Wits swig dalk onder druk

Studentebetogings op die Wits-kampus (September 2016). Foto:@WitsSRC/Twitter

Studentebetogings op die Wits-kampus (September 2016). Foto:@WitsSRC/Twitter

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Maandag gesê akademiese bedrywighede kan gekanselleer word indien die betogings voortduur.

“Ons kyk na wat vandag gebeur het. Talle personeellede is geïntimideer en gedreig en aangesê om hul kantore en die geboue te verlaat,” het Sherona Patel, woordvoerder van die universiteit, gesê. “Die bestuur besluit tans of akademiese bedrywighede more voortgaan.”

Betogende studente het Maandag gesê akademiese bedrywighede by die universiteit sal nie voortgaan totdat aan hul eis vir gratis onderrig voldoen word nie. Volgens Patel het die universiteit se bestuur oor die naweek met studenteverteenwoordigers vergader en ingestem dat Wits hul eis vir gratis onderrig ondersteun.

Intussen sal veiligheid Dinsdag opgeskerp word by Wits indien akademiese bedrywighede voortgaan. “Indien ons hierdie week verloor, sal die akademiese program in gedrang wees. Indien ons sluit, beteken dit die akademiese program vir 2016 sal nie voltooi kan word nie. 37 000 lewens is op die spel en sommige studente sal nie kan gradueer nie,” het Patel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

popeye ·

“Dalk” is ‘n baie vae hoop op aannames….Vader wees ons genadig.

Alida ·

Roep vir Zuma hy het in sy onkunde beloftes gemaak nou haal dit hom in.

Milan ·

Die einde van wat eens ‘n dinamiese land was. Australië, Nieu-Seeland, Kanada en kie slaan weer munt uit die toevlug van ons akademici. Viva ANC, Viva.

Lance ·

Dalk maar beter so want dit is maar gevaarlik…dankie zuma net nogiets wat jy opgemors het

Johann Marx ·

As dit my universiteit was het ek hom toegesluit……en die sleutel weggegooi. Die nuwe Suid Afrika se sogenaamde reënboog-nasie: From UCT to Under a Tree……Bou Akademia sodat die Afrikaanssprekende blanke studente kan inskryf, hard werk, graad kry, en aan ‘n toekoms begin bou….waar die sertifikaat in jou hand iets beteken. Met “gratis” gaan ons binne 10 jaar 25 miljoen dokters in die land hê….maar elkeen gaan net een pasiënt hê. Of 55 miljoen Ingenieurs…en niemand om ‘n graaf op te tel nie.

popeye ·

Johann, ek stik aan my koffie, 55 miljoen ingenieurs!!! Wel gesê… I is a shovel engineer and he is a wire pulling engineer… so Ok… spel dit reg op jou CV….

Sarie ·

Die spreekwoord lui: “Gee vir iemand jou pinkie & hy vat jou hèle hand”. In diè geval kry ons diè gemors, van àl die toegee!!!

Rapes ·

As my kinders nog sou studeer het sou ek die universiteit aangekla het en die jaar se koste teruggeeis het.

Jan ·

Gee aan elkeen wat hy graag wil he. n Diploma / sertifikaat of wat ook al. Laat die beswaardes in lang toue staan en hulle kwalifikasies ontvang. Gratis en verniet. Dan kry hy die waarde vvan doe pampier waarop dit staan. Hy wil nie daarvoor leer nie, hy wil daarsvoor jol en paryhou. Gee aan die wat wil he. Moet hulle noe afwys nie. Sy gtatis toekenning gaan voir hom werelde opmaak. Werel van verstandleoosheod. Pns sal neslid kan ioken. Die met die 0…

Chrisjan ·

Die polisie aanvaar te veel nonsense. Sluit die betogers wat eerste klip gooi toe en gooi die sleutel weg. Julle tree hopeloos te sag op met hulle. Hulle sal twee keer dink.

jaco ·

in die apartheidsjare was daar op die Wits-kampus gedurig optogte teen apartheid en met plakkate waarin die ontbanning van die ANC gevra is. Nou word daar by dieselfde Wits teen dieselfde ANC betoog. Wat het dan verkeerd geloop? Daar was dan liberation before education. Waarom loop die education after liberation dan nou skeef?

Johann ·

Jani, ek stem, die universiteite verdien elke greintjie skade en ontwrigting wat die oproermakers ten kos te van die by verre meerderheid wat wil studeer, na hulle toe kan gooi. Hulle het die regdenkende studente versaak en ook die land se ekonomie. Ek sal nie omgee as dit als tot ‘n punt gedryf word nie. Ek sien elders Habib beskuldig die studente, na hy dit in sy gesprekke met van hulle gehoor het, dat hulle hul eie Marikana soek, dus mense moet vir die saak sterf.

Nou, kom Habib, dit is in jou hande om dit te stop, bel al die ander universiteite se visie kanselliers en dan neem julle ‘n wilsbesluit om die chaos te stop. Bring die veiligheidsdienste, polisie en weermag in met ondersteuning.

Raymond Bastone ·

Tyd dat die polisie respek afdwing op die studente kinders word gesien nie gehoor nie.

Lance ·

Met al die mense regte in plek lyk my word die wat betaal en wil studeer deur n oproerige minderheid wat nie wil studeer uitgelok en benadeel en niemand doen is nie …dis nou die nuwe SA …die meerderheid wat wil word onderdruk deur n minderheid van boewe en skelms met meer regte as die eerlike meerderheid het en almal kyk hoe dinge ten gronde gaan .. hoe kom mens uit so iets wonder ek

Maria van Dieweeck ·

Papbroeke! Habib, Wim wat nie slim is nie, eintlik almal wat unis lei. Julle het saam met jul anc kaders hierdie afskuwelike gemors veroorsaak. Geen visie, geen moed, geen idee wat de duiwel om te doen nie. ‘ Akademiese’ kluite, wat net skep. Kry vir julle. Elke student wat wou skryf en nie kon, moet hulle hof toe sleep.

Inez ·

Yep, ons universtiteits grade gaan net soos ons “Matriek” uitslae, ‘n internasionale grap wees. Die meeste van die lotte wat so oproer maak, (dit is nou as hulle regtig studente is en Matriek en universiteitstoelating het), sou in elk geval hul jaar gepluk het, en nou trek hulle die aandag so af. Wat IS die universteite se slaagsyfers? 3 of 4 uit ‘n groep van 40 wat die kursus klaarmaak? Is daar iemand wat hierdie vraag kan antwoord?

Johan ·

EFF soek gratis onderwys sodat mense na Suid Afrika toe stroom. Dit gaan oor nommers en dis die manier om die gouste getalle te kry. Sodra hulle die getalle het kom vat hulle jou plaas, huis ens.

Stephen ·

Nou het die studente rede om nie te eksamen te skryf nie want 80% het alreeds gedruip en nie toelating verkry nie . Sluit die univeriteite en gee hul elkeen “n graad .”n rol Toiletpapier sal meer werd wees . Privatiseer die universiteite

.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.