Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het Donderdag gesê Vryheidsdag beteken nie werklik iets nie, omdat die ANC-regering deur onderdrukkende rassewette en kwetsende uitsprake ʼn nuwe verdrukking geskep het waaronder wit mense van die land nie vry kan wees nie.
Groenewald het gesê dié dag behoort gevier te word deur erkenning te gee aan die Grondwet wat veronderstel is om vryheid aan almal in Suid-Afrika te bring.
“Die Grondwet het nie vryheid vir almal gebring nie, en die VF Plus sal diskriminasie teen wittes beveg so lank as wat daar nie volle gelykheid en erkenning aan almal in die land gegee word soos deur die Grondwet se aanhef bepaal word nie.
“Die aanhef lui Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, en dat diegene wat hulle beywer het om die land op te bou en te ontwikkel, gerespekteer moet word.”
Groenewald het gesê in die praktyk word daar nie erkenning gegee aan almal nie deurdat die regerende ANC by monde van pres. Jacob Zuma die wit mense van Suid-Afrika beskuldig dat alles wat verkeerd gaan hulle skuld is.
“Pres. Zuma verkwalik die wittes vir die swak ekonomiese groei, werkloosheid en ongelykheid weens sogenaamde wit monopolie-kapitaal. Die retoriek dat wittes die land se grond gesteel het en dat dit daarom sonder vergoeding genasionaliseer moet word, is niks anders as ʼn aanslag teen wittes nie.
“Almal in Suid-Afrika moet gelyk erken en behandel word, maar tans word daar teen wittes en veral die wit jeug gediskrimineer deur regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Jong mense sukkel om beurse te kry en word beperk om toelating te kry tot mediese studie ten spyte van goeie akademiese prestasies, bloot op grond van hul velkleur. Die Grondwet het gewis nie vryheid vir almal in Suid-Afrika gebring nie.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
39 Kommentare
Stem volmondig saam!
Maar my belastinggeld is nog altyd goedgenoeg vir die anc diewe !
Die mense wat vir ons regte moes baklei in 1994 het ons uitverkoop.
Hoor hoor!!!
Bedank de klerk en sy meelopers daarvoor.Een van die grootste verraaiers wat SA nog gehad het.Sy “claim to fame” is dat hy in die top posisie van verraaiers en hensoppers is.