Wittebroodmoordverhoor begin

Lede van die ANC Vroueliga buite die hof waar Shrien Dewani Dinsdag verskyn het vir die moord op sy bruid, Anni. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Lede van die ANC Vroueliga buite die hof waar Shrien Dewani Dinsdag verskyn het vir die moord op sy bruid, Anni. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die saak teen die moordbeskuldigde Shrien Dewani het Dinsdag omstreeks 12:30 ná ʼn twee uur lange vertraging in die Wes-Kaapse hooggeregshof begin.

Francois van Zyl tree op as Dewani se regverteenwoordiger en regter John Hlophe het opdrag gegee dat die media geen foto’s in die hof mag neem nie.

Dewani staar vyf aanklagte in die gesig, insluitend ontvoering, roof met verswarende omstandighede, moord en dwarsboming van die gereg.

“Die staat en die verdediging het ingestem dat die saak tot 12 Mei uitgestel word,” het Rodney de Kok, die provinsiale direkteur van openbare vervolging, aan die hof gesê. “Die beskuldigde moet tot dan in aanhouding bly.” Regter Hlophe het die aansoek toegestaan.

Die staat en verdediging het ook ingestem dat Dewani verdere behandeling en waarneming in ʼn hospitaal moet ondergaan. “Dewani moet na ʼn hospitaal in Valkenberg oorgeplaas word, waar hy onder bewaring sal wees,” het De Kok bygevoeg.

Dewani beweer dat hy en sy vrou, Anni, in November 2010, tydens hul wittebrood, deur gewapende mans in Gugulethu in Kaapstad ontvoer is. Hy is ná die voorval vrygelaat en sy is deur haar ontvoerders doodgeskiet. Xolile Mngeni is skuldig bevind aan haar moord en hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Twee van Mngeni se medepligtiges is ook skuldig bevind en tot tronkstraf gevonnis. Dewani ontken dat hy enigsins deel van die moord was.

Intussen het Dewani se familie Dinsdag gesê hy gaan baklei om sy naam skoon te kry en wil uitvind hoekom Anni vermoor is. “Shrien bly toegewyd om sy onskuld te bewys en wil hê die waarheid oor sy vrou se moord moet aan die lig kom,” het die familie in ʼn verklaring gesê.

Die Dewani-familie het gesê hulle erken die wye openbare belang in sy saak, maar glo dat die hof die enigste toepaslike plek is om die saak op te los. Die Suid-Afrikaanse regering het glo tydens die uitleweringsproses die familie ʼn paar keer gerus gestel oor Dewani se gesondheid en volgehoue behandeling in die hospitaal. – SAPA

Lees ook:
Dewani land in SA
Dewani vandag in SA
Dewani gaan uitgelewer word
Dewani verloor weer appél teen uitlewering
SA gee onderneming oor Dewani
Shrien Dewani kan uitgelewer word
Shrien Dewani: Uitspraak voorbehou
Shrien Dewani moet uitgelewer word
Nog bewerings van gayseks teen Shrien Dewani
Shrien Dewani mag aan SA uitgelewer word
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Dewani in hospitaal opgeneem
Anni Dewani se moordenaar gevonnis
Mngeni skuldig bevind aan moord op Anni Dewani
Dewani psigiaters glo sakevennote
Dewani se familie woedend oor T-hemde
Dewani-moord: twee verdagtes in die hof
‘Dewani-moordverdagte kan nie verhoor word’
Dewani word nie nou uitgelewer nie
Dewani hoor vandag oor uitlewering
Moontlike ooggetuies in Dewani-moord
‘Nuwe’ onthullings oor Dewani-moord
Dewani teken appèl aan teen uitleweringsbevel na SA
Brittanje teken Dewani-uitleweringsbevel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.