WK-treine staan stil weens kragfout

Metrorail in die Wes-Kaap. (Foto: Metrorail W/Cape/Twitter)

Metrorail se treindienste in die Wes-Kaap het Dinsdag tot stilstand gekom weens ʼn substasie wat onklaar geraak het nadat beurtkrag ingestel is.

Die treine is elektries‑aangedrewe en staan nou botstil in gedeeltes van Kaapstad en Vishoek.

Nana Zenani, woordvoerder van Metrorail, sê die Tafelbaai-substasie, wat die treine in die Wes-Kaap van elektrisiteit verskaf, het onklaar geraak ná beurtkrag.

“Die gevolg daarvan is ʼn wydverspreide onbeskikbaarheid van Metrorail-stasies wat veronderstel is om krag aan treine te verskaf.”

Volgens Zenani was Metrorail genoop om sy dienste op te skort terwyl Eskom die probleem aan sy kant regstel. Tegnici werk intussen daaraan om die krag te herstel.

Alle lyne in Kaapstad word nou deur die tydelike opskorting van die dienste geraak en dit is nie duidelik wanneer die treindienste weer hervat sal word nie.

“Metrorail vra om verskoning vir hierdie onvoorsiene probleem, maar ons sal voortgaan om pendelaars deurlopend op hoogte te hou,” sê sy.

Eskom het Maandag fase 2-beurtkrag ingestel wat waarskynlik tot Saterdag  sal geld.

Eskom se bestuurslede het Dinsdag aangedui dat beurtkrag verleng sal moet word weens die onbetroubaarheid van kragopwekkers. Dit nadat verskeie kragopwekkingseenhede onverwags die gees gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mallie

Die stoom trein of diesel lokomotiewe moet maar weer in werking gestel word. Hulle sal immers nie sonder krag gaan staan nie.

Anel

Wat kan mens sê?

Delia

Onbevoegde mense…it is what it is

JohanR

1989 meestal 75 -100%. 2022 meestal 30% en ondertoe!

domheks

fikile ? ?