Wittebrood-nagmerrie: ‘Hy kom huis toe’

Francois en Monique Palm. Foto: Facebook.

Francois en Monique Palm. Foto: Facebook.

Francois Palm (24), die man wat verlede maand saam met sy vrou op pad huis toe ná hul wittebrood op die Abu Dhabi-lughawe voorgekeer is en verhoed is om na Johannesburg te reis, is op pad Suid-Afrika toe.

“Hy land vanmiddag 16:45 op OR Tambo. Ons gaan nou amper hier ry. Monique kan nie wag dat ons haar gaan oplaai nie,” het Willem Palm, Francois se pa, aan Maroela Media gesê. Volgens Palm gaan Francois se skoonpa-hulle en sy suster ook saam lughawe toe.

Francois het Sondagaand sy paspoort ontvang en hulle kon blitsig ʼn vlug bespreek. Maroela Media het vroeër berig dat Francois daar in ʼn hof verskyn het en ʼn boete van R24 000 opgelê is. Hy het ook ʼn brief van die “palace of peace” nodig gehad wat deur die sjeik gestempel is voordat hulle sy paspoort aan hom sou terugbesorg. “Hy het nege dae vir daardie paspoort gewag” het Palm gesê.

Francois en sy vrou, Monique (24), is op 24 September deur Willem op hul familieplaas getrou. Francois het Monique die volgende dag op die lughawe verras met kaartjies na Phuket in Thailand en nie na Kaapstad soos hy haar laat glo het nie.

Francois en Monique Palm in Phuket. Foto: Facebook.

Francois en Monique Palm in Phuket. Foto: Facebook.

Hulle het via Abu Dhabi teruggevlieg van Thailand. Op 3 Oktober is daar twee .22-patrone in Monique se beursie op die lughawe in Abu Dhabi gevind. “Francois het gesê dis syne. Hulle gebruik .22-patrone in daardie lande om sluipmoorde mee uit te voer. Ons jag gereeld daarmee op die plaas en sy het net vergeet dat dit in haar beursie was,” het Willem gesê.

Francois is daarna na die Khalifa-polisiestasie geneem en is sedertdien in die sorg van ander Suid-Afrikaners, wat bekend is aan die familie, daar vrygelaat. Volgens Willem is die amptelike klag wat teen Francois gelê is die besit van onwettige ammunisie.

Die gesin gaan die naweek ʼn groot bring-en-braai hou vir Francois se familie en vriende om hom terug te verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

zahn ·

So bly vir julle part. Moet asb net nie vir die man vleis gee wat met ‘n .22 geskiet is nie, ek het ‘n redelike vermoede hy sal dit nie snaaks vind nie…

Telani ·

ek wonder ook hoe het hy deur gegaan by OR Tambo want jy word voorgekeur vir ‘n bottel water wat nog te se vir ‘n koeel!!!

Anoniem ·

Ek is so bly julle twee kan weer herenig word. Weet dis nou so betjie on van pas, maar…..dis n ongelooflike storie om eendag vir julle kinders en kleinkinders te vertel…..’What a honeymoon’

Jean ·

Ag uiteindelik. So bly vir julle part, hoop julle lewens kan nou weer normaal aangaan. Sterkte.

charlene ·

So bietjie goeie nuus met al die haat en hartseer is nogal lekker
Ek is baie dankbaar jy kom huis toe, en ek is seker jou vrou nog meer. Dit kon glad nie lekker gewees het daar in die vreemde land nie.

Sputnik ·

So-iets kan só maklik gebeur. Ek het jare gelede, ná ‘n besoek aan Zimbabwe, ‘twee .303-rondtes in my motor gevind – die restant van ‘n vroeëre jag in SA. Kan jy jou indink die.probleme wat ek daar kon hê as hulle dit by die grenspos of ‘n padblokkade gekry het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.