Woede ná afdanking van drie senior polisieoffisiere in Oos-Kaap

(Argieffoto)

Die DA in die Oos-Kaap het woedend gereageer oor die afdanking van drie senior polisieoffisiere in die provinsie en sê die polisie se besluit om hulle die trekpas te gee moet ten sterkste veroordeel word.

“Dit lyk of die afdanking van die bevelvoerder van die Humewood-polisiestasie, brig. Leonie Bentley, die bevelvoerder van die Gelvandale-polisiestasie, brig. Lawrence Soekoe, asook dié van brig. Ronald Koll volg op oordrewe aanklagte en rasgedrewe is,” sê Marshall von Buchenroder, ʼn DA-lid van die provinsiale wetgewer.

“Die stap gaan die hart uit doeltreffende polisiëring in Nelson Mandelabaai ruk. Daar kan nie bekostig word om offisiere van dié gehalte te verloor nie.”

Von Buchenroder sê die drie offisiere het hul lewe gewy in diens van die inwoners van Nelson Mandelabaai en dat hul gesamentlike kennis en ondervinding onvervangbaar is en dat hulle afdanking ʼn verlammende uitwerking op die metro se polisiediens gaan hê.

“Dit is duidelik dat die polisie se topbestuur gekaap is deur ʼn kliek wat werksgeleenthede vir hul vriende wil hê.”

Von Buchenroder sê hy gaan die kwessie met die LUR vir veiligheid in die provinsie, Weziwe Tikana-Gxothiwe, die provinsie se polisiehoof, lt.genl. Liziwe Ntshinga, en die speaker van die Oos-Kaapse wetgewer, Helen Sauls-August, opneem. Hy gaan ook die voorsitter van die portefeuljekomitee oor gemeenskapsveiligheid, Babalwa Lobishe, vra om ʼn dringende vergadering daaroor te belê en die polisiebestuur te ontbied om die stap te verduidelik.

Von Buchenroder sê Bentley, Soekoe en Koll se afdanking spruit uit ʼn vergadering waartydens hulle beswaar gemaak het teen die aanstelling van brig. Thandiswa Kupiso as bevelvoerder van die Mount Road-groepering. Die beswaar is aangeteken ná ʼn ooreenkoms tussen die polisie en die polisievakbonde Popcru en Sapu dat posisies soos dié van groepbevelvoerders afgeskaf word. ʼn Hofbevel verbied ook sulke aanstellings.

Die vergadering het glo gemoedere opgejaag en Bentley, Soekoe en Koll het gevra om verskoon te word. Volgens die DA is daar bewyse, waaronder ʼn notule en ʼn opname van die vergadering, wat wys dat dié versoek toegestaan is.

Die drie is egter ontslaan op aanklagte van ongehoorsaamheid omdat hulle glo sonder toestemming die vergadering verlaat het.

Altesaam ses senior offisiere het glo verklarings afgelê waarin hulle hul by Kupiso skaar, teenstrydig met die notules en die opname.

Kupiso, die mees junior brigadier onder die vier, is intussen aangewys as waarnemende bevelvoerder van die Nelson Mandelabaai-distrik.

Von Buchenroder sê hy gaan die LUR vra om uit te vind wat geword het van die sake van meineed en regsverydeling wat aanhangig gemaak is teen die individue betrokke. Hy eis ook antwoorde van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) oor waarom dié glo geweier het om ʼn saak aanhangig te maak.

“Dit lyk of die afdanking rasgedrewe is om die topleierskapstruktuur oop te stel vir voortrekkery.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Realis Thailand

Wat verwag julle
Die anc en sy gespuis sal enige rede soek om n persoon wie nie swart is af te dank
Maar hulle laat honderde polisie met erge kriminele rekords toe om in die polisie aan te bly en antwoord nie eers op die vrae in die parlement.
Enige mens wie dink hy woon in n land met n beskaafde regering kan maar voort droom

Tiptol

In die polisie moet jy liewers korrup wees as ongehoorsaam. Gelukkig weet die meeste dit al, anders het ons geen polisie gehad nie.

Johan

In die volgende 6 tot 11 jaar gaan daar weinig min wittes in die polisie oor wees.

Morne

Ek het saam met Brig. Bentley en Brig. Soekoe gewerk. Uiters bekwame. Brig. Bentley is van die mees senior bruin vroue offisiere in die polisie in terme van jare diens en rang. Sy moes al n generaal gewees het. As sy uitgeloop het dan was dit omdat sy by haar beginsels gestaan het. Hierdie nonsens is net om plek te maak vir n swart comrade.

Anel

Hulle word summier afgedank. Senior personeel. Maar ‘n gewone werker mag nie summier afgedank word nie. Daar moet allerhande stappe gevolg word. Wat is nou die verskil? Hopelik kom hier siviele eise teen die polisie.