#WitsMustFall: Skep van wit teikens is roekeloos en kinderagtig

#WitsMustFall-veldtog

#WitsMustFall-veldtog

Die VF Plus het Woensdag gesê die eise van studente van die Witwatersrand dat ʼn wit manlike of vroulike student sal moet sterf om die erns van hul saak te onderstreep, is roekeloos.

“Dit is tekenend van jongmense wat op dramatiese wyse uiters gevaarlike vloermoere gooi om die aandag van volwassenes te trek,” het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, gesê.

Alberts het verduidelik dit is soos iemand wat wil selfmoord pleeg om aandag te trek, sonder om dit werklik te wil doen en sonder om werklik die erns en omvang van die daad te besef.

“Die woede van die betrokke Wits-studente is ongelukkig besig om ʼn ernstige eksterne vorm van wit haat aan te neem. Dit moet onmiddellik deur die universiteit se owerheid verdoem word en die polisie moet hiervan kennis neem in hulle polisiëringfunksie op die Wits-kampus,” het hy bygevoeg.

Die party sal glo ook ondersoek instel na wie die gewraakte stelling geuiter het en dit by die polisie aanmeld vir verdere ondersoek.

“Die studente rig boonop hulle saak tot die verkeerde adres, aangesien hulle na die regering en ANC moet kyk om die probleem van studiegeld op te los. Hierdie adres is dié van president Jacob Zuma, minister [van hoër onderwys] Blade Nzimande en die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe. Hulle moet antwoord op die valse beloftes wat gemaak is rakende gratis onderrig.

“Die fiskus het sedert 1994 ʼn enorme hoeveelheid inkomste gegenereer weens die doeltreffende werking van die inkomstediens (SAID). Baie van daardie fondse het egter verdwyn weens ʼn ongekende omvang van korrupsie, en verspilde en vrugtelose uitgawes.

“Dit is duidelik waar die fout lê. Die wyse waarop Nzimande sy hande in onskuld was en die kwessie na die onderskeie universiteite verwys, is tekenend van ʼn regering wat geen verantwoordelikheid vir sy eie valse beloftes kan neem nie,” het Alberts gesê.

Volgens hom het Nzimande in ʼn geskrewe antwoord aan die VF Plus aangedui dat die verslag van die ministeriële werkgroep oor gratis hoër onderwys bevind het dat ʼn gratis hoër onderwysmodel vir arm studente moontlik is as dit geskoei word op die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) se kostedelings en -verhalingsmodel.

“Daar sal egter steeds meer fondse vir die skema bewillig moet word. Indien die studente dus hul aksies tot die regering rig en suksesvol druk uitoefen tot die bekamping van korrupsie, sal van die groot hoeveelheid fondse wat behou word vrygestel kan word om die skema te befonds,” het Alberts bygevoeg.

“Daar is dus antwoorde vir die huidige dilemma, maar dan moet die studente hul aggressie van ras af weghou en dit rig op die regering deur middel van wettige en misdaadvrye massa-aksie weg van die kampusse sodat studente wat wil studeer, vreedsaam daarmee kan voortgaan.

“Een van die voorvereistes van die verlening van hulp deur middel van die skema moet wees dat enige finansiële hulp aan ʼn arm student gestaak moet word indien enige sodanige student ʼn jaar sou druip sonder enige geldige redes, soos siekte ens.

“Op hierdie wyse word fondse nie gemors op studente wat nie self hul kant bring nie. Studente wat gradueer en werk kry, moet verplig word om, afhangende van hulle inkomste, ʼn gedeelte of die volle bedrag van hul studiegeld terug te betaal sodat daar ook eksterne inkomste vir die skema gegenereer word.

“Daar is moontlike oplossings vir die probleem, maar dan moet die studente fokus op die werklike oorsaak van hul dilemma,” het Alberts bygevoeg.

Hiermee die omstrede klankgreep:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jakes ·

Die uitspraak as sulks wys die intensie tot die misdaad! Iemand wakker en die betrokke lid al opgesluit? Aanhitsing is ook vervolgbaar. Iemand sal daadwerklik stabiliteit bewerkstellig, en die antwoord is nie gratis opleiding. Die land in ‘n noodtoestand/ onluste situasie en die keiser kaal..en stom.

Sê maar net ·

Sies vir julle……en dis ons land se toekoms? Dokters? Prokureurs? Onderwysers? Wat so te kere gaan? Hulle soek gratis opleiding, hulle gedra hulle soos kriminele, sluit hulle toe, as hulle in die tronk is kan hulle gratis leer, en as hulle uitkom is hulle wat hulle wil wees…..

Andre ·

Nou moet die wit mense die prys betaal…
Hoop die persoon/persone gaan ook ‘n vet boete betaal en in die publiek verskoning vra vir so ‘n rasistiese uitlating.

Sê net ·

zuma sélf is verantwoordelik vir hierdie anargie met sy toekelose hastspraak en aanhutsing tot geweld teen blankes. Hý verkondig valslik dat blankes als gesteel het en alle blankes daarvoor moet betaal. Noudat die verkiesing nie volgens anc se plan verloop het nie sit hulle hande gevou en doen níks aan die geweld wat regstreeks deur hul uitsprake en leë belofres veroorsaak is nie. Nou word daar vsn die belastingbetaler en privaat sake sektir verwag om hùl gemors reg te maak terwyl zuma en kie hul sakje tot barstens toe gevul het met velastingbetalers se geld deur korrupsie en tenderpreneurskap. Daar word verwag dat die blankes moet swyg en aanvaar dat hulle met die dood gedreig word. Patetiese klomp kriminele! Sou ‘n blanke persoon hom/haarself verdedig sal die radkaart weer geswaai word.

J ·

Eers Rhode mustfall en dan Afrikaans mustfall en dan feesmustfall en nou whites must fall what next Degrees must fall???? Die klomp is nie lus vir swot nie. Wat van wittes se belasting mustfall!!!!!!

Danie ·

Hierdie vandalistiese optrede van sekere studente maak my baie negatief en bang in RSA se toekoms. Die optredes affekteer my as student op so n wyse dat dit moeilik is met eksamen voorbereiding veral as jy hoor van die dreigende aksies van moontlike doodmaak van sekere studente net om n punt te maak………

GES ·

Zuma is seker nou baie trots op wat sy roekelose haatspraak veroorsaak het. Soos die leuens oor gratis universiteitopleiding aanvanklik gebruik is om kiesers te bedrieg gaan dit die ANC se ondergang wees.

Suzie ·

Gooi hulle in die tronk dan kry hulle mos gratis opleiding.

Jean ·

Waar is die buiteland nou ? Waar is die regering nou met sy anti-rassisme veldtogte? Waar is die Universiteit se bestuur nou? Nou dat swartes die MOORD van WIT studente aanblaas en promoveer, nou is daar doodste stilte? Hoe maak jy nou ‘n WIT student dood (vreeslik professioneel en edel – of is dit krimineel) as jou aksie teen die REGERING is wat nie wil gratis onderrig verskaf soos hulle belowe het nie. Ek wonder regtig wat sou gebeur het as ‘n WIT persoon daardie plakkaat geskryf het oor ‘n SWART student wat moet doodgemaak word? O ek het vergeet, hulle is nog almal besig om dieAFRO by die skole te ondersoek, nog nie tyd gehad om die dreigemente teen wit studente op te volg nie.

Jen ·

Jean ek stem saam jou. Hul optrede is onwettig val tot die polisie beamptes aan. Smyt die spul kriminele in die tronk en dan kan hul gratis studeer. Hier sit baie beslis meer agter die stakings as wat ons dink. En daar word nie regtig iets daaraan gedoen nie. Ek sien in ‘n vorige berig dat hul opsoek is na die mense wat verantwoordelik is vir daai haatspraak en aanhitsing….newsflash…hkm is daar nog nooit gehoor van die rassiste wat op sosiale media gese het hoe hul ons gaan vermoor nie en en en….hul moes al lankal aangekla en voor die hof gewees het…..sorry het vergeet dit geld net vir blankes wat rassistiese uitsprake maak. Soos in Penny se geval. So niemand gaan aangekla word vir daai rassistiese opmerking dat ‘n blanke student eers vermoor moet word nie. Dis nou kamstige geleerdes wat so optree….breinloos as jy my vra. Gaan sit by die huis dan doen jy iets goeds.

Jan maak n plan ·

As dit nou wit studente was wat gesê het dat swart studente vermoor moet word dan was die hel nou weer los. Ek dink as daar een wit student deur die veldtog beseer of gedood word moet dit gesien word as n oorlogs verklaring. Sou n mens dan verkeerd wees om so n stand punt in te neem. Hoekom hoor n mens nou niks van die.MRK, die regering en selfs die buiteland nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.