WK neem self besluit oor Rusland

Premier Alan Winde.

Die Wes-Kaapse regering het op eie houtjie besluit om Rusland se inval van Oekraïne te veroordeel, aangesien die provinsie meen die nasionale regering neem nie sterk genoeg standpunt in nie. Daar is selfs besluit op ʼn aantal maatreëls wat onder meer interaksie tussen die Wes-Kaapse regering en Russiese staatsamptenare beperk.

Tydens ʼn vergadering van die Wes-Kaapse kabinet Woensdag is ooreengekom dat die Wes-Kaapse regering die Russiese inval “ten sterkste veroordeel” en ook dat die Russiese regering se optrede neerkom op die oortreding van internasionale wette. Die kabinet doen ook ʼn beroep op Rusland om onmiddellik hul wapens neer te lê en hul weermag uit Oekraïne te onttrek.

“Hoewel dit ongewoon is vir een provinsie om so ʼn sterk standpunt oor ʼn internasionale aangeleentheid in te neem, het ons gevoel dit is noodsaaklik om aan ons inwoners, mense van Oekraïne en die res van die wêreld duidelik te maak dat ons nie neutraal kan bly in die lig van so ʼn wrede aanval op die demokratiese waardes wat die wêreld hoog op prys stel nie,” het premier Alan Winde Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Om hul punt te bewys, het die kabinet onderneem dat Winde so gou moontlik met die Oekraïniese ambassade in Suid-Afrika moet vergader om hierdie standpunt oor te dra. Geen amptenaar van die Russiese konsulaat of ambassade sal voorts welkom wees by ʼn geleentheid wat deur die Wes-Kaapse regering gereël word nie en die provinsiale regering sal ook nie enige geleenthede of vergaderings bywoon wat deur die Russiese ambassade of konsulaat gereël word nie.

Mense skuil in Oekraïne. (Foto: Aris_Messinis/AFP)

Dit is in skrille kontras met die nasionale regering se houding jeens die Russe, aangesien Suid-Afrika se minister van verdediging, Thandi Modise, voorverlede week ʼn funksie van die Russiese ambassade in Pretoria bygewoon het.

Volgens Winde is sy regering ook sterk gekant teen die inhegtenisneming van duisende Russe wat sedert die inval teen die oorlog betoog het.

Nuwe humanitêre stroke is Woensdag in Oekraïne heropen, ook in die hoofstad Kiëf, terwyl burgerlikes desperaat uit beleërde stede probeer vlug. Volgens die Verenigde Nasies (VN) het meer as twee miljoen mense reeds uit Oekraïne padgegee.

Intussen het Russiese troepe die net al stywer om Kiëf begin trek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Jacques ·

Nou WEET ons na wie se pype die DA dans…
Dans vir ons Klaradyn, dans!

Strandloper ·

Dit is tog algemene kennis of is ek op verkeerde planeet?

Raadsman ·

Miskien moet jy maar ‘n draai gaan makk in Ukraine, dan sal jy gou jou woorde sluk. Kan nie glo sekere mense is so oningelig nie.

Jacques ·

Sê my, het die DA die Russiese inval en in Sirië veroordeel?
Nee?
Het die DA die futiele Amerikaanse oorlog in Afghanistan veroordeel?
Nee?

Nou waarom nou op die populariteitswa klim?

Dalk om hulle internasionale ondersteuners se toekomstige ondersteuning te verseker. Dit is ook dieselfde party wat nie sal skroom om Afrikaanse mense onder die politieke bus te gooi, wanneer dit hulle pas nie, ne?

Raadsman ·

Wakker word, dit het niks met die DA te doen nie – dit het te doen met wat in Ukraine aangaan. Of support jy die massa moorde deur die Russe. Mense verloor alles wat hul deur hulle hele lewe bymekaar gemaak het in ‘n paar sekondes.

Jacques ·

O ja, en hoeveel het die mense in Donbass en Luhansk al verloor in die 8 jaar sedert die Oekraine hulle uit die aarde bombardeer????????

Toe het die DA ook niks te segge gehad nie, ne?

Jacques ·

Jy sien, ‘n politieke party wat voorgee om ‘n voorstaander van menseregte te wees en teen staatsgeweld wat menselewens kos, behoort ten minste konsekwent te wees in hulle optrede en ALLE oorloë ewe swaar veroordeel…… anders is hulle net huigelaars en opportuniste wat geleenthede uitbuit om hulle beeld op die internasionale verhoog te poets.

Of is ek verkeerd?

Human ·

As jy agter die deur staan dan moet jy nie maatjies soek. Daai Russiese en Sjinese fopspene maak koppe deurmekaar en veroorsaak “delusions of grandeur” en die uiteinde is dat sommige Trotse Afrikaners hulle Afrikanerskap met ‘n plank slaan.

Alfred E Neuman ·

Vertel asb vir ons na wie se pype hulle dans. Ons is oningelug ek kan dit nie beredeneer nie.

Andries ·

Dankie oom. Alan. Die ander mense wat gal braak bly seker in een of ander verrotte gedeelte van SA en sal seker die 1stes wees wat WesKaap toe hardloop as die poopoo die waaier tref

Marshall ·

What was the DA’s position when the US and UK attacked Iraq killing between 600,000 and 1,2 million mainly civilians according to a study by Johns Hoppkins University? The reason for this slaughter was a fabricated lie about non-existant Weapons of Mass Destruction.
If you were knowledgable about the Globalist involvement in Ukrane since 2014 and their strategy to undermine Russia via Ukraine you would not make such a comment.

Jaco ·

Rusland beskerm basies 2 etnies-Russiese gebiede wat weggebreek het van die Ukraine. Dis wat baie in die DA eintlik maar wil hê die Wes-Kaap moet doen: breek weg vanaf die res van SA. So dis vreemd dat die DA nou teen Rusland draai. Behou eerder goeie bande en vra raad by Rusland oor hoe weggebreek kan word.
Net so terloops: in 1768 het Frankryk die eiland Korsika by Oostenryk gekoop. In 1867 het Amerika weer Alaska nogal by Rusland gekoop. So is die Wes-Kaap dalk te koop en wat sou die prys wees?

Jacques ·

Netso…… die meeste mense wat hier kommentaar lewer, kan doen met minder TV, en meer lees…..

annie ·

Ja, as Zorus net stil sou sit toe vroutjie sy hare wou laat sny, kon hy dalk die nuwe 007 speel. Sadly, sal hy nou net soos sy voorganger die mighty Apies moet aandurf en sy eie beaches en plains verdedig. Ahem.

Marthinus W ·

USAID het n skenking aan die stad gemaak, so, hulle meesters moet gelukkig gehou word. (Freedom House, National Endowment for Democracy is almal is bedrywig by BLF, EFF, ens.)

Zelenski (en Prosjenko) het toegelaat dat Amerika 30 biologiese oorlogvoeringslaboratoria in Okraine bou en in stand hou [Victoria Nuland, adjunk-minister van buitelandse sake het dit n paar dae gelede erken, toe sen Marc Rubio dit pertinent vra], Zelenski het sy land se opposisieleier laat arresteer en onder huisarres geplaas, hy het alle media wat kom kritiseer verban, hy laat toe dat die gewone burgerlikes in die Donbas met trosbomme en fosforbomme [beide onwettig] gebombardeer word; n peiling so drie weke gelede het bevind dat die Oekrainse volk Zelenski nou sien as n oligarg – so kan mens aangaan, maar wat se die media: shame, die arme, dapper man, hy veg vir sy land, kom ons help hom en sy land. En kom ons hou aan om wapens in die land in te pomp.

Barney ·

Wel gedaan Wes-Kaap. Hoop die regering en die spul wat die oorlog ondersteun laat sak hulle koppe in skaamte.

Samuel ·

Wys die spul kommuniste in nasionale regering waar ons staan. Dankie Wes-Kaapse regering.

Marshall ·

The DA was always financed by the Globalists, especially a certain mining magnate in Johannesburg closely affiliated with the Rothschilds. In the same way that law and order was overturned in SA by revolutionary forces financed by Globalists, the Ukraine has been weaponized against Russia. The 2014 Maidan Revolution was financed and controlled by the US via Victoria Nuland, then Assestant Secretary of State. Five billion dollars was spent formenting the revolution. Putin has no choice but to defend himself against Globalist (WEF) agression.
I wonder if the DA protested the attack on Iraq?

Human ·

Is that why you watch and follow Russian and Chinese news to hear the truth? ????????????

Marthinus W ·

That same family [the Oppenheimers] made Cyril Ramaphosa director of Anglo-American, and turned him into a millionnaire.

VaalDonkie ·

Wat het die Weskaap gedink oor die konflik wat al 8 jaar lank in die Donbas-streek heers?

VaalDonkie ·

Ek wil net bylas dat ek verskil van baie mense hier, maar dit beteken nie ek hou nie van julle nie. Nie Rusland OF Oekraine gaan enigeen van ons ‘n boksie chocolates stuur oor ons welke kant gekies het nie.

krodedil ·

Al wat Rusland vir ons stuur is hoer petrol en diesle pryse. Dit veroorsaak dat ALLES se pryse gaan verhoog. So sal graan pryse ook opgaan

Human ·

Wie het die oorlog begin? Wie val burgerlikes aan? Wie val hospitale aan? Wie het die sanksies veroorsaak?

Andre ·

Ek wonder as die “Conspiricy theorists” se “fopnuus” waar is, en Rusland vind tog bewyse van biologiese oorlogvoering in die westerse laboratoriums wat so gerieflik daar gebou is, wat dan?

Andre ·

Jason, dit kan ook baie verbrande vingers afgee. En dit sal verseker nie Putin s’n wees nie.

Marthinus W ·

Andre, beantwoord die volgende vraag, sommer met n “ja” of “nee”, asb. Indien Victoria Nuland die afgelope week aan n senaatskomitee n vraag van sen. Marc Rubio antwoord, en se dat hulle wel biologies laboartoriums in Oekraine bedryf, kan ons haar glo?

Knowitall ·

Alan, bepaal jou liewer by die sake an jou eie klein provinsie met sy hoofstad wat die onbenydenswaardige reputasie verdien, as een van die top tien, gewelddadigste stede in die wêreld.

Jacques ·

Ek dink die DA wéét nou hulle het hulle hand oorspeel in die geval met Afrikaanse mense. Ons is lankal nie meer so naïef oor hulle doen en late nie.

Hennie ·

Ten minste neem iemand n standpunt in. Nie soos ons agbare kommunistiese regering wat na die kommuniste se pype dans nie.

Swerwer ·

En daar trek die Gautengers seker weer na die Wes Kaap, net soos hul na die Noord Kaap verhuis het met die Millenium tydperk en toe maar weer moes terug Gauteng toe omdat hul nie kon oorleef in die Noord Kaap nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.