Woede na Britse LP se uitlatings oor ABO

Jacob Rees-Mogg. Foto: AP Photo/Alastair Grant

Die Britse LP Jacob Rees-Mogg het woede ontketen nadat hy die dodetal in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog (ABO) met die dodetal in Glasgow gedurende dieselfde tydperk vergelyk het.

Rees-Mogg het dié uitlatings gemaak op die BBC se program Question Time tydens ’n besprekingspunt oor die nalatenskap van Winston Churchill.

Hy het gesê mense is tydens die oorlog in konsentrasiekampe gesit vir hul beskerming. “So dit was nie ʼn goeie ding nie maar waar anders sou mense leef?” wou Rees-Mogg weet.

Grace Blakeley, ʼn ekonoom wat ook aan die program deelgeneem het, wou by Rees-Mogg weet of hy dus die gebruik van konsentrasiekampe regverdig. Hy het egter volgehou mense is na konsentrasiekampe geneem vir hul veiligheid.

Jacob Rees-Mogg (regs) en Grace Blakeley tydens die program. Foto: Skermskoot

Blakeley het dit aan Rees-Mogg gestel dat die Britte die gebruik van konsentrasiekampe uitgedink het. Rees-Mogg was egter nie daarvoor te vinde nie. “Jy verwar ongelukkig konsentrasiekampe met [Adolf] Hitler se uitwissingskampe.”

Hy het gesê die konsentrasiekampe is nie “sistematiese moord” nie. “Ek pleit nie dat mense van hul plase afgeneem word en in kampe geplaas word nie, maar daar was ’n oorlog aan die gang en mense is gevat sodat hulle gevoed kon word omdat die boere weg was om die Boereoorlog te veg.”

Blakeley het ná die program getwiet: “Die gekkeding hieroor is – alhoewel ek presies weet wat tydens die Boereoorloë gebeur het – Rees-Mogg se toon en diepe selfvertroue het my in my self laat twyfel. Die diepgewortelde drang in die Britse kultuur om hulle aan aristokratiese gesag te onderwerp, is werklik skrikwekkend.”

Rees-Mogg se uitlatings het ook op sosiale media kritiek en woede uitgelok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Sakkie ·

En hy verwag ons moet hom glo. Japan het ‘n paar jaar gelede omverskoning gevra vir die wandade wat hulle gepleeg het. Ek kan nie onthou dat daar ‘n soortgelyke veskoning van die koningshuis af was vir die wandade wat hulle gepleeg het nie. Help my reg as ek verkeerd is aub.

Staak saam ·

Sakkie, die Queen het haar verakoning aan Mandela gegee maar nooit aan die Boere nie.

ZAR ·

Ek voel baie jammer vir die boervolk, hulle is nog altyd as die skurke uitgemaak, die waarheid is nog altyd verdraai. Dan onthou ek, moenie jammer voel nie, die boere het staal in hul are en God in hul harte, hulle kan deur enige iets bo uitkom.

Gerhard Delport ·

Konsentrasie kampe was deel van die “Scorched Earth Policy” wat die Britse Weermag gevolg het gedurende die ABO. Mense is van hulle plase gevat na kampe geskuif ver weg van waar hulle kom, plaas huise verbrand, beeste en skape gevat of dood gemaak. Swak mediese dienste, sanitere geriewe en kos was verantwoordelik vir oor die 40 000 wit en swart mense se dood in die kampe in die Vrystaat en Transvaal,Duidelik het hy nie n idee waarvan hy praat nie!!!

Snowball ·

Jy is reg. Die vrouens het proviand aan die kommando’s verskaf en só die boere gesteun. Dít is wat hulle wou stop – deur die plase te ontvolk en vee te vernietig, het hulle die lewensstroom van die boere afgesny. Absoluut niks met vrouens se veiligheid te doen gehad nie. Dan sou Emily Hobhouse haar nie beywer het om die haglike omstandighede in die kampe aan te spreek en die boervroue te help nie. Wie is hierdie Rees- Mogg skepsel dat hy hom hieroor uitlaat? Verskimmelde onbeduidende wese!

Boerseun ·

Boeredooies (nie-vegtend) was 40 000 wat binne en buite die kampe gesterf het as gevolg van ontbering, hongerdood, verkragting, siekte, moord, wonde, ens. Swart dooies uitgesluit hierby. Die 27 000 siviele Boeredooies in die kampe is nie amper die volle prentjie nie!

Afrikaner ·

So dis nie net Zuma en Cyril Ramaphosa wat deur die wind is en stertjies aan die geskiedenis sit nie.

Rasper ·

Julius Malema, Andile Mngxitama, Rees-Mogg en ander, wys net elke dag vir my dat velkleur niks te doen het met mense se onkunde en onderliggende haat vir die Afrikaner nie. Ek onthou goed die stories oor ons familie in die konsentrasie kampe. Alhoewel ek dit by my ma gehoor, het, het sy dit by haar ouma gehoor.. Hulle moes glas stukke uit die kos haal, wat vir hulle in voer krippe gegooi was, asof hulle diere was. Maar ja, blykbaar is ons “privileged” en het so “privileged” aan wal gestap met koffers vol goud. Ek steun glad nie al die mense se “conspiracy theories” nie, maar het al baie gewonder hoekom daar getrap word op ‘n baie klein volkie, wat eintlik net uitgelos wil word. Alles is tog seker nie net ons skuld nie…..

Sê maar net 1 ·

Jy vra die regte vraag. Gaan doen asb ondersoek en jy sal die antwoord daarop kry. Onthou ook dat voot dit het ons voorouers uit Europa gevlug. Daar is een lang bloedspoor agter die klein volk wat regtig net uitgelos wil word.

Johan ·

Mens kan gemors ruik, sien, hoor of lees. Die konsentrasiekampe was niks anders oorlogsmisdade nie!

Charl ·

So hulle is in die kampe gesit vir hulle veiligheid en die plase is afgebrand vir……..

Lana ·

Net so, Charl. Die Jacob vent het darem nou ‘n groot klomp bollie gepraat!!

Rentia ·

Uit dwase se monde kom net hul eie “wyshede”. Sulke mense is bejammeringswaardg……..

sarah ·

Die man praat die grootste bol nonsens…en hy weet dit. Die Britte het vrouens en kinders juis van honger en siekte laat omkom…

Leana ·

Kan iemend regtig so verwaand wees? Brittanje het nog nooit ‘n verskoning aangebied nie. Wil voorkom of hulle dink dat hulle niks verkeerd gedoen het nie….

Geurt ·

Kom ‘vaal seun’, ek sal na plekke neem waar ons mense begeawe us en ek sal jou grafies wys van n huisgesin 6 waar kinders van 6 mnde tot ongeveer 8 jaar lanks mekaar lê en dan hul ma se grafie. Dan sal jy ‘vaal seyn’ dalk besef dat daai vader huistoe gekom het na n baie stil huis. Wees braaf mater en erken jou mense se foute! Ons het!

AW ·

Jacob Rees-Mogg moet met die “Vyf-Punt Plan” reg gehelp word!!!

Net jammer my oorlede moeder is nie hier vandag, om dit met Jacob Rees-Mogg te doen nie !!

Maria ·

Ons land SA vergewe en spreek vry geseende aan Britse! Die wiel sal draai met n regtigverdig en regtigheid gee oor aan Here.

Johan ·

As die konsentrasiekampe vir siviele mense in die tyd van oorlog dan so ‘n wonderlike ding is, waarom word dit nie meer so geïmplimenteer nie? Onthou dat die plaashuise afgebrand is, die vrugtebome is afgekap en selfs die vee doodgemaak is.

Morne van der Merwe ·

Die Britte is baie dapper. Hulle het nog altyd geveg tot die laaste Indiese huursoldaat.

Kerneels ·

Laat my dink wat Frik een keer gesê het toe hulle hom vra wat dink hy van ‘n bekende engelse slot ” man, ek het g’n dink van enige ingelsman nie!”

Staak saam ·

Dit is duidelik dat hierdie geleerde heer niks van die AB weet nie, miskien moet hy maar na die dokumenter gaan kyk wat die BBC saamgestel het.

Joe ·

Die britte het ons vrouens en kinders in konsentrasie kampe gegooi teen hulle wil. Hulle soos diere behandel en laat verhonger en nie ‘n duit omgegee nie. Die britte sal nog kry wat hulle toekom. Ons boere volkie sal deur al die haat en vervolging aan die ander kant sterker uitkom.

HBK ·

Die grootheidswaan van die Britte is die rede vir hulle eie ondergang. Dit is in my leke opinie ook ‘n groot faktor in die hele Brexit debakel. Simpatie vir hulle, gaan jy ongelukkig nie by my kry nie. Gaan Google ook gerus die “Irish potato famine” as ook die “Indian famine”. Dalk moet hulle die balk in hulle eie oog soek.

Leon Pit ·

Die British was n klomp loosers al hoe hul die oorlog kon wen is om die BOERE se moraal af te breek deur die vroue en kinders in kampe te sit soos skape en beeste. Hy moet die goed wat hy rook los en die geskiedenis na gaan.

Merkur ·

Die arrogansie van die Britse aristokrasie word, in die videos wat ek onder die artikel „Trump gaan noodtoestand afkondig vir muur“ gestuur het, ook in ´n mate uitgebeeld.

Chris ·

Was die Engelse maar nie altyd die begin en die ook die oorsaak van meeste van probleme in Afrika, meer spesifiek Afrika suid van die groot mere nie? Waar het apartheid ontstaan? Wie het Afrika opgekerf of in gebiede sonder inagneming van tradisionele areas? Wie het westerse wette, tradisies en gebruike afgedwing op die plaaslike bevolkings? Wie het die die minerale ontgin met goedkoop arbeid?
Stiff upper lip??

Dries du Toit ·

Al hierdie gebeure in die wereld kom maar net weer neer op rassisme. ‘N onwillekeurige gevoel wat binne ons DNA gesetel is en maar altyd sal woed.

Johanna Botha ·

Gevoed te word met GLAS wat in die meel was ….die ou weet nie waarvan hy praat nie hoor !

ZAR ·

Ons moet ons geskiedenis ken sodat dit nie herhaal word nie.
Frikkie, jy het duidelik nooit weermag diens gedoen nie, daai generasie moes grens toe om die land te beskerm, hulle moes sterf toe kommunisme en terrorisme die land wou oorneem. Toe word hulle verlei met propaganda om ja te stem deur die einste mense wat vir hulle gevra het om te veg. Die mense wat van beter geweet het is dood gepraat, uitgemaak as sleg. Jan-alleman het nie die politieke spel geken nie. Maar jy maak ‘n groot fout as jy sê daai generasie het dit maklik gehad.

Kerneels ·

Enigste goeie ding wat die pommies ooit reggekry het was om ‘n Landy te bou – en ook net die oues! ?

Dries du Toit ·

Kerneels toe die boere die pommies so opgevoeter het en hulle op n skip gesit het terug Engeland toe. Toe die skip so wegvaar toe skreeu een van die pommies vir die boere. “Dont you worry your problems will come in the future”
5 jaar daarna toe land die eerste Landrover

Meerkat ·

As jy nou ‘n Landy handelaar rooi wil laat sien moet jy hom beduie jy gaan jou Landrover vir ‘n Prado inruil.

Hans ·

Hy het seker ‘n “blank box” tussen sy ore. Hoop die queen gee hom insae tot Emily Hobhouse se briewe.

Jean ·

Goed om te sien die pommies se lafhartige daad spook nog by hulle… Probeer dit nou toesmeer…siestog…

Danie ·

Die mormon. Duidelik get hy geskiedenis vak gedop. Armed siel

Gert ·

As dit uit liefde vir die arme gesinne was, wonder ek hoekom is die huise afgebrand, hoekom is die landerye afgebrand, hoekom is die plaasdiere geskiet, hoekom het hulle in die konsentrasiekampe ‘n koppie water per persoon gekry, hoekom was daar geen mediese sorg nie, ens. ens….

Hanna Hoekom ·

En in die proses is n hele generasie amper uitgewis! Hartseer.

Lana ·

Net so, Charl. Die Jacob vent het darem nou ‘n groot klomp bollie gepraat!!

humor ·

En so maak hul nog steeds die ware aard van hul siek karakter bekend. Daar het nog net mooi niks in hul wese verander nie. Seker die rede dat ek nie so ontsteld is nie want ek beleef die innerlike van die Boere Afrikaner seefier nog steeds oor die verrotte gees van hierdie nasie. As hierdie man op hoogte was sou hy nie gepraat het van die ABO nie maar van die Engelse Oorlog. Die ware feite is dat die 2 Republieke die oorlog ten alle koste wou vermy het. Die waarheid is dat die Engelse die goud en Kimberlidiamante onweerstaanbaar gevind het. Lord Milner het hierdie oorlog ten koste van alles aangeblaas. Kruger het in radeloosheid uitgeroep:” Julle wil nie stemreg he nie. julle wil my land he.” Hierdie man kan gerus sy eie geskiedenis nagaan en vind hoe het die destydse liberale party van sy eie land die destydse regering met hand en tand beveg en hul aangekla vanwee die oorlogmisdadade deur sy eie mense gepleeg.

alwyn burger ·

Die ABO is nog nie ten volle gehistoriseer nie. Na regte was dit eintlik die Eerste Wêreld Oorlog. Engeland met al haar bondgenote was hier om die piepklein Boerestaatjies ñ les te leer

My-kind ·

Miskien moet die boer net ophou jannie jammergat speel en weer opstaan.

@ My-kind ·

Siestog, miskien moet jy hulle help. Want hulle le in plasse bloed dood in die huise op plase, NIEMAND het ooit die boereoorlog opgehaal voordat hierdie verwaande VENT dit kom regverdig het nie. Ons is stewig op ons voete, mag dit wat jy ander toewens jou toekom.

Hanna Hoekom ·

En in die proses is n hele generasie amper uitgewis! Hartseer.

Michael von Mallinckrodt ·

Chris, jy is reg. Die Engelse het daardie spesefieke aard oorals in die wereld vir moelikheid the soek en dan iemand anders daarvoor te straf. Dit is my punt. Hulle het die boere gedwing om die oorlog te begin, so dat hulle kan se, dis die boere wat begin het. Toe in 1961 SA `n republiek geword het en uit die commonwealth uitgetree het, het die engelse nasie nie darvan gehou nie. Dis hoekom Wilson destyds van “the wind of change” gepraat en alles so gelos en uit afrika onttrek.
Toe die osmaniese ryk uitmekaar geval het was die weer die engelse wat nuwe staate geskep het soos bv. Kuweit. Die heele nae ooste is deur die engelse herverdeel. Noudat daar in die gebiet oorlog heers en die vlugtelinge europa to stroom wil Groot Brittanje uit die europeese unie uittree. Hoekom? Hulle wil daardie vlugtelinge nie he nie. Met ander woorde hulle is nie beryd om vir hulle dade van lank terug op te staan en om verskoning te vra, nog om te help.
Ek hoop maar net die EU is sterk genoeg om die engelse te laat gaan dat hulle bloei. Maar ongelukkig sal dit nie so wees nie.

Jeremia ·

“Ignorance” is bepaald nie “bliss” nie. Onkunde is gevaarlik – SA se geskiedenis van 1994 getuig daarvan.
Die verwaandheid laat my dink aan garde soos Kitchener en Milner. Groot Boere-haters gewees.

Donderstorm ·

Ja hul het vroue en kinders verkrag op party plekke in SA is daar steeds briewe en privaat dag boeke wat dit in opgeskryf staan en wat als gebeur het hul het ook swartmense gebruik om die plase te vernietig en toegelaat dat hul die eiendom vat as betaling aangesien hul nie betaal was deur die britte nie hul het ook veel erger dinge gedoen as dit ten aanskoue van die britte en vandag is net ons skildag aan als onder die son.

Boerseun ·

Let wel, ons is Boere en nie Afrikaners nie. Boereoorlog, Boererepublieke, boerewors, boerekoffie, boerbeskuit, ens. Daar is gepoog om die Boer uit die geskiedenis uit te skryf en uit t edefinieer ten einde ons as volk uit die geskiedenis te skryf en om ons volkeregtelike aansprake te ontspoor. Ek is trots Boer!

nico ·

Konsentrasiekampe was in laagliggende gebiede geplaas waar die aarde klam gebly het sodat mense moes siek word en bly. Die Britte skuld ons n verskoning en so ook Peter Hain wat n Suid-Afrikaner was wat ons as muishonde uitgekryt het en n algehele sport boikot georkestreer het. Nou is hy tjoepstil en n Britse parlementslid. Wonder wat gaan nou in sy kop aan.

Adam ·

Jacob Rees-Mogg het hom tydens die Brexit debakel bewys as een van die mees prominente rugstekers in die morderne Britse politiek en sy uitsprake is soms gewoon onsinnig. Die Britte was nooit enigiets anders as imperialistiese plunderaars nie en hulle politieke gesiedenis is deurspek van voorbeelde wat die argument staaf. Sy argument oor die gebruik van konsentrasiekampe is suiwer snert. Ironies genoeg is ek ‘n Afrikaner met ‘n groot liefde vir die Engelse taal en kultuur en het ek boonop geen begeerte om die ABO te probeer oorveg nie. Dit is dus duidelik dat my minagting vir politiese uirspake soos hierdie spruit uit die Britse ontkenning van hul destydse wandade. Geen wonder dat hulle gekwyn het van ‘n eertydse koninkryk tot ‘n klein eilandjie wat bykans tegnies bankrot is nie.

Wonder net ·

As ek bogenoemde kommentaar objektief deurlees, kom ek tot die gevolgtrekking dat ons Boerevolk darem maar ‘n unieke spulletjie is. Sommige kommentaar is waar, ander “waardevoller” en selfs die “waardevolste”, maar helaas … ek kan my maar net verwonder hoe party die Engelse kloutjie by die Boere oortjie kry? Ons ken immers almal die waarheid rakende die konsentrasiekampte en dat die geagte Brit ‘n tipiesie politikus is wat dink hy weet iets van die onderwerp af (tipies!).
Miskien moet ons juis MM vra om ‘n empiriese studie oor ons Boerevolkie te doen: hoe ons kritiek hanteer, hoe ons humor gebruik om hartseer/teleurstelling/ons verslaentheid te verwerk. Dat ons ‘n unieke spulletjie is wat elkeen ‘n sterk opinie het – of dit waardevol is, of nie – dit is ‘n gegewe!

JAN ·

MM is ons verlossing uit Hoofstroom Media se teokratiese tirannie van dekades. HSM is die vyand van die NGK Christendom. Inderdaad soort Kerkkaping. ( Vorster) mees gesofistikeerde multimedia sielkundige oorlog ooit om Afrikaner van selfmoord te oortuig. =Nongwasi media = Nasionale Selfmoord.
Onder afdrygng van Pik die Grootmeester Mason.
Al my hoop is op MM et al en vertroue op genadige Jesus wie ons lot sal verander

marous ·

Konsentrasie kampe vir vrouens en kinders om in te sterf omrede hulle te sleg was om soos enige ander oorlog , waar hul betrokke was , mans en seuns in die oog te kyk . Die vernietigers van nasies en drome vir hul empire se gewin . Haatlike spul!

Piet ·

Jy het nie n idee wat waaroor die EU gaan nie. Lees gerus. Wanneer wes europa val, val die hele westerse wereld. Ons het klaar geval. Daar wag n swaar pad vir ons westerse nasies Engeland ingesluit. Die Russe, Turke, Arabiere, Afrikane en
oosterlinge gaan dit vir ons nag maak maar ons sal deur dit kom soos geprofiteer.

Jeremia ·

Net ‘n historiese regstelling: die sg. ABO is eintlik die Tweede Vryheidsoorlog. Daar was immers die Eerste Vryheidsooglog toe die Engelse lelik op hulle herrie gekry het en die oorlog verloor het.
Deur te skryf of praat van die ABO is om mee te doen aan die Engelse se selektiewe geheueverlies oor Majuba.
Die Engelse was telkens die aggressors en dit het vir Boere oor VRYHEID gegaan!
Vir diegene wat belangstel, gaan lees op wat die Engelse (byvoorbeeld) in Soedan gedoen het – volksmoord – soos in Tweede Vryheidsoorlog..
Ag, en moenie vergeet wat hulle aan die Iere gedoen het nie.
Die Ierse se volksmoord deur die Engelse word ook onder die mat ingevee.
Die Brittanje / Engelse vergeet ook gerieflikheidshalwe dat hulle naas die Portugese en Arabiere van die grootste slawehandaars was.

Johan ·

Die Boervolk wag nou nog vir Britanje se omverskoning oor die duisende ter duisende vrouens en kinders wat hulle laat dood gaan het. Hulle is dieselfde as die nazi weermag van WW2. Ek sal graag wil weet hoekom ons hulle nog nooit wereld hof toe geneem het oor dit nie.

Cathy Kotze ·

Ons kleindogter moes onlangs ‘n skoolprojek oor “genocide” doen en sy het die Britse konsentrasiekampe tydens die Anglo Boere oorlog as haar onderwerp gekies.

Haar Kanadese onderwyseres het nog nooit daarvan gehoor nie! Sy’t ‘n A+ gekry.

Toe ons Kanadese buurman nou die dag ‘n opmerking maak oor my antieke vleismeuletjie het ek genoem dat dit saam met my oumagrootjie in die Bethulie konsentrasiekamp was. Dit was die eerste keer dat hy daarvan gehoor het.

‘n Oorlogsveteraan by ons plaaslike militêre museum weet te vertel dat Engeland die “rebel provinces” binne geval het oor apartheid!

Die onkunde is verstommend.

Piet ·

Hallo Cathy, lanklaas van jou gehoor op sosiale media. Soos gewoontlik altyd goeie kommentaar.

JAN ·

1904 het die Herero uitwissing deur Duitsland gebeur. Baie erg. 60000 dood in Waterberge en water bronne na die ooste vergiftig.
Hiervoor het Duitsland onlangs om vergifnis gevra vir Namibia.

Watnou ·

Google gerus “Lizzie van Zyl British concentration camps” om naastenby ʼn idee te vorm wat daar gebeur het. Die Britse konsentrasiekampe was van ʼn laer intensiteit as Hitler se kampe, maar vir 27827 Boer vroue en kinders was die uitkoms dieselfde. Met die .303 en britse artillerie kon die Britte net 4147 boere krygers laat sneuwel, met hulle konsentrasiekampe het hulle 7 keer soveel doodgemaak. Dit wás uitwissingskampe..

Robert ·

Dit was die laagste en gemeenste taktiek wat n magtige land kon toepas om hulle te help om n oorlog te wen teen n veel gedugte teenstander as wat hulle ooit te doen gehad het mee niks anders as lafards nie die hele spil britte

Piet ·

Presies ja . Vergewe en vergeet en staan saam teen groter magte.

JAN ·

Die ergste ooit was die bombardement van Dresden deur Bomber Harris. Met Churchill se steun. 800 duisend vroue en kinders dood in 3 dae. 10 × meer as Hiroshima + Nagasaki
Onbewaakte stad geen troepe lugafweer..
Harris was ń ge-eerde Mason.
Maar lank nie meer nie.

Anoniem ·

Los maar die Britte. Daar is ‘n ding soos” “Die wiel draai; stadig maar seker”. Kyk maar hoe die klomp vlugtelinge wat hulle so inneem besig is om hulle stelselmatig oor te neem en die dag gaan kom wanneer die bordjies verhang gaan wees. Wanneer hulle in hulle eie land verdruk en vervolg gaan word. Dan sal die sekuriteitsmaatskappye en vervaardigers van diefwering, slotte, en al die lekker tierlantyntjies wat ons so aanskaf om ons plekke mee te “verfraai” se besighede blom.

George van Bloem ·

Mense kan maar lag maar Oom Siener het dekades gelede al voorspel dat Brittanje sal boet vir sy misdade en van die eens magtige Britse ryk sal daar niks van oor wees nie. Kyk maar vandag wat is oor?In 1995,as ek reg onthou,is Hong Kong ook afgegee so wat is daar oor? En nou die Brexit saga wat die Britte ‘n kwaai ekonomiese knou gaan gee. Nee wat,die wiel draai. Hulle het talle misdade teen die mensdom gepleeg maar die grootste bekke te spoel gehad oor die ou NP regering in SA maar hulle het ‘n GROOT rol te speel gehad in ‘n hele paar Afrika fiaskos van Suid Afrika en Rhodesia in die suide tot Egipte bo in die noorde.Om nie eers van Indie,Ierland ensomeer te praat nie. Geen wonder tot die Skotte wil afstig nie. Wees maar seker daarvan,soos oom Siener voorspel het,daar is ‘n rekening uitstaande en Brittanje SAL hom betaal. En van ‘n verskoning kan ons en talle ander maar gerus vergeet.Van inbors is daar by die spul geen sprake nie. Dit sal nooit gebeur nie.Maar hulle sal kry wat hulle toekom. Dit het deels al gebeur en is steeds besig om te gebeur.

Zumie ·

Maroela Media / of enige ander helper
Waar kan ons hierdie siel reghelp – miskien met ‘n “petisie” geteken deur ‘n klomp mense… dit kan nie so gelos word nie

johny ·

Gaan kyk watter nasie was vir die meeste sterftes van mense betrokke op die internet.rest my case.

KwasiMojo ·

Genade!!! Ek wonder wat het die engelse in Glascow (Skotland) aangevang dat so baie mense daar dood is?

Charles ·

ReesMogg het glad nie ‘n idee waarvan hy praat nie.Die konsentrasiekampe was ‘n opsetlike stelsel om die ABO op ‘n wrede en gewetenlose wyse tot ‘n VROEEeinde te bring,deur die logika dat strydende boereeenhede ontneem sou wees van ondersteuning en voedsel.Rees-Mogg behoort te weet die plase in die hande van ons boerevroue was florerende eenhede wat volop groente,vee en kleinvee gehad het,welke op die allerverskriklikste en wrede wyse om die lewe gebring was deur die verskroeide aarde beleid.

Ek bepleit nie daarvoor nie,maar dit verstom my dat die Britte nog nooit om verskoning gevra het vir hul gruweldade tydens die Anglo-Boereoorlognie-nie dat die Boere ook wreedwas nie-dit was immers oorlog.Maar almal weet die Britte was die imperialistiese aggressors-ten spyte van die feit dat die ZAR die ultimatum gestuur het.

In die verband kan genoem word die psigiese toestand te wete waarin die oortreder of antagonis,om sy gewete te sus-‘n viesheid of vreeslike haat ontwikkel en uitleef teenoor sy slagoffer-en dink ek dit is presies wat die Britte nog altyd toon.
In elk geval-ons boerevolkie het Britse imperialisme geknak-en die ABO het aanleiding gegee tot die eventuele verval en ondergang v/d “empaaier” en Britse verlies van moraal en prestige voor en tydens WO1.Vandag is daar 4,520,10 blankes in SA-WAARVAN 57,9% AFRIKAANS is en SLEGS 40.2% engelsprekend,met 1,9%wat ander tale praat,wat opsigself bewys is van die Britte se mislukte imperialistiese avontuur.

Mowgli ·

They should actually pay us restitution. Dis die ENIGSTE wrede moorde waarvoor niemand ooit betaal het OF om verskoning gevra het nie. NIEMAND is vervolg nie .. niemand het ook om verskoning gevra nie. Hy moet VAL!!! Ons weet wat daar gebeur het want ons oumas en oumagrootjies was in daardie kampe en hulle het aan ons die stories vertel wat ons selfs geboekstaaf het so MOENIE NONSENS VERKONDIG NIE!

Jean van der Riet ·

Lank en kort , hulle het ons plase gebrand en vroue en kinders in konsentrasie kampe geplaas om die boere in die oorlog se moed te probeer breek . Einde !!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.