uitslae in baie gevalle beter as van die studente wat wel “plek” gekry het. En dan kom hulle met dit uit!?!?! Daar is ander wat graag jou plek sal wil inneem en met graagte daarvoor sal betaal. Die entitlement mentailiteit het reeds SA se ondergang bewerkstellig en nie almal sien dit raak nie.

Sage ·

Solank hulle rustig daar rondle sal ek my nie te veel oor hulle bekommer nie. Die gekrummelde hoender kitskos besighede gaan in elk geval hierdie magstryd wen. Net ‘n kwessie van tyd.

Namib ·

Dan moet hulle maar krepeer van die honger. Ek was nooit op universiteit nie bloot omdat my ouers dit nie kon bekostig het nie. Vandag is ek in ‘n Senior Bestuurspos danksy harde werk en toewyding.

RyanSA ·

‘n eetstaking.. Fantasties..Los hulle, dan sal hulle later nie krag hê om goed af te breek en verbrand nie.. Eetstaking….ha

Berdéhan ·

Dit maak sin – waarom vir ñ kwalifikasie betaal wat substandaard is.
*Toelatingsvereistes word verlaag
* kursusinhoud sal noodwendig aangepas word
* kwalifikasies word toegeken anders is daar amok.
* werksgeleenthede na studie berus nie op meriete nie.
Let the circus continue.
Sneeubaleffek – wat anders…

Gooster ·

Laat hulle maar honger ly. Spaar julle kos geldjies vir boeke en studiegeld. Niks is verniet in die lewe nie. Kry dan julle eie mense om verniet vir julle ‘n universiteit te bou waar julle verniet kan klas gaan. Want dit gaan in elk geval alles verniet wees

Gordyn ·

Hier is n foutjie. Die storie het 12 maande terug gebeur. Kan julle asseblief opvolg Maroela?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.