Woede ná kleuter se moord; ma se verloofde aangekla

Betogers Maandag buite die hof. (Foto: Verskaf / Kade Guerreiro)

Die moord op die tweejarige Chevonne Rusch het die gemeenskap van Klopperpark in Germiston geruk.

Verskeie mense het Maandag met plakkate buite die landdroshof op dié dorp saamgedrom waar Stefan van Niekerk in verband met die kleuter se moord verskyn het. Na verneem word, is die beskuldigde die verloofde van Chevonne se ma, Rochelle Botha.

Die gemeenskap eis nou geregtigheid vir die blonde, blou oog meisietjie wie se lewelose liggaam Woensdag by die Wannenburg-kliniek in Germiston afgelaai is. Chevonne is by dié kliniek dood verklaar.

Chevonne Rusch (2). (Foto: Facebook)

Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het vroeër gesê dat Chevonne veelvuldige kneusplekke aan haar liggaam gehad het. Sy is glo deur Van Niekerk na die kliniek gebring voordat hy die pad gevat het. Hy is kort daarna in hegtenis geneem.

Inwoners vra nou dat Van Niekerk agter tralies bly tot wanneer hy op 25 Mei weer in die hof verskyn en na verwagting sal aansoek doen om borgtog.

“Vroue- en kindermishandeling in Suid-Afrika het ʼn hoogtepunt bereik. Sou die beskuldigde skuldig bevind word, versoek die gemeenskap dat hy die maksimum vonnis ontvang.

“Mag hierdie engeltjie in vrede rus,” het Kade Guirreiro, DA-raadslid, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Rochelle Botha en Stefan van Niekerk. (Foto: Facebook / Rochelle Botha)

Willem Barnard, ondervoorsitter van die AfriForum-tak op Germiston, sê die gemeenskap beplan om weer tydens die volgende hofverskyning op te ruk.

“Dis belangrik om bewustheid te skep – nie net vir dié saak nie, maar alle soortgelyke sake. Ons praat van kinders. Hulle is die toekoms van die land. Ons kan nie toelaat dat sulke goed met hulle gebeur en dat dit ongesiens verbygaan nie.”

Hy hoop dat nog meer mense die saak volgende week sal ondersteun.

Bradleigh Rusch (links), Chevonne se pa, saam met een van die betogers buite die hof. (Foto: Verskaf / Willem Barnard)

ʼn Vertroulike bron het Dinsdag aan Maroela Media gesê dat Van Niekerk voorheen al met die gereg gebots het. Hy het na bewering ook ʼn “lelike geskiedenis met dwelmmisbruik”.

Die bron is van mening dat die kind nooit in Van Niekerk se toesig moes gewees het nie.

“Daai kindjie was nog so afhanklik. Sy het dit nie verdien nie – dit maak my briesend. Ek weet egter sy is nou op ʼn beter plek waar sy nie meer seergemaak kan word nie.”

Chevonne se pa, Bradleigh Rusch, het Maroela Media se navrae na die private speurder Mike Bolhuis verwys, wat die saak ondersoek.

Volgens Bolhuis werk sy ondersoekers tans saam met maatskaplike werkers om Chevonne se sibbe elders geplaas te kry.

Maroela Media het ʼn navraag aan Botha op Facebook gestuur, maar sy het nie gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Marcello ·

Stem saam, sy is net so skuldig, want hoe kyk jy toe, dat jou kinders geslaan… ens. word, sonder om jou mond oop te maak. “n Man sou aan my kinders vat of lelik wees, dan was hy UIT by die deur.

Di ·

Het nie woorde nie – MONSTER, dis wat hy is. Hoe kan ‘n ma haar kind by so iemand los?

May10 ·

Hierdie kind moes vir n baie lang ruk mishandel geword het. Iemand wat kinders mishandel doen dit oor n tydperk. Daar is meer agter hierdie storie. Rus in vrede meisiekind!

Misky ·

Waar was die ma as die verskriklike dade gepleeg word? Kla haar ook aan asb.

Madelein ·

En nou gaan die Ma kwansuis nie weet dat haar kind in gevaar was nie.

Christine ·

En dit sal snert wees, want hoe.bad.en trek jy jou kindjie aan sonder om die.kneusplekke te sien? Sy moet ook aangekla word.

Johan ·

Julle is almal baie lelik met die man! ek smeek dat hy borg kry en aan my oorhandig word, ek sal baie mooi vir hom sorg en dit wat na twee weke nog oor is kan hulle dan in die tronk sit. gee hom vir asb!!!!! ek sal betaal om hom vir twee weke te kan versorg. Geen mens moet bly lewe as jy n kind se lewe so wreed geneem het nie.

SwartBees ·

Waar was die Ma?
Kla die ma ook aan!
Hoekom het die hof nie die dogtertjie in die Pa se sorg geplaas nie?

SwartBees ·

EN ewe skielik oor nag word hulle die grootste gelowiges wat mens ooit kon kry.

Wat op dees Aarde ·

Die ma moet ook aangekla word. As mesn so na daai 2 se gesigte kyk voorspel dit net loeilikheid. Tronk toe en geen parool. 25 jaar is té min vir hierdie monsters.

Swerwer ·

Sterkte Bradleigh Rusch . Rochelle Botha en Stefan van Niekerk moet beide aangekla en gestraf word. Sy moes geweet het dat haar pragtige dogtertje mishandel word.
Maak my briesend dat onskuldige kinders so wreedaardig behandel word!

Charllas ·

As ek verkeerd is kan kenners my reghelp, maar kneus plekek wys nie dadelik nie – self as mens dood is wys dit eers na `n paar uur. Sy het reeds kneusplekke gehad by die kliniek gehad, dus moes die ma iets geweet of vermoed het. Wie het die dogtertjie gebad in die aande???? Hoe los jy jou kind by so iemand?? Sy het ander opsies gehad (die pa)
Rus rus mooi pragtige liefie

Darts girl ·

Ek stem saam met jou, die ma moet ook aanspreeklik gehou word sy moet ook swaat gestraf word vir wat met die kind gebeur het.

Hannelie ·

GEMORS!!!!! Ek stem Janice die ma moet ook aangekla word!!!!!!!

TRP ·

Hierdie het my gister so gepla. Ek verstaan glad nie hoe ‘n ma haar kind so kan vaal en ek dink meer as net die ma want ek dink Chevonne sou beter af gewees het by haar pa. Ek hoop geregtigheid geskied sommer spoedig.

Blikkies ·

Sulke tipe goed laat my bloed kook, sy ma is net so skuldig indien nie meer nie dat sy sulke gemors in die arme kind se lewe toegelaat het.

Jr ·

Give him to us miners underground. You will wish you were never born you rubbish

Browniemix ·

Die liewe klein mensie moes vir ‘n hele lang ruk mishandel geword het.
Soos almal vra waar was die ma?? As sy daardie klein lyfie elke aan gebad het sou sy dadelik onraad vermoed het.
Daardie kind was so onskuldig soos alle klein mensies.
Hulle verdien mekaar sluit hulle albei toe, en gooi sommer die sleutel weg mag hulle vrot in die tronk.
Sulke mense moet nie kinders hê nie. Daar is mense wat daagliks smag na ‘n kind en dan die wat kinders het mishandel hulle.
Ek dink persoonlik sy sou baie beter af gewees het by die pa.
Rus sag by Jesus se voete kleine pop, daar sal jy nooit weer seer kry nie

Pablo ·

Wat n n siek mens. Ek hoop hy het n lewe van hel in die tronk. Dis onbeskryflik dat iemand so iets aan so n n mooi kind kan doen Hy is n monster.

Sarel ·

Hoekom het die Pa nie stappecgeneem.om .kinders uit
die twee mense se sorg te neem.nie. Nou is te laat..
jou kind is nie meer nie..

Marcello ·

Aai!!! As vrouens net hul oë wil oopmaak en kyk hoe ‘n “nuwe mansvriend” teenoor hulle kinders optree. Maar dan is hul so verlief dat hulle maar net al die tekens ignoreer. Kyk asb. vir Rooi ligte wat aandui op geweld teenoor jou kinders. ‘n Nwe verhouding is nie jou kinders se geluk en welstand werd nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.