Wittebrood-nagmerrie: Man beboet, steeds gestrand

Francois en Monique Palm in Phuket. Foto: Facebook.

Francois en Monique Palm in Phuket. Foto: Facebook.

Francois Palm (24), die man wat verlede maand saam met sy vrou op pad huis toe van hul wittebrood op die Abu Dhabi-lughawe voorgekeer is, is steeds daar gestrand.

Past. Willem Palm, Francois se pa, het aan Maroela Media gesê dat sy seun daar in ʼn hof verskyn het en ʼn boete van R24 000 opgelê is. “Hy het nou nog ʼn brief van die ‘palace of peace’ nodig wat deur die sjeik gestempel is voordat hul sy paspoort aan hom sal terugbesorg”.

Francois en sy vrou, Monique (24), is op 24 September deur Willem op hul familieplaas getrou. Francois het Monique die volgende dag op die lughawe verras met kaartjies na Phuket in Thailand en nie na Kaapstad soos hy haar laat glo het nie.

Hulle het via Abu Dhabi teruggevlieg van Thailand. Op 3 Oktober op die lughawe in Abu Dhabi is daar twee .22-patrone in Monique se beursie gevind. “Francois het gesê dis syne. Hulle gebruik .22-patrone in daardie lande om sluipmoorde mee uit te voer, ons jag gereeld daarmee op die plaas en sy het net vergeet dat dit in haar beursie was,” het Willem gesê.

Francois is daarna na Khalifa-polisiestasie geneem en is sedertdien in die sorg van ander Suid-Afrikaners, wat bekend is aan die familie, daar vrygelaat. Volgens Willem is die amptelike klag wat teen Francois gelê is die besit van onwettige ammunisie.

“Ons het ʼn plasing daaroor gemaak op Facebook en het so R15 000 ingesamel gekry. Die balans het ons geleen en Sondagaand oorbetaal. Monique wou al ʼn kaartjie koop en na hom toe vlieg, dis regtig baie swaar op ons as familie. Ons kan darem gereeld Skype”.

Volgens Willem kry hulle heelwat ondersteuning van die Suid-Afrikaanse ambassade in Abu Dhabi, maar nie van die Verenigde Arabiese Emirate se ambassade in Suid-Afrika nie. “Hulle het darem saam met hom gegaan toe hy in die hof moes verskyn en toe hy die boete moes gaan betaal”.

Francois is ingelig dat dit nou tussen een en ses dae kan neem om die brief in die hande te kry, en hy hoop om teen volgende week iets te hoor.

“Monique het gister hulle troualbum ontvang, maar het nog net een of twee foto’s op Facebook gesit,” sê Willem. “Sy sê sy voel te sleg om die foto’s te laai as Francois dit nog nie eers gesien het nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

jaco ·

sy velkleur is verkeerd dat die SA ambassade sal help. Dieselfde het gebeur met Prof Cyril Karubus in Dubai n paar jaar gelede. Hy het na 8 maande in Dubai eers teruggekom sonder dat die SA ambassade enigiets gedoen het om hom te help.

Kiepie ·

Prof Karubus se situasie was darem ‘n bietjie anders. Die eerste 6 van die 8 maande wat hy aangehou is was die hofsaak (sy apelsaak teen die vorige skuldigbevinding) nog aan die gang. Nadat hy vrygespreek is het dit dus 2 maande gevat voordat hy die land kon verlaat. Maar jy is reg, hy het ook nie veel hulp van die SA ambassade gekry nie.

Klaas ·

Ek verstaan nie hierdie kommentaar nie; die berig sê duidelik hulle kry heelwat hulp van die SA ambassade in Abu Dabhi. Die probleem is by die VEA ambassade in SA.

Mariné Lourens ·

Dagsê Klaas

Dankie vir jou kommentaar. Daar was aanvanklik verwarring rondom die ambassades. Die berig is intussen gewysig sodat dit duideliker is.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Nog lank nie die einde ·

Dit is nog lank nie die einde. Na die brief kan dit ook n week tot 2 neem om paspoort te bring.

Jawat ·

Janee het nie verwag die SA regering sal hom gaan help nie, of bystaan nie, maar wag tot een van die meerderheid in ‘n ander land ‘gestrand’ is of iets oorgekom het dan gaan besoek al wat ‘n minister is die plek en bring tot verniet die persone hierheen terug na weke se onderhandelings. Ons verwag niks meer of niks minder van die regering nie, ons ken hulle!

Vivian ·

Darem n maklike geleentheid om bietjie geld te maak maak my sommer kwaad. Mense se lewens vir 2 .22 doppies omgekrap.

Nie reg ·

Nie 2 patroondoppies nie Vivian, twee lewendige .22 rondes (patrone). Daar is darem ‘n verskil.

Justice ·

Well done Francois om al die skuld op jou te neem vir die klein oorsig van Monique – jy is `n man uit een stuk en hierdie is `n goeie begin vir jul huwelik. Mag julle albei vorentoe geseend wees met baie jare se geluk en voorspoed.

Sê maar net. ·

Dis is rerig nie goeie pubisiteit vir SA nie, maar wat kan ons verwag. Daar is tog iets wat nie ruim nie. Hoe het hulle deur die sekuriteit op ons lughawe gekom met die patrone in ( beursie, gatsak, bagsie) hoe ook al. Ons het tog metaal verklikkers by die lughawens.

DVL ·

Jammer dat dit moes gebeur maar dis verbasend dat hulle deur ander doanes (sekeruteit) is sonder dat dit gesien is. Hy is ‘n goeie man om dit te doen maar kan erger gevolge vir hulle gehad het – doodstraf.

Joe ·

“Volgens Willem kry hulle heelwat ondersteuning van die ambassade in Abu Dhabi, maar nie van die Suid-Afrikaanse ambassade nie.” Wat beteken hierdie sin?

Cacophony ·

Watter ambasade gee hulle dan nou die ondersteuning. Hulle kry baie ondersteuning van die ambasade maar nie die SA ambasade? Dit maak gald nie sin nie

Mariné Lourens ·

Dagsê Cacophony

Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die berig is gewysig sodat dit duideliker is.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

danie ·

Let wel dis die ambasade, nie leagal aid nie. Die ambasade kan mos nie elke keer as iemand aanjaag alles los en gaan help nie. Regtig is dit so moeilik om te verstaan.

Anto ·

Dankie Joe, jy slaan d spyker op d kop! Suid Afrikaanse ambassade is in Abu Dhabi en is een en dieselfde begrip! Jammer die algemene verstaan is maar gebrekkig en onthou, geld vir bystand is voorgeskryf en kom van wie..d belastingbetaler! Koeels in jou beursie, naief verby en sekere resep v arrestasie. Lekker reis en onthou voor vertrek, jy is buite landsgrense en d wereld is groot, vergewis jouself van n ander dam se reels waarin jy net n gas is.

Mariné Lourens ·

Dagsê Anto

Ons vra om verskoning vir die verwarring rondom die ambassades. Die berig is gewysig sodat dit duideliker is.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

alta ·

Ek verstaan ook nie die verklikkers op lughawens nie. In my geval is ek in Dbn eenkant toe geroep op lughawe ivm n sakmes in my handsak. LW ek is by OR Tambo deur met hom in my sak. Ek dra hom al maande in my handsak en het al vergeet van hom.Dit was my pa se mes toe hy oorlede is het my ma hom gehad en na sy oorlede is het ek hom in haar handsak gekry toe ek die handsak vir iemand gegee het. Wel deur OR Tambo deur Dbn Terug van vakansie was hy opgespoor. Dit het mooipraat gekos om hom terug te kry.Gelukkig was my tas nog nie gelaai en hulle het ingestem dat ek hom voor hulle in my tas plaas. Ek het vergeet daarvan!

Sare Strydom ·

verskoon my mar die berig is nie vir my duidelik nie.” Die patrone was in haar beursie want hulle jaf gereeld daarmee op die plaas” Wie jag met patrone in jou beursie? Hulle is van JHB af Thailand toe met die patrone in haar beursie? Geen Lughawe het dit opgetel nie? Wittebrood gehou en nooit agtergekom die patrone is in haar beursie nie tot Abu Dhabi? Om met ammunisie in jou besit deur ‘n vreemde land se doeane te gaan is moeilikheid soek. Die Ambesades- ja nie Leagal Aid nie, maar dit is hoekom hulle daar is om Burgers behulpsaam te wees. Vertrou die man keer spoedig terug.

Victor ·

Wie loop rond met lewendige rontes in die beursie? Daar is geen verskoning hiervoor nie, jy moet versigtiger wees met vuurwapens en lewendige rontes,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.