‘Wittes is erger as Hitler’

Mcebo Dlamini Foto: Facebook

Mcebo Dlamini Foto: Facebook

Wit Suid-Afrikaners is erger as Hitler. Dit is volgens Mcebo Dlamini, geskorste studenteraadsvoorsitter van die Universiteit van die Witwatersrand.

Dlamini het verlede maand vir ʼn opskudding gesorg toe hy op sy Facebook-blad geskryf het dat hy Adolf Hitler bewonder vir sy “charisma en organisatoriese vaardighede” en dat daar ʼn element van Hitler in alle wit mans is. Dlamini is kort hierna geskors.

Dlamini het in ʼn onderhoud met News24 gesê Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, is anti-swart, dat Wits ʼn “Animal Farm” is en dat hy nooit vir die vaders van die “arrogante Sionistiese Joodse kinders” sal werk nie.

Volgens Dlamini is Wits ʼn “Animal Farm” aangesien sommige “diere” beter is as ander. Hy beskuldig die universiteit daarvan dat hulle hul beywer om “wit heerskappy” te handhaaf ten koste van swart denkers.

Dlamini het gesê hy het veral op sosiale media erg onder skoot gekom ná sy uitlatings oor Hitler en dat mense vir hom gevra het of hy dink hy ʼn werk sal kan kry weens sy uitlatings. “Ek is ʼn politikus. Ek studeer nie om werk te kry nie. Ek studeer nie om werk, meestal by ʼn wit man, te kry nie. Ek sien hierdie arrogante Sionistiese Joodse kinders skryf op Twitter en vra waar ek gaan werk kry. Ek gaan nie in diens geneem word deur hulle vaders nie, want die geld wat hulle my mee sal betaal het die bloed van die Palestynse kinders op. My gewete sal my nie toelaat om dit te doen nie…”

Dlamini het gesê sy doel en rol as ʼn leier is om swart trots in ander te motiveer en te inspireer. “Swart mense besit niks nie, ons het niks nie. Ons besit nie die grond nie, ons besit nie middele van vervaardiging nie, die enigste ding wat ons swart mense vandag het is ons brein. En in elk geval het Adolf Hitler wit liggame vermoor, hy het swart liggame ook vermoor. Suid-Afrikaanse wit mense maak swart denke dood, hulle is erger as Adolf Hitler.”

Klik hier vir die volledige onderhoud.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

antjie ·

Ag rerig….. shame die ou het regtig nie juis iets tussen die ore nie……

cielie ·

Shame tog…………….arme misplaaste plaasskapie…foeitog iemand sal hom moet ontferm oor die enetjie!! Nkandlaaaah!

Hein ·

Jip, hierdie outjie het ‘n blink toekoms in die politiek by die ANC en EFF met hierdie manier van dink!

Maryke ·

Mnr Dlamini het duidelik nog geen tersiere onderrig gehad by WITS nie. Wonder watse “studente” het hom gekies? Hierdie outjie moet duidelik terug gaan skool toe want hy het nog niks geleer nie.

Peet Schabort ·

Nadia, dit lyk my ek en Natascha het té naby aan die waarheid gaan draai.
Ons kommentare het gesneuwel.

Hanalei ·

Boeta… jyt nou nie mooi gedink nie. Ek werk vir dit wat ek in die lewe wil he, niks word in my skoot neergeplak nie. Lig jou stert en werk vir grond besit, want dis wat ek gedoen het.

Theresa ·

Amazing – Hierdie spul kan altyd so hap na wind. Siestog, dit moet seker maar moeilik wees as jy so stupid is dat jy nie besef wat regtig om jou aangaan nie en so moet jy maar so deur die lewe gaan. Praat twak om net bietjie aandag te kry. Die hele spul is dieselfde.

Van ·

dan hoop ons Mnr Dlamini dat jy met jou geniale brein ‘n voorbeeld vir die “slegte hitlers” kan stel en van jou kant af iets doen om ons land super te maak, dalk ‘n nuwe uitvindsel met daai “brein” waarmee jy so spog. Daar is ook ‘n verskil tussen motiveer en inspireer en blatante opsweping en haatspraak… dit raak nou regtig oud en vervelig. Daar is miljoene suid afrikaanse hitlers wat ook niks besit nie, en ons mag nie eens meer ons brein gebruik nie want ons word nie toegelaat meer om dit te doen nie

M ·

En waarom besit julle niks. Sodra julle iets in julle hande kry, verwoes julle dit en sal nie ophou tot daar waarlik niks oor is nie. En mnr Dlamini, besef jy, jy eet elke dag die wit man se kos! Hoop nie jy eet, groente, vrugte of vleis wat eintlik van ‘n plaas af kom nie? OOPS! Het jy nie geweet nie, kom dit van die winkel af !

Rieks ·

Ek wonder nou net of hierdie opmerking ook kan geklassifiseer word as rassisme?!

Hitler het mense laat dood maak – ek kan geensins sien dat die WIT Suid Afrikaners dit doen nie… Ek kan ook seker hier aanmerkings maak dat dit eerder die omgekeerde geval is – die wit mense word deesdae voor die voet vermoor vir amper niks nie! Ek dink hierdie mannetjie gebruik enige aanval nou as verdedigings meganisme!

Chivago ·

“Ek studeer nie om werk te kry nie” – rerig? Waarom mors jy dan geld en tyd, maak plek vir iemand wat wil studeer om eendag ‘n loopbaan te hê.

George ·

Die arme man se kop raas. In een oomblik bewonder hy Hitler se vaardighede en die volgende oomblik wil hy blankes daarmee afkraak. Ag voeitog hy moet seker manies depressief wees.

Philip Hanafey ·

Hy moet ander pille kry, die wat hy nou gebruik werk nie. Shame die man is verward in sy denke.

bea ·

julle is die wat als besit en van ons af gevat het…wie kry al die poste??hmmm en kan nie die werk eens doen, ja jy studeer want te sleg om te werk…dan wil julle die zim mense uit die land he ten minste kan en wil hulle werk!!

Lappop ·

O ja, dit is reg. Ons wittes bly vergeet dat Jan, dis nou Jan van Riebeeck in 1652 hier afgestap het op ‘n kaai. In ‘n perdekar geklim het, met ‘n kei-steen straat gery het tot by ‘n gastehuis. Daar ingeboek het, hy en Maria. Heerlik op ‘n pragtige houtkatel ‘n goeie nagrus gekry het. Want hulle was vroeg die volgende more geboek vir ‘n toer na verskeie wynplase en’n bokplaas waar hulle kon proe aan verskillende bokmelk produkte. Voor hulle ‘n heerlike aandete gaan geniet het by die gastehuis, waar hulle weggele het aan die tradisionele zoeloe gereg, bobotie en geelrys, en melktert vir nagereg , en ‘n heerlike koppie tee… O, Dis reg, hier was boggerol toe Jan hier aangeland het. Ek wonder maar net Dlamini, as jy en jou voorvaders dan soveel breinkrag het, hoekom is hier geen struktuur of gebou wat dateer voor 1652 nie? En as julle enige trots gehad het sou julle werk gekry het sonder BEE, op eie meriete.

Lappop ·

Nog ‘n ding Dlamini, dit is bleddie jammer dat die wittes nie erger is as Hitler nie. Want dan sou duisende gesinne nog hul “boere” gehad het. Ons sou nie “potholes” geken het nie, ook nie “loadshedding” nie. Ons dorpe en parke sou skoon gewees het en elke oop stukkie grond sou nie beplak gewees het met sinke en RDP huise nie. Ons sou motorkapings, verkragtings en moorde net in aksiefilms gesien het, nie in ons koerante nie. Ek kan nog aangaan, maar wil nie te veel van jou dinktyd in beslag neem nie.

Lappop ·

Dog dit is net my kommentare wat sneuwel. In die land kan jy moor, lieg, steel, verkrag en bedrog pleeg…. as jy die regte kleur is natuurlik. Moet tog net nie ‘n ding se soos dit is nie, veral as dit die werklike oorsaak van probleme uitwys nie. En die probleem is ,dat die oorsaak van al die probleme in die land, net so donker is, as die toekoms wat ons tegemoet gaan.

pieter ·

Hierdie ou is oningelig hy moet net ga kyk wat besit swartes in di land , almal kan nie plase besit ni almal kan nie besighede besit nie , so hy moet ma self n studie ga maak wat in di land aangaan en ni glo wat vi hom vertel word nie,baie wittes het ook swaargekry en arm grootgeword en gebeur vandag nog ek een van hulle ma het begin werk en dit wat ek vandag het het ek hard gewerk voor dank di vader vi dit

pieter ·

Hierdie ou is oningelig hy moet net ga kyk wat besit swartes in di land , almal kan nie plase besit ni almal kan nie besighede besit nie , so hy moet ma self n studie ga maak wat in di land aangaan en ni glo wat vi hom vertel word nie,baie wittes het ook swaargekry en arm grootgeword en gebeur vandag nog ek een van hulle ma het begin werk en dit wat ek vandag het het ek hard gewerk voor dank di vader vi dit, Daar is duisende wittes en swartes wat briljant saamwerk in di land

Giel Boshoff ·

Miskien moet jy by NHAKAAANDLA gaan en kyk dat die ou hoendertjies en die bokke kos kry. Dan spuit jy sommer die tuin ook nat met daai masjien wat daar staan ingeval daar ‘n brand uitbreek. Kyk ook sommer of die amfiteater ook skoon is my boeta. Dit sal jou nou uit die moeilikheid hou en jy kan lekker met ou JZ gesels.

Joe Joubert ·

Sjoe net iemand wat homself nie goed toegerus het kan sulke aantuigings maak. Hoe se hy al wat hulle darem het is hulle breins nou vrae ek waar is die verstand dan om die brein te laat werk ????? Na aanleiding van die uitlating vrae ek net n vraag !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.