Woede ná CapeNature leeuwelpie van kant maak

Die welpie waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

ʼn Herrie woed ná ʼn leeuwelpie waarop CapeNature in Augustus in Athlone beslag gelê het, dieselfde dag nog van kant gemaak is.

Die vier maande oue welpie is op 21 Augustus by die huis gevind nadat foto’s van die dier op sosiale media versprei is. Drie mense is reeds in hegtenis geneem oor die dier se aanhouding.

Die Wes-Kaapse polisie het intussen bevestig dat daar glad nie met hom vergader is voor die besluit geneem is om die welpie van kant te maak nie.

“Lede van die veediefstaleenheid het ʼn saak by die Wellington-polisiestasie aanhangig gemaak omdat daar geen konsultasie met die eenheid was oor die besluit om die dier van kant te maak nie. [Die welpie] is ʼn bewysstuk in ʼn ondersoek na die oortreding van natuurbewaringswetgewing,” het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, gesê.

Die welpie is aan CapeNature oorhandig omdat die polisie geen fasiliteite gehad het, en steeds nie het nie, om dit aan te hou, het Potelwa gesê.

Loren Pavitt, woordvoerder van CapeNature, sê die besluit om die welpie van kant te maak was “een van die moeilikste besluite” wat die organisasie nog moes neem.

“Die optrede was in ooreenstemming met internasionale beste praktyke, soos voorgestel deur die Wêreldbewaringsunie (IUCN) en die Konvensie op Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora (CITES) wat duidelike riglyne stel oor hoe daar van wilde diere wat tydens wetstoepassingsoptredes gekonfiskeer word, ontslae geraak moet word, of waar die diere geplaas moet word.

“CapeNature staan by sy besluit,” het Pavitt gesê.

Een van die foto’s wat vroeër op sosiale media versprei is. Die polisie het kort daarna op die welpie beslag gelê.

Volgens haar is rehabilitasie-opsies oorweeg, maar daar is bevind dat dit nie met “behoorlike bewaringsbeginsels ooreenstem nie”.

Pavitt het gesê die welpie is as troeteldier aangehou en omdat die dier gewoond aan mense was, sou dit onmoontlik wees om hom in sy natuurlike omgewing te rehabiliteer. “Daar is geen suksesvolle gevalle waar leeus gerehabiliteer en suksesvol in die wildernis vrygelaat is nie,” het sy gesê.

CapeNature sê hy het die besluit nie ligtelik geneem nie en deel die publiek se hartseer oor die dier se dood. Die organisasie het ook gesê hy is nog glad nie in kennis gestel dat ʼn saak teen hom oor die welpie se dood by die polisie aanhangig gemaak is nie.

Die drie mense, onderskeidelik 28, 29 en 31 jaar oud, wat in hegtenis geneem is in verband met die welpie se aanhouding, verskyn weer in Februarie in die Wynberg-landdroshof.

“Die oomblik toe dié verdagtes ʼn wilde dier uit sy natuurlike habitat verwyder het, het hulle ʼn doodsvonnis oor hom uitgespreek, omdat daar geen ander uitweg sou wees nie. Die besluit, wat in oorleg met ʼn veearts geneem is, was baie moeilik vir CapeNature. Ons sal aanhou om saam met die polisie te werk om die oortreders te straf,” het dr. Ernst Baard, uitvoerende hoof van bewaringsbedrywighede by CapeNature, gesê.

Paul Hart, eienaar van die Drakenstein-leeupark, was een van diegene wat heftig van CapeNature se besluit verskil het.

Hy het in reaksie daarop gesê Simba – soos hy na die welpie verwys – kon ʼn lang en gelukkige lewe in ʼn veilige hawe gehad het. “Maar ek skat volgens CapeNature is dit beter om dood te wees,” het Hart in ʼn inskrywing op Facebook gesê.

“Om een dier te red gaan dalk nie die wêreld verander nie, maar vir daardie een dier gaan die wêreld sekerlik vir ewig verander.”

Hart sê hy red en versorg al meer as 20 jaar lank gevange leeus of leeus wat met die hand grootgemaak is en sê Simba se dood het hom die josie in gemaak.

Hy het gereageer nadat ʼn woordvoerder van CapeNature aan ʼn radiostasie gesê het Drakenstein-leeupark is ʼn winsgewende organisasie en hy gemeen het dat daar ʼn insinuasie was dat dit dui op iets wat “vuil en onvanpas” is. Hart sê deur die fasiliteit winsgewend te bestuur, maak dit dit moontlik om diere wat gered is te huisves in fasiliteite van wêreldgehalte.

Die welpie nadat die polisie daarop beslag gelê het. Die dier is dieselfde dag nog van kant gemaak. (Foto: SA Polisie)

“Die laaste keer wat ek gekyk het, was CapeNature se fasiliteite, soos sy natuurreservate, óók nie gratis nie. Die organisasie is per definisie dus ook winsgewend en hierdie is ʼn geval van die pot wat die ketel swart noem.”

Hart sê die leeupark teel nie, dryf nie handel in leeus nie en bied ook nie enige vorm van interaksie met leeus aan nie. Dit is ʼn veilige hawe vir wildlewe.

Hy sê ook ingevolge riglyne van die IUCN word diere waarop beslag gelê is, net van kant gemaak wanneer alle ander opsies gefaal het.

“Ek reken die feit dat veilige hawens vir wildlewe geld moet invorder om vir die diere wat hul red te sorg, was ʼn bietjie van ʼn probleem vir arme Simba. Aanhouding was oënskynlik ook nie ʼn opsie nie, want volgens CapeNature se mediaverklaring ‘word dit nie as ʼn lewensvatbare opsie beskou om ʼn dier in aanhouding te plaas nie, omdat CapeNature nie dié gebruik steun nie’,” het Hart gesê.

CapeNature het gesê hy steun nie die plasing van wilde diere in aanhouding nie en het ʼn beroep op die publiek gedoen om nié sulke diere uit hul natuurlike omgewing te verwyder nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Pietie ·

Skokkend hoe vinnig die doodstraf oor ‘n dier uitgespreek word, maar moordenaars en misdadigers wat nie gerehabiliteer kan word nie spring die doodstraf vry ten koste van die gemeenskap en belastingbetaler.

Sulke optrede daal die aansien van bewaringsorganisasies.

·

Moet net nooit ooit weer enige iets na CapeNature toe vat nie. Hulle is nie veel beter as die ouens wat die leeu onwetig aangehou het nie. Daar is geen bewaring deur die goed dood te maak nie. Kan julle Carte Blanch onthou waar daar “bewaring groep van oorsee” oor die sybokhaar bedryf gekla het. Hulle het mos video gemaak, baie verdraai oor die bokke. Hulle het mos gesê al die bokke moet dood gemaak word. Dit was ook hulle wat honde uit die erf vat en dan uitsit. Moet asb. nie oorsee se bewaring gebruik vir Afrika nie. Ons het baie beter mense hier, wat elke dag met die diere werk en nie uit ñ boek wat mense geskryf wat geen ondervinding het nie.

Piet Snot ·

“Hulle is nie veel beter…”:
Ek verskil van jou. Die onwettige eienaars het veel beter na die dier gekyk. Toe hy afgeneem is, was hy klaarblyklik in goeie toestand.
Ure later was hy dood.
Dis nie dat CapeNature nie veel beter is nie. Dis dat hulle positief gevaarlik is vir ‘n dier soos daai.

Dawie ·

Daar moes sekerlik n ander opsie gewees het. Die leeutjie was springlewendig en gesond.

Alida ·

Stem saam really daar is baie plekke waat die diertjie gereabiliteer kom geword het, daai is nog ‘n ou babetjie. Plekke soos Lepalale Mamatau kyk baie mooi na hulle diere. Ag nee wat dit was nou regtig nie nodig om die arme diertjie dood te maak nie!!!!!!

Jerry B ·

Boiket Cape Nature. Moet hulle ook nie skenkings gee nie indien hulle afhanklik is van die publiek

AndrewL ·

Skandelik. Wat het van die karkas geword? Seker opgestop of verkoop.

Otto ·

Skande die eienaars was verkeerd maar hulle het die leeutjie mooi versorg. Hierdie mense is wreed ongevoelig en te groot vir hulle skoene. As hierdie in Amerika gebeur het het hierdie wreedaards tronk toe gegaan. Skande sê ek vir julle.

Michael ·

Wat n skande! Die veearts en lid of lede van Cape Nature wat die besluit geneem het moet ontbloot word. Ons wil weet wie die veearts was wat besluit het om n lewenslustige, pragtige en gesonde leeuwelpie sommer net uitsit. Geen diereliefhebber kan enigsins hul troeteldiere na hierdie veearts neem nie. Hy of sy moet verduidelik hoekom dit gedoen is – op watter mediese gronde!

Arie ·

Dit is uiters swak van hulle, maak toe julle deure want julle het nie eers probeer nie

Muffin ·

Jammer my vorige kommentaar was delete deur MM.
Se weereens dit was n dom en stupid besluit deur Cape Nature.

Die regte Grassie. ·

Die hele topbetuur van CapeNature behoort in die pad gesteek te word. Ek is seker as daar moeite gedoen was kon ‘n gekikte heenkome vir die welpie gevind word. Om ‘n gesonde, goedversorgde welpie sommer net dood te maak dui op ‘n gebrek aan passie en liefde vir diere, en dit deur mense wat veronderstel is om die natuur te beskerm.
Nee magtag!

Louise ·

Ons was al Baie by die Drakenstein Leeu Park en glo my daai diere is fris en gesond!!!! Wonder net hoekom Simba nie daarna tie geneem is nie dit is a NIE WINSGEWEND organisasie nie!!!!! Hulle kry Geen hulp van die regeting nie en ja ek gee glad nie om, om toegangvte betaal nie want hulle moet na die diere om gesien word. Iemand het a klompie geld gekry met hierdie Simba storie verseker????????????

Net my mening ·

‘n Mak leeu is perfek vir ‘n dieretuin of ‘n wild reservaat, waar jy nie hoef te bekommer dat iemand perongeluk in die kamp gaan beland en dadelik opgeeet word nie.

Ben ·

Maak Cape Nature toe. Hulle is onbevoeg om sulke besluite te neem.

humor ·

Gelukkig weet die diertjie nie eens dat hy nou dood is nie.

Yolani ·

Hoe kan jy in ‘n dag besluit om hom uit te sit en dan sê daar is rehabilitasie oorweeg? Dit moet tog ‘n deurdagte proses wees. Sekerlik moes die leeutjie eers in so sentrum geplaas geword het vir rehabilitasie voor dood oorweeg moes word.

Kas ·

Hulle moet nie vir my sê so dier kan nie gerehabiliteer word nie.Hulle kyk duidelik nie TV nie.Dit is die grootste xzsda wat ek al gehoor het.

Dick van der Merwe ·

Lekker om swak besluite opsigself te neem en dan weg te hardloop.
Staan Pa en vat jou teregwysing soos ʼn groot seun.
Partye bedel nou vir versagting met uiters swak aangevoerde redes.

Muffin ·

Vra maar net, dit is presies waaraan ek ook gedink het. Loren Pavitt woordvoerder van Cape Nature se dit was n moeilike besluit, maar op dieselfde dag was die welpie uit gesit. Totaal en al onnodig. Dit is duidelik waarneembaar dat hulle geen poging aangewend het om n ander tuiste te kry nie en/of andersins is hy onwettig verkoop.

Helene ·

My respek vr Cape Nature verloor. Ek deel Mnr Hart se sentiment.

As jy mý vra ·

Hierdie tragiese dood van hierdie pratige leeutjie is hartverskeurend !
Hierdie mense, wat hulleself glad nie diereliefhebbers kan noem nie, het net die maklikste uitweg gekies, hulle het nie eers probeer plan maak nie. Sommer al dag 1 die pragtige leeuwelpie van kant gemaak. Ek weet eerlik waar nie hoe mens dit oor jou hart kan kry om so ñ gesonde, jong diertjie met lewenslus in sy oë kan doodmaak nie. As dit die moelikste besluit is wat jy nog ooit moes maak, hoekom dit dan so vinnig & maklik doen? Party mese het dit maar net nie in hulle nie om diere te probeer beskerm nie.
Ek is 100% seker as hulle vir Marlice van Vuuren
van Naankuse (Groen Namibië)genader het, sou sy hierdie welpie met ope arms ontvang het en groot gemaak het. Hy kon ñ lang en gelukkige lewe daar gehad het, maar nee, dis nou kort geknip. Want as daar nou enigeniemand is wat dit kon regkry is dit Rudi & Marlice, so terloops, opregte diereliefhebbers.
Niks wat hierdie spul sê om hulself te verdedig, kan regverdig wat hulle gedoen het nie.
Absoluut niks! Ek is diep teleurgesteld dat ñ organisasie soos Cape “Nature” nogals, in staat is om so iets te doen!

AG NEE MAN ·

Was dit nou nodig?! (sou my pa baie omgekrap gesê het). Ten minste kon hulle die leeutjie net een kans gegee het by een van vele geskikte oorde in die land. Wie is so wreed?! Om die oortreder te straf? Nee nee nee. Hier is gou, vinnig en uiters dwaas besluit en opgetree. Diegene wat so ongevoelig is, behoort nié die gesag te hê om sulke wrede en onnodige besluite te nerm nie. DBV, of enige organisasie met die vermoë, tree op, asseblief!

JohanR ·

In vervolg hou alle diere weg van Cape Nature af. Het al lankal nie sin in Cape Nature nie.

Maljan ·

Hy was nog n baie jong dier en na my mening baie rehabiliteerbaar. Iemand het hom of verkoop (was die karkas getoon) of die diertjie het geklap, gekrap if gebyt en toe ter dood veroordeel.

Louis ·

Ek stem saam mnr Hart!
Weens die leeu welpie deur CapeNature dood geskied is en daar alternatiewe was, verloor CapeNature baie kanse op ondersteuning van enige soort.

CdV ·

Absolute opvallend hoe still die Wes Kaapse DA premier is. Cape Nature val onder hom. Geen skorsings, ondersoeke of koppe word ge- eis. Lekker tweegesig.

Christine vd Westhuizen ·

Ek ken ook veeartse wat moeite doen om n dier so gou as moontlik uit te sit looi daardie veeartse DBV

Koos ·

Daardie patete hoort agter die tralies. Ek hoop die storie raak internasionaal.
Daar word n klomp veeartse en helikopters gebruik om leeus te red en hul maak n gesonde enetjie sommer dood. My bloed kook!!!

Mistique ·

Daai welpie was gesond. Cape Nature moet aangevat word. So gerieflik, dat hul net besluit om die gesonde welpie uit te sit. Moenie diere of befondsing gee vir Cape Nature. Die wat hul ondersteun is net so skuldig soos hul. Ek koppel my nie met sulke organisasies.

Roosknop ·

Ek hoor, lees en sien dag in en dag uit die wreedheid van die mens. Mense praat daagliks en skud hulle koppe oor die wreedheid van ander mense. Self’s die wildjagters en vleiseters is in skok. Ons is aangestel om die aarde te regeer. Maar sê ek dat die mens die grootste flop van die skepping is, word ek voorval, beledig en sleggesè deur die mens. Ek wens ek kan aan die natuur en dierelewe sê ek is jammer. Baie jammer, hulpeloos en skaam dat ek ook n mens is.

PJC ·

Hierdie lyk na ń oorhaastige besluit deur onbevoegde mense. Dalk ook van die gevolge van transformasie.

Hagar ·

Die mensdom het al baie afgestomp geraak, Kyk net die horde kommentare oor n leeutjie wat sagkens uitgesit is en skrale kommentare oor wrede gru moorde, verkragtings, aanvalle ens.

antie ·

dis baie jammer dat die welpie dood is…maar ek hoop die mense wat die welpie aangehou het…… need I say die ma van die mannetjie het tronkstraf uitgedien vir moord van haar man …nadat die wat sy gehuur nie meer wou moor nie ……[sy kom blykbaar binne-kort blykbaar uit] …. en geld is blykbaar nie n tekort nie….. leeus is nie pets nie….

George in Bloem. ·

So hartseer en onnodig. Kon hulle nie maar net ‘n bietjie meer moeite gedoen het en erens ‘n plekkie vir die outjie gekry het nie? Hy was dan so pragtig en duidelik blakend gesond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.