‘Wittes van Suid-Afrika nie werklik vry op Vryheidsdag’

Pieter Groenewald tydens ‘n vorige toespraak in die parlement. Foto: Twitter

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het Donderdag gesê Vryheidsdag beteken nie werklik iets nie, omdat die ANC-regering deur onderdrukkende rassewette en kwetsende uitsprake ʼn nuwe verdrukking geskep het waaronder wit mense van die land nie vry kan wees nie.

Groenewald het gesê dié dag behoort gevier te word deur erkenning te gee aan die Grondwet wat veronderstel is om vryheid aan almal in Suid-Afrika te bring.

“Die Grondwet het nie vryheid vir almal gebring nie, en die VF Plus sal diskriminasie teen wittes beveg so lank as wat daar nie volle gelykheid en erkenning aan almal in die land gegee word soos deur die Grondwet se aanhef bepaal word nie.

“Die aanhef lui Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, en dat diegene wat hulle beywer het om die land op te bou en te ontwikkel, gerespekteer moet word.”

Groenewald het gesê in die praktyk word daar nie erkenning gegee aan almal nie deurdat die regerende ANC by monde van pres. Jacob Zuma die wit mense van Suid-Afrika beskuldig dat alles wat verkeerd gaan hulle skuld is.

“Pres. Zuma verkwalik die wittes vir die swak ekonomiese groei, werkloosheid en ongelykheid weens sogenaamde wit monopolie-kapitaal. Die retoriek dat wittes die land se grond gesteel het en dat dit daarom sonder vergoeding genasionaliseer moet word, is niks anders as ʼn aanslag teen wittes nie.

“Almal in Suid-Afrika moet gelyk erken en behandel word, maar tans word daar teen wittes en veral die wit jeug gediskrimineer deur regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Jong mense sukkel om beurse te kry en word beperk om toelating te kry tot mediese studie ten spyte van goeie akademiese prestasies, bloot op grond van hul velkleur. Die Grondwet het gewis nie vryheid vir almal in Suid-Afrika gebring nie.”

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, SA-nuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Johannes van Staden ·

Maar my belastinggeld is nog altyd goedgenoeg vir die anc diewe !

Jan Els ·

Die mense wat vir ons regte moes baklei in 1994 het ons uitverkoop.

Ada ·

Bedank de klerk en sy meelopers daarvoor.Een van die grootste verraaiers wat SA nog gehad het.Sy “claim to fame” is dat hy in die top posisie van verraaiers en hensoppers is.

Marina ·

Ons wit mense was nog nooit vry gewees nie selfs in die apartheids era was wit mense erg verdruk en nou word ons net nog meer verdruk onder hierdie regering maar ons hard verdiende geld is goed genoeg om gesteel te word deur die regering waar trek n mens nou eintlik die streep? Ons wit mense het geen regte in hierdie land nie volgens die regering so ons is en was nog nooit vry gewees nie!! Ek bid dat die wiel vinniger moet draai want hoekom moet die witbevolking altyd die skuld kry vir alles?? Wie gaan as leier vir ons volk opstaan en baklei vir ons regte as mense???

pieter ellis ·

Ek is nou ietwat in die war. Waar was ons as wittes “erg verdruk” voor 1994? Dat ons nou meer as n meter agter die agterste speen staan om te suig, is gewis, maar voor 1994? Verduidelik asb.

Cherokee ·

Miskien verwys Marina na oom Jan as verdrukker, Nee, nie oom Jan van Riebeeck nie maar oom Jan Taks. Dan was daar nog oom Jan Inflasie ook, (nuwe geslagte weet nie dat ons geken het van 15% en 17% rentekoerse op verbande – inflasie 20.70% Januarie 1986 en o.20% in Januarie 2004

Sw ·

Die arm wittes het nie RDP huise gekry om in te bly nie. Werk het ook nie in die arm wittes se skoot geval nie. Baie wit mense het saans honger gaan slaap, kon nie vakansies bekostig en universiteitsopleiding nie. Al voordeel wat die wittes gehad het is openbare geriewe.
Niemand het die wittes uitgelig uit hul armoede nie. Dis iets wat hul self moes doen. Tensy iemand my anders wil bewys?

Stem ·

Stem jaaa Suid-Afrika, ek herhaal stem ja en daar het hy dit

Marina ·

Baie dankie sw jyt presies my punt beskryf waarop ek neer gekom het dat ons witmense steeds verdruk was in die apartheids jare. Ja en nou Jan taks ook Cherokee, pieter ellis lees sw se kommentaar as jy daar was daardie tyd en deur gegaan het wat baie van ons witmense deurgegaan het in die apartheids era dan kan jy saam ons gesels.

Oom Piet ·

As Zuma niks van ons wittes wil weet nie moet hy aankondig dat ons geld ook nie goed is nie en ons verbied om belasting te betaal , want ons geld mag dalk rassisties wees.

Anti Sars ·

Oom Piet ek stem saam met jou. Ongelukkig werk ons vir BEE besighede wat namens die werkers belasting aan Sars oor betaal. In ons geval doen die ou dit nie en is daar al van die personeel wie se belasting vir bykans 3 jaar nog nie oorbetaal is nie. Sars vat die personeel lid aan en nie die werkgewer wat versuim het nie. Ek ruik ‘n dooie ROT , WAT WORD VAN DIE GELDE …. BAAS GEBRUIK DIT!!

Johannes van Staden ·

Vry met n taal wat oral uitgedruk word en met godsdiens wat uit skole verwyder wil word. Die ewige aanklagte deur n onbevoegde regering van hoe mens alles gesteel het en hoe sleg mens is en die oorsaak is van al die probleme …maar my belasting bly nog altyd goedgenoeg en wat kry mens eintlik vir dit ….ja stank vir dank wat nog hoop op veiligheid of beskerming van die staat of dalk n pension eendag Haha ! ! ….HUH dan se jz alles gaan goed in SA ….het hy al verneem dat ons junk status is of hoor die man nie …nee hy verstaan seker nie ….en so gaan alles duurder raak begin met die petrolprys soos nou gesien . Dankie FW en die ‘ja’ stem …die wigte en teenwigte werk regtig baie goed !

Burger ·

Meer bedreig , maar meer vry. Voor 94 het ons gedink ons is vry…

Cherokee ·

Nou kan blankes dit nie eens meer waag om langs die pad in die kar te vry nie.

Johann ·

Ch … met wie wil jy dit waag om dan nou vandag in die kar langs die pad vry?

Johann ·

Blanke mense moet bid dat hulle motors nie langs die pad breek of ‘n pap wiel kry nie, dan het ons probleme

Se maar net ·

Wittes met regte in hierdie pragtige land. O regtig! Praat met die 100de vermoorde boere se families waarvan die koelbloedige moordenaars nooit gevang word nie. Praat met die gekwalifiseerde kandidate wat moet hoor dat hulle nie die regte kleur het vir die pos waarvoor hulle aansoek gedoen het nie. N menigte wit mense kon ook nie studeer tydens apartheid weens geld tekorte. In ons land beteken die regte wat ons veronderstel is om te geniet niks. Ek werk met kinders van alle kleure en ek weier dat enigeen rassisme in my klas inbring. Dis sommer nonsens. Wittes dra skuld omdat die wat destyds geleef het nie Verwoerd en sy pelle gestop het nie maar hulle is meeste al dood en begrawe die wat na dit gebore is en nie deel geneem het aan die rasse wan gedrag nie, kan enige iemand my se waarom ons die nog die prys moet betaal vir iets wat jare terug al verby is. Die mense het al 23 jaar gehad om dinge te verander en te “verbeter” maar ek sien net stinkende riviere vol riool en armoede vir alle rasse. Die onodige dood van babas en hongersnood. N valende publieke gesondheid sisteem en pot holes in baie van ons paaie. Om net n paar goed te noem. Weereens vra ek net hoe het ons so ver geval in net 23 jaar?

Ben ·

Gaan lees HS van Blerk se boeke bv Blydevooruitzight dan sien jy niks het verander nie In die 16 de eeu is boere vermoor ,besteel onskuldig voor die hof gesleep en vele meer , dis om van naar te word

Sarel ·

Ben, kyk na dit wat ten alle koste vernietig moet word en aangeval word, daar sal jy die waarheid kry. Hoekom word ons al soveel eeue vertrap, gejag, vernietig en ondermyn? Internasionale komplotte vir ons uitwissing word gesmee! Wat is dit aan ons, wat is ons waarheid?

Michelle ·

Ek het maar nog altyd net hierdie nuwe Suid Afrika geken. Dit moes wonderlik gewees het om veilig in die nag te kon gaan stap, veilig in parke en by jou huis te kon voel, om veilige publieke vervoer te gehad het, mooi skoon strate en mense- en diereregte….. Wonder altyd hoe kon julle dit net weggooi.

Lorrie ·

En werk! Geleenthede! Drome, aspirasies! Hoër denke en waardes as klipgooi-kaskenades elke dag op die nuus! Groen valleie en nie rokende ashope en uitgebrande voertuie nie! Hoop vir die toekoms! Hoop vir jou kinders se toekoms! Hulle moes dit net beskerm, dit was hulle s’n!

Tinus ·

Ons sal nog kom op die punt waar
ons, ons self moet afvra, wat het ek gestem in 92. en daarna te se . Jammer EK WAS VERKEERD. Daarna sal alles better word.

Lance ·

Ons wat van die ambagslui kom ken net van swaar kry en was net misbruik deur groot firmas.Van ons mag nie in groot huise gebly het nie, jy mag nie van bestuur se geriewe gebruik het nie bv. soos toilette,kombuise ens.En vandag het jy as witman geen bevorderings moontlikhede nie en kry ń swak salaris,maar moet te bly wees jy het ń werk omdat jy WIT is.

humor ·

Een groot droewige verhaal wat hom in hierdie deel van die skepping afspeel. Wat is die uitkoms. n Volksbesef baie harde werk, baie bloed en lyding maar veral n GOD DRIE ENIGE BESEF.

Oud-Tukkie ·

Ons word deur ons eie blanke mense verraai. Sekere sogenaamde “geleerdes” (akademies) wat agter kulturele- en taal-veranderinge sit…sekere vorige oud-politici/oud-regters/regslui…sonder om hulle by die naam te roep het vir Basson met sy NWU-skade so mooi ondersteun (sic!)…
As die publiek maar net weet hoeveel skade sogenaamde “leiers van gister” vandag nog aanrig, sal hulle stomgeslaan staan. Ek slaan my hande net saam vir party “goedgelowiges”…

Therese van Schalkwyk ·

Oud-Tukkie

Ek glo elke woord wat jy skryf, lees dit elke dag in SA koerante óf tussen die lyne.

Net soos die ANC nooit ‘n opleidingskursus gevolg het oor hóé om ‘n land te regeer nie, het die voorheen bevoordeeldes nie régtig geweet hoe om nederig, maar trots oor te gee nie.

Een voorbeeld: die Afrikaanse Taal moes eers rug teen die muur staan voor die mense op die Taalrade en in gesagsposisies effens te laat wakker geskrik het.

Zirk ·

Die onvrede in ons land en in Afrika het ‘n paar elimentêre oorsake nl.
1. Die Westerse beskawing het onverwags en TE VINNIG in Afrika gearriveer. Dus word dit nie verstaan nie, en gevolglik verwerp.
2. Die Afrikaan se denke is van nature sosialisties. M.a.w. een vir almal en almal vir een.
3. Die Afrikaan verwar produktiwiteit met slawerny.
4. Blatante onkunde. Die Afrikaan , veral die ongeletterde en halfgeskoolde massas in Afrika, het minimaal algemene kennis asook hul eie geskiedenis. Ek glo dat as mens nie weet waarvandaan jy kom, sal jy ook nie weet waarheen om te gaan nie.
Ek kan nog vele redes aanvoer, maar ek sal liewer dat sosioloë, antropoloë, volkekundiges en ander geleerdes hier oorneem. Dis juis TYD dat hul stemme NOU in SA gehoor moet word.

William ·

Nou hoekom betaal ons nog balasting?.
Om onderdruk en vermoor te word?.

Niemand anders se skuld nie-ons is dom!..
Na die eerste aanvalle moes al keel skoon gemaak het.
Na 23 Jaar dink hulle niks van ons ‘weerstand’ nie.
Net ons eie skuld-ons is TE Passief!.
Hulle lag lekker, kan enigiets aan ons doen-ons maak niks. Wakker word en staan op teen onderdrukking!.

John ·

Was ons geagte mnr Groenwald nie ook ‘n lid van die destydse NP nie? De Klerk het mos die onderdanigheid van die Afrikaners nagestreef. Hoekom is almal nou so verbaas? Hierdie is net die begin van ons pogings tot selfvernietiging. Die’ dat ons kinders verward rondval op soek na sin in hul aan-die-slaap pa-pies se optrede twee dekades gelede wat toe vrolik ghitaar geslaan het op die Mandela-doef-doef-tema en nou hul saals en tome aan die mikke van hul oorle voorvaders se bloekomlanings op boereplase moet begin ophang uit respek vir hul eie manhaftige masochistiese idiosinkrasiee.

Vryheid ·

Hou tog op om te kla oor die anc regering, wat hulle doen en nie doen nie. Daar is net twee dinge wat ons van verseker van is. Die eerste is dat ons almal eendag gaan sterf en die tweede is dat die anc regering GEEN maar GEEN belangstelling of poging sal aanwend om na die wittes te luister of aandag aan hul probleme en klagtes te gee nie. Dit is tyd dat ons opstaan en saam staan of gaan ons maar net toekyk hoe ons land en mense verlaat.

David ras ·

Nee, John–dr. Groenewald was al vanaf 1988 Konserwatiewe Party parlementslid.
Hy het nooit die NP verteenwoordig nie.
Saam met hom vanaf 1988 was ook drs. Pieter en Corne Mulder KP parlementslede.

Hulle was deel van 46 KP parlementslede wat in protes uitgestap het uit die parlement
toe wet 200 van 1993. die sg “interim grondwet” ingestem is.
Daar was 101 NP lede, en 34 DP lede.
Dus 135 parlementslede wat ons tweedeklas burgers gemaak het.

Cherokee ·

En tòe opponeer die nuutgestigde KP die reeds gestigte HNP maar gebruik basies dieselfde konstitusie. Andries Treurnicht en sy volgelinge wat bloot kon inskakel by Albert Hertzoght en Jaap Marais maar die KP het die goed gevind om die regse stem te verdeel. Tydens die referendum het die KP wel met die HNP saamgewerk. Die lokale KP het my toestemming gevra om by die Nee-tafel te help en ons het hul ondersteuning gehad. Dit bly egter ‘n wrang gedagte dat die KP ons opponeer het tydens verkiesings.

Gerhard ·

@ Cherokee. Die HNP was hopeloos. Die KP het maar net geen rede gehad on hulle aan die klomp the steur nie.

MCH ·

Dis eenvoudig, help nie ons bler aan mekaar soos skape met n lee krip nie. Sluit aan by Solidariteit en Afriforum. Afriforum verskuif berge met net 186000 lede. Die leiersfigure is jonk, passievol, talentvol, doelgerig, intelligent en vol lewenslus. Die jongetjies het dit wat nodig is om n verskil te maak in ons lewens. Sluit aan en wees deel van die oplossing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.