Wittes by Sasol stem oor staking

Solidariteit het Dinsdag bevestig dat hy begin het om ledevergaderings met sy werknemers by Sasol te hou om sodoende hul mandaat te verkry rakende ʼn moontlike staking by dié maatskappy.

Dít volg nadat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) die vakbond vroeër vanjaar in ʼn historiese uitspraak toestemming gegee het om te staak weens rasuitsluiting in die werksplek.

Sasol het einde 2017 bekend gemaak dat sy vorige werknemerbemagtigingskema, Inzalo, vervang gaan word met ʼn nuwe bemagtigingskema, Khanyisa.

Volgens Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris by Solidariteit, maak dié werknemer-aandeletransaksie egter glad nie voorsiening vir wit werknemers nie.

Volgens Reyneke het Sasol voorts by monde van sy hoof- uitvoerende beampte, Stephen Cornell, gesê dat hy nie sy insluitingsmaatreëls rakende Khanyisa gaan verander of wysig nie, ondanks die feit dat die KVBA die vakbond gelyk gegee het rakende sy geskil met die werkgewer oor sy blatante uitsluiting op grond van ras.

“Wat Cornell eintlik wesenlik aan al sy wit werknemers sê, is dat die maatskappy hulle nie waardig genoeg ag nie en hy daag hierdie werknemers dus uit om hul volle regte uit te oefen,” het Reyneke gesê.

Reyneke meen dat ʼn stelsel wat gewone werknemers op grond van ras verdeel ʼn resep vir rassespanning is. Solidariteit meen die spanning is al merkbaar teenwoordig by Sasol.

“Solidariteit-lede gaan nie toelaat dat hulle bloot op grond van hul ras uitgesluit word nie. Dit wil egter voorkom of Cornell dit nie in ag neem nie en dat hy dit as reg beskou dat iemand bloot op grond van sy velkleur, selfs al was hy 35 jaar lank ʼn getroue werker by Sasol, uitgesluit moet word,” het Reyneke gesê.

Solidariteit-lede sal tydens die stakingstemming hul besware te kenne gee. “Solidariteit-lede, wat vaardige werknemers is, is nie bang om hul wettige regte uit te oefen om sodoende te wys dat hulle wel waardig is nie,” het Reyneke afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

bgj van der westhuizen ·

kom alle wit afrikaners koop niks wat deur sasol vervaardig word nie dit is al manner dat hulle verstaan deur hulle by te kom wat hulle sak raak

Amelia ·

Sies vir Cornell, jy wil laat die blankes daal tot wat die ander rasse doen. Staak en toitoi. Maw ek as wit werker…….dit is teen my beginsels om te staak, maar glo my ek dink in die situasie sal ek beslis staak.

Ellisras ·

Daar moet ‘n staking fonds wees. Alle vakbonde samel miljoene in. Maar die dag as die werkers dit nodig het is dit die klomp in die Vakbond hoofkantoor wat net soos Eskom oorbetaal is. Dit is maklik om in Solidariteit hoofkantoor te sit teen volle vet betaling en sê: Staak.

Evert Nel ·

Dit is reg, maak julle rug styf en laat ons sien wat die winste gaan wees!!!

David ·

Ek hou van die idee om Sasol te boikot, maar hoe?

In die binneland het al die brandstowwe Sasol produkte in. Hulle vervaardig ook baie chemikalië en het die wêreld monopolie op was-produksie.

Dalk kan net ‘n baie lang staking dié boelie op sy plek sit?

Blinde sambok ·

Kry vir jou SASOL, moenie kla oor die R1,8 biljoen wat jy aan Carbon Tax moet betaal nie. As jy kundige mense aanstel sal die maatskappy winsgewend genoeg wees om dit te kan betaal. Hou aan met jul BBBEE beleid, ons sal aan die kant staan en kyk hoe julle sneuwel…..

Alta ·

Dit is jammer Sasol tree so op. Wonder wanneer is Sasol van plan om pensioenarisse in kennis te stel. Eish, is ‘n bekommernis as die Wittes staak, gaan die begunstigdes weet wat om te doen as daar ‘n brand of ontploffing is. Hoe gaan dié staking die Wittes raak in die toekoms, wat meriete, bevordering, bonusse, verlof, ensovoort aanbetref. Kry idee Sasol is reeds suur vir die Wittes in diens, anders sou Bestuursvlak regverdig teenoor almal gewees het.

Hendrik ·

Ons boikot net eenvoudig alle Sasol vulstasies en produkte. Al koop ander ander brandstofmaatskappye van Sasol se produk, sal dit steeds vir Sasol baie seermaak as ons hulle boikot. Kom ons toon solidariteit met hierdie wit Sasol werknemers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.