WK premier sê polisie het stryd teen misdaad verloor

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde. (Foto: Courtney Africa/ANA)

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde het Donderdag gesê die polisie het die stryd teen misdaad in die provinsie verloor – en hy pak die skuld daarvoor op swak bestuur in die polisiediens.

“Kom ons praat oor sommige van die feite. In ons oorsig van 151 polisiestasies het ons vasgestel dat die provinsie ʼn tekort aan 548 speurders het. Bykans die helfte van speurders hier hanteer 200 of meer dossiere gelyktydig, terwyl die ideale getal tussen 50 en 60 is,” het Winde gesê.

“ʼn Skokkende 57% van speurbevelvoerders en 48% van speurders het nie die nodige opleiding ondergaan nie, terwyl slegs 2% énige vorm van spesialisopleiding ontvang het. Ons speurders werk ook sonder die nodige hulpbronne.

“Nagenoeg 71% het geen informante nie en omtrent die helfte van ons speurders het nie ʼn vuurwapen nie. Ek kan jou verseker bendelede het wapens en baie daarvan kom uit die polisie se eie arsenaal.”

Winde het sy provinsiale rede vroeër vandag gelewer.

Hy het gesê hoewel die provinsiale regering dankbaar is dat pres. Cyril Ramaphosa toestemming gegee het dat die weermag in die provinsie ontplooi word, is dit ʼn duidelike erkenning dat die polisie die stryd teen misdaad in die provinsie verloor het.

“Ons het ʼn funksionele polisiediens met behoorlike hulpbronne en goeie leiding nodig, nie pleisters om ʼn wond tydelik te probeer toeplak nie,” het Winde gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Felix ·

Mnr Winde, maar dan het hulle ook ‘n erge tekort van wetstoepassers op Uniondale, dit nou buiten dat daar geen, maar géé gewilligheid van die polisie is om onwettige betogings vas te vat nie.

Judy ·

Geen polisiesiens meer nie. Dis mos nou die moniteringsdiens.

Chris du Preez ·

Miskien moet mnr Winde ophou om sy naam gestand te doen, ophou winde los, by wyse van spreke en iets meer konstruktief begin doen en self ook.

Kallie ·

Duie SAPS val onder die nasionale polisie. Premiers kan maar kerm, hulle het geen werklike gesag.

Karolis ·

AW, jy is heeltemal korrek in jou siening.
Iets wat die hele wereld weet.
Wat gaan daaraan gedoen word?

Faan ·

Glo my………. dis baie erger as dit, hierdie inligting of feite wat hy weergee is net n druppel in die emmer…..

zeno ·

Die Grootkoppe praat en praat en doen niks. Hulle dink hulle pratery sal die publiek beter laat voel, maar die publiek is nie stupid nie. Behoorlike wet en orde moet terug kom in die land en CR moet sy twee oë oopmaak wat hy gekry het. Dit het tyd geword dat hy nou moet begin optree. SAPS hoofde moet ook hulle priorieite agtermekaar kry.

Liana ·

Onthou net ons kan vra dat iets daaraan gedoen word maar dit kos alles geld en daar is nie geld nie. Hoe gaan dit dan opgelos kan word.

piet piet ·

Deur bevoegde eerlike mense aan te stel wat die begroting kan behartig.

ne ·

@Liana – die grootkoppe moet minder geld kry. Dan kan daar tenminste vuurwapens aan die speurders voorsien word. Daar is altyd geld vir staatsbegrafnisse waar hulle lekker party hou!

Ferdi ·

Dit is nie die polisie se skuld dat misdaad onbeheerbaar is nie. Dis totaal die huidige regering en beleid se skuld

Cherokee ·

Daar behoort ‘n wet te wees wat vereis dat misdadigers ook bevoegdheidsertifikate en lisensies vir vuurwapens moet hê.

sweis ·

Ons moet Afriforum ondersteun sodat hulle een hospitaal in elke stad bou vir sy lede dan kan akademia afrikaans sprekende kinders wat medies wil studeer akkommodeer wat nou verlore gaan weens die diskriminerende kwotas gebaseer op velkleur.

Heksie ·

Uniform lede wil speurtak toe want daar kan hul doen wat hul wil “civvies” dra, in ongemerkte voertuie rondry heeldag op staatsonkoste en hul eie “ding” doen en dit sluit beslis nie om hul werk in nie.
Hul gaan nie vir die verpligte speurderskursusse nie, (SAPS stuur hul nie) en gevolglik het hul nie die nodige kennis om ondersoeke te doen nie.
EN verder ons weet reeds dat 47% van SAPS korrup is …

Anel ·

En ons seun, wat al 10 jaar sukkel om polisieman te word, wat ‘n vuurwapenbevoegdheid het en ‘n opgeleide patrolie/sprigstofhond word nie gekeur nie want sy waardes en standaarde is te hoog. Hy moet eerder werkloos bly!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.