Wits veroordeel haatspraak en rassisme teen studente

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die bestuur van die Universiteit van die Witwatersrand het Woensdag vermeende haatspraak en rassisme, wat die ronde doen op sosiale media, veroordeel.

“Die uitlatings deur die persoon is afskuwelik en ons sal alle klagtes in die verband ondersoek,” het senior uitvoerende beamptes van die universiteit in ʼn verklaring gesê.

ʼn Klankgreep word op sosiale media rondgestuur waar geweld teen wit studente aangehits word. Die persoon sê ʼn wit student moet eers sterf voor die #FeesMustFall-betoging ernstig opgeneem sal word.

“Moet asseblief nie meer hierdie klankgreep rondstuur nie. Die inligting is aan veiligheidsheidsbeamptes, regspanne en die polisie oorhandig en dit word ondersoek,” het die universiteit bygevoeg.

ʼn Groep studente het Woensdag saamgedrom tydens ʼn stille betoging ter ondersteuning dat die universiteit weer sy deure moet oopmaak. Die groep is as “wit bevoordeeldes” beskryf.

Die betogings, wat moontlik daartoe kan lei dat die universiteit sy deure moet sluit vir die res van die akademiese jaar, het meer as twee weke gelede begin nadat Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, aangekondig het dat studentegelde in 2017 met ʼn maksimum van 8% sal verhoog.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Karen van Zyl ·

Ek stem heeltemal saam, laat “wit” vir “wittes” verantwoordelik wees en “swart” vir “swart”! as daar belasting betaal moet word. Ek is moeg dat soveel belasting van my hard verdiende geld na niks gaan.

PMB ·

Dit is net in Suid Afrika waar die wit man en vrou skuld moet dra vir alles!!!! Hierdie gemors is deur Zuma en sy trawante begin om stemme te werf. Hulle moet pa staan vir al die gemors. Hierdie is nie studente nie dit is kriminele!!!!

GES ·

Die verskil tussen ‘gratis’ en ‘verniet’ kan as volg verduidelik word: Vir sommige studente wat gratis opleiding eis sal dit alles verniet wees.

Sputnik ·

Goed gesê, GES. Al kry hulle dit gratis, sal dit vir baie puur verniet wees – ‘n totale vermorsing! As ek dink hoe ek feitlik geen klas misgeloop het nie!

Jakobus ·

Baie dankie Wits, ons waardeer dit baie, baie, opreg. Maar, kom vertel ons nou eerder in watter jaar dink julle julle sal die wil hê om die revolusie stop te laat sit dat daar met die klasse voortgegaan kan word?

Sal dit nie die beste wees as julle die universiteit in totaliteit toemaak nie? Vir altyd? Stel ‘n voorbeeld, maar is dit nie wat die revolusionêr wil hê nie?

Piet Pompies ·

Die gebrek aan versoening in Suid Afrika kan op die skouers van die ANC geplaas word. Die instansie het nog altyd sy tekorte en self verryking en verantwoordelikheid om wet en order toe te pas weg gesteek deur to fokus op rassisme.

callie ·

Raak ons ou nasie nou totaal slapgat, net soos die regering en universiteit bestuur. Vra weer hoekom staan die meerderheid wat wil klas loop nie saam en loop bo oor die gepeupel nie. Een student. wit, staan op en word rondgestamp. al die ander staan eenkant. Magtig glo my met die ou garde wat in die weermag was , daar sou baie seergekry het maar dit sou daar gestop het

Verstaan niemand dat dit nie sal stop nie. Hierdie is politiek en die wat nog altyd maklik beinvloedbaar is word gebruik om doelwitte te behaal. Met die ruggraatloos heid van die regering gaan hulle wegkom met miljoene se skade. Hoekom moet ek verder belasting betaal

Jean ·

Ag daar sal niks gebeur nie, NIKS word aan swart op wit rassisme gedoen nie. Wys my asb waar is stappe al ooit teen so ‘n persoon geneem? ‘n Wit persoon word vervolg en geprosecute en oral geskors en tot by die grondwetlike hof gevat indien hy sou waag om net die k woord te sê of sy gesig PERS te verf terwyl swart SR lede wat ALLE WITMENSE met bazoekas wil doodskiet niks oorkom nie .. hy is slegs van die raad geskors eers NADAT Afriforum daarop aangedring het. Hy studeer steeds .. so wys my asb wat se stappe word geneem? Vreemd dat die aksie teen die REGERING is wat hulle free education belowe het maar dat hulle nou WITTES wil vermoor om die saak op te los ..VERDUIDELIK asb vir my hoe die moord van ‘n wit kind vir jou FREE EDUCATION gaan gee? Jy is nie OPLEIBAAR as dit vir jou sin maak nie,so los maar die “free education” ook. Die universiteit kan NIKS doen teen die klipgooiery en brande nie, hoe sal hulle nou iets aan ‘n voice clip kan doen? Dis ‘n grap.

Annie ·

Ek lees nie altyd hierdie berigte klaar nie. Maar wat ek deur jare geleer het is om te praat en niks te doen nie help nie n ptobleem oplos nie. Dit is die probleem met ons regering en alle Universiteite. Praat maar daar word regtig niks aan die probleme gedoen nie. Regstappe teen die wat betoog sal nie regtig help nie. Hulle moet ongelukkig eers seer kry voor hulle sal leer. Maar ons ou regering en zuma is te sleg om iets te doen…. Hulle maak liewer die probleem groter as om oplossings te vind. Oplossing: niks in hierdie lewe is verniet nie. As jy betoog word jy verwyder en geskors! Maar nou ja…. alles sal liewer tot niet gaan….

Mad ·

Studente wil nie leer, wil nie dat Suid Arika groei nie so stuur die stutente wat Suid Afrika miljoene rande skuld en tot niet laat gaan WEERMAG toe dan kan hulle 24 uur wag staan om die grensopste te kontroleer en in die Kruger Wiltuin die miskien Renosters beskerm.

Paris ·

Ek volg die berigte en skuld net my kop. Daar is n gesegde in engels wat so waar is in die geval: ‘there ain’t no cure for stupidity’. Ek wonder nou net as hulle wel kry wat hulle wil he, en graad kry en gaan werk, hoe lank gaan dit wees voor hulle gaan opruk vir #taxmustfall.

Rosemary ·

Om te sê iets sal daaraan gedoen word, en dat enigeiemand gedoen word is twee verskillende dinge. Een universiteit het die studente wat nie hulle “res” betaal het nie, 30 dae gegee om hul kamers te vacate. Nou, ek wil die volgende weet – 1. hoekom kan almal dit nie doen nie, 2. Hoekom kan studente wat nie hulle fooie betaal nie, uit die universiteit geskors word nie, en nie weer toegelaat word nie, en 3. Hoekom kan daar nie gereel word dat dié studente wat wil leer en hul eksamen wil skryf, dit in n “undisclosed venue” skryf. Die wat nie daar is nie, dop en word ook uitgeskop. Dis absolutely BS dat hulle met als wegkom en die universiteit kokkedore te vrek bang is om op te tree, of hulle is kop in een mus met die klompie oproerige vernielsugtige klein nikswerds ! Tyd dat dié rectors ens n paar groei!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.