WK skole ontvang 32 000 laat aansoeke

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)

Deur Mary-Anne Gontsana, GroundUp

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het reeds 32 000 laat aansoeke vir skole in dié provinsie ontvang, terwyl 3 500 leerders (575 gr. 1’s en 3 014 gr. 8’s) wat wel betyds aansoek gedoen het, nog wag vir plek.

Die Wes-Kaap en ander kusprovinsies se skole heropen volgende Woensdag.

Die onderwysdrukgroep Equal Education Law Centre (EELC) sê nou hy word oorval met oproepe van desperate ouers wie se kinders nog nie geplaas is nie.

“Dit is elke jaar ʼn probleem en dit gaan net erger word. Ons verwag ʼn styging in die aantal ongeplaaste leerders met dié dat Wes-Kaapse skole eers Woensdag heropen,” sê Tshegofatso Phala, uitvoerende direkteur van die EELC.

Volgens Phala oorskry die aantal aansoeke tans die aantal leerders wat ingeneem kan word.

Die situasie word verder vererger deur oorbevolking by skole met swak infrastruktuur. Die “onwettige praktyk” van sommige skole wat daarop aandring dat ouers ʼn registrasiefooi betaal voordat hul kinders toegelaat word, bly ook kwel.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die provinsiale departement, sê die departement doen tans alles in sy vermoë om leerders so gou moontlik te plaas. “Daar word baie moeite gedoen om leerders te help. Ons ontvang ongelukkig steeds daagliks laat aansoeke.”

Dít terwyl tussen 18 000 en 20 000 leerders van ander provinsies jaarliks ​​by Wes-Kaapse skole aansoek doen om plasing.

“Om hierdie leerders in te neem, sal dit nodig wees om elke jaar ongeveer 20 skole te bou, te beman en in te rig, waarvoor ons eenvoudig nie genoeg geld of hulpbronne het nie.”

Die departement het wel nuwe baksteen- en messelkleiklaskamers by bestaande skole aangebring, asook mobiele klaskamers by agt hoërskole opgerig om plek te maak vir nuwe gr. 8-leerders en die druk op die provinsie se skole te probeer verlig.

Die berig het oorspronklik op GroundUp verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sandra ·

Te veel influx van ander provinsie. Almal wil in die Wes Kaap wees en ANC stuur mense hierheen met die hoop om dit oor te neem.

Saartjievandiebosveld ·

Nuwe skole moet gebou word….maar nee…dis baie beter om my sakke vol te maak…eish…

Catherina ·

Mens verstaan skielike verplasings ens van ouers na Weskaap maar waar kom die ander vandaan? Nou moet W.K.O.D bontstaan. Onderwysers? Personnel kry alles in orde vorige jaar. Ek self is n oud onderwyser. Dis chaos . Kan ouers nie verstaan HULLE moet beplan nie

Salome ·

Ek wil net vra : Hoekom word daar so gesukkel om kinders in skole te sit. Toe my kinders in die skool was vroeer jare, was daar nie sulke probleme nie. Wys jou maar net baie van hierdie kinders word aan die genade van Lesufi oorgelaat omdat hulle nie die werk ordentlik kan doen nie. Hoekom doen die ouers nie 6 of 8 mnde voor die tyd al aansoek vir plasing van hulle kinders nie.

Marius ·

Daar is vir jare geslaap en op die loure gerus as gelg van ‘n tekort aan insig en behoorlike beplanning. Die bom het nou gebars. Wat nou?

Tanya ·

En dit is een van die base redes toekom sommige van ons ouers ons kinders tuis onderrig. Maar nou wil die departement dit ook stop. Waar gaan al die tuis onderrig kinders plek kry as dit alreeds so gaan? Ek sal aanhou tuis onderrig, solank ek kan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.