Woede ná man wat eenjarige raakry, ‘skotvry’ wegstap

Chiedza Sjambok en haar dogter, Britney (1). (Foto: ANA)

Die ma van die eenjarige Britney Ruguwa, wat dood is nadat sy in April vanjaar by ʼn dagsorgsentrum in Johannesburg raakgery is, het onbedaarlik gehuil nadat sy gehoor het die saak teen die betrokke motoris is teruggetrek.

“Ek het verlede week in die openbare galery van die Hillbrow-landdroshof gesit en ek kon nie my ore glo nie. Selfs nou maak ek myself wys dat ek verkeerd gehoor het. Dit kan nie waar wees nie. Hoe kan die strafregstelsel ʼn man laat gaan wat erken het dat hy oor my kind gery en haar dood veroorsaak het,” het Chiedza Sjambok gesê.

“Ek kan dit nie glo nie. Sê die strafregstelsel dat my dogter verkeerd was? Al wat ek vra, is geregtigheid vir my kind sodat ek aan haar broer en suster kan verduidelik hoe sy dood is.

“Ek het in ongeloof gekyk hoe stap die beskuldigde uit die hof. Iets is nie reg nie. Hoe ry jy oor ʼn eenjarige en die hof laat jou skotvry wegstap. My kind het ʼn pynlike dood gesterf, doodgedruk deur ʼn bewegende voertuig. Het ek ʼn fout gemaak om my dogter na daardie dagsorgsentrum te neem? Sedert April het nie ʼn enkele mens ‘jammer’ gesê nie. ”

Maroela Media het vroeër berig klein Britney is op 13 April dood nadat ʼn voertuig op die Busy Bears-dagsorgsentrum se terrein in Rembrandtpark oor haar gery het. Haar ma het haar vroeër die oggend op pad werk toe daar afgelaai.

Jonathan Zulu is later in hegtenis geneem nadat burgerregtegroepe druk op die Sandringham-polisiestasie geplaas het.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se woordvoerder in Gauteng, Phindi Mjonondwane, het bevestig die saak is teruggetrek.

“Die saak is verlede Vrydag teruggetrek. Die beskuldigde [Jonathan Zulu] het suksesvolle voorleggings aan die NVG gedoen,” het Mjonondwane gesê.

Britney se pa, Nick, het gesê die gesin het nie eens geweet wie die prokureur van die regshulpraad was wat hulle in die saak verteenwoordig het nie.

“Selfs die ondersoekbeampte, ʼn mnr. Manaka van die Sandringham-polisie, praat nie met ons nie. Die saak spook by ons. My vrou het die hofverrigtinge vyf keer bygewoon. Ons het nie geweet wat aangaan tot die beskuldigde weggestap het nie,” het Nick Ruguwa gesê.

“My vrou huil elke keer wat sy die kleuterskoolhoof in die buurt sien. Sy huil troosteloos.

“Ons is tot op die nippertjie in die duister gehou. Ons het niks geweet nie, nie eens wie die aanklaer was nie. Ons het nie ʼn sentimeter beweeg sedert die voorval in April gebeur het nie.”

Die burgerregtegroep Sanco het ná die voorval gevra vir ʼn ondersoek na hoekom die polisie aanvanklik nie ʼn saak van strafbare manslag teen Zulu aanhangig wou maak nie. ʼn Aanvanklike saak van roekelose en nalatige bestuur is eers geopen, maar is ná volgehoue druk na strafbare manslag verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Moedeloos ·

Ek weet van n geval waar n man doodgeskiet is, moordenaar het dit erken en na 2 jaar is hy ook gelos. Welkom in SA

Martie ·

Dit is Suid Afrika in die land kry n dief R3000 borg en n moordenaar R1000 borg en dan ook partykeer gaan mense wat onskuldig is tronk toe en die wat skuldig loop vry uit n hof.

Zel ·

My hart gaan uit na die ouers. Jammer oor julle groot verlies. Mag die Here vir julle help om die skuldige te vergewe en vrede te vind. Baie sterkte.

James ·

Sterkte mev. Wens net almal wil reg stem dat hierdie land gered kan word. Maar heeltyd ANC en maatjies.

Geenregstelsel ·

Dis skokkend. Die arme ma. En dis die cuteste ou dingetjie gewees. Hoe wreed. Hoe verkeerd.
Ongelukkig faal ons regstelsel so baie mense.

Geliefd ·

May God bless your family, and give you peace, I pray for Gods hands over your children, I pray for wisdom and courage to get through every day, I am so sorry for your loss.

Cherokee ·

Mikey Schultz en Nigel Mcgurk wat Brett Kebble vermoor het en dit erken het, het vry uit die hof gestap. Schultz het die sneller getrek en dit erken. Hulle is nie slegs vrygespreek maar het hul vuurwapens, 9 daarvan, terug gekry.

sweis ·

Ons moet n onafhanklike tuisland kry waar ons van voor kan begin waar die mense kan leef in n veilige en regverdige land sonder korrupsie, dit is waarvoor ons moet baklei.

Hendrik ·

Wat is die feite van die saak? Wat se getuienis is daar dat die bestuurder nalatig was? Was die ouer nie dalk nalatig nie? Uit die inligting in die artikel is dit onmoontlik om n afleiding te maak. Die feit dat die kind dood is en die ouers hartseer is, bewys nie die bestuurder was nalatig nie.

Suzie ·

Ek neig nogal om met jou saam te stem. Sy was 1 jaar oud. Hoekom was sy in die eerste plek waar ‘n motor haar kon omry. Ek is jammer vir die ouers se verlies, maar ek dink ook nie die man het haar met opset raak/dood gery nie

Thys ·

Word deur die gepeupel skuldig bevind, sonder dat hulle die feite ken

Skerpioen ·

Ek stem saam met jou Hendrik. Dis hartseer wat hier gebeur het maar as die bestuurder nie nalatig was nie kan hy mos nie vir die kind se dood verantwoordelik gehou word nie. Vervolg en straf eerder die persoon wat waarlik hier nalatig was.

Judge Dredd ·

Stem saam, daar word ook nie gemeld of die dagsorsentrum moontlik nalatig was – miskien moes die ouer eerder ‘n saak teen hulle gemaak het.

Cherokee ·

Ek stem nie saam nie. ‘n Kind van een jaar oud is nie vinnig nie en dit is dus onwaarskynlik dat sy skielik voor ‘n kar sou inhardloop. Dit klink eerder na roekelose en nalatige bestuur. Selfs al was sy alleen en sonder enige oppasser, was dit steeds op ‘n plek waar klein kindertjies is en uiterste verigtigheid aan die dag gelê moes word.

Thinus Erasmus ·

Aag asseblief Hendrik,
vertel jy vir ons hoe ń eenjarige kind ń aandeel in hierdie geval het? Onthou sy is by ń dagSORGsentrum afgelaai, nie in die straat of by Kyalami nie.
Jy kan maar jou blind hou vir die onreg – maar die skandelike onbevoegdheid kan mens met ń rubberslang in die donker voel!

Anel ·

In hierdie land kan jy iemand dood maak en niks oorkom nie. Moet net nie iemand slegs sê nie dan word jy gejag en tronk toe gestuur.

jaco ·

Dis n vonnis wat mens sou verwag as die slagoffer wit was. Baie vreemd.

Hansie ·

Ek dink Hendrik is die enigste persoon hier met perspektief. Gewoontlik het n saak drie kante, wat jy se ,wat ek se, en die waarheid

Nicolene ·

Daar is geen getuienis nie. En dít is die rede waarom die saak voor die hof moet kom – sodat die getuienis oorweeg kan word. Ek sou ook as ouer van die pragtige klein dogtertjie so ‘n bietjie meer geregtigheid verwag het. ‘n Suksesvolle voorlegging is één kant van die saak. Wie luister na die ander kant?

wet ·

Hoe word ‘n een jarige deur ‘n vreemde persoon raak gery? Mens kan dit verstaan as dit by ‘n ouerhuis gebeur maar by ‘n dagsorg sentrum? Dit kan beide kante toe gaan vir nalatigheid.

Skerpioen ·

Ek stem saam met jou Hendrik. Dis hartseer wat hier gebeur het maar as die bestuurder nie nalatig was nie kan hy mos nie vir die kind se dood verantwoordelik gehou word nie. Vervolg en straf eerder die persoon wat waarlik hier nalatig was.

jaco ·

Ek sou so n onskuldigbevinding verwag het as sy slagoffer wit was. Wit mense is mos maar 2de klas burgers en “dis goed” as hulle doodgaan. Dis mos maat hoe die “twee stelle reëls” in ons regstelsel werk. Dis egter uiters vreemd dat hy onskuldig is terwyl sy slagoffer van sy eie ras is.

Magda ·

My innige simpatie met die dood van U dogtertjie – maar JA – Stem ANC en dit is wat julle kry.

jakes ·

Die uiteinde van die saak is glad nie verbasend nie. Het die kleuter die bestuurder gevra om haar dood te ry? Die ongeluk het by die kleuterskool gebeur waar bestuurders uiters versigtig behoort te wees vir kinders wat dalk voor die motor kan inhardloop. Ons regstelsel is siek en is dit al vele kere die afgelope jare bewys.

Riri ·

Hierdie was waarskynlik ‘n ongeluk. Die verantwoordelike persone is ongelukkig nie die bestuurder van die voertuig nie, maar die persone van die kleuterskool wat moes kyk dat kinders nie op die terrein is waar voertuie beweeg nie. Veral nie 1 jarige kinders nie. As jy iemand wil aankla moet dit dus die dagsorgsentrum wees in my opinie.

Nico K ·

Ek het nou die dag weer gesien hoe stap mense langs die pad en die kind hardloop voor die verkeer in. As ‘n kind raakgery word kan julle nie aanvaar dit is die bestuurder se skuld nie.

wonder ·

Ek wed jou die Zulu ou is verbonde aan ‘n groot naam in die politiek, dis hoekom die polisie nie betrokke wil raak nie

Tracy ·

Ek is n ouma en sien elke dag hoe kinders by skole en kleuterskole hul ouers se hande los en oor die pad hardloop. Hierdie eenjarige is nog nie vas op haar voetjies nie, het sy self geloop ? Die berig noem die voertuig het oor haar gery, het die voertuig agteruit gery of vorentoe? Was die kleintjie sigbaar vir die bestuurder? Waar was die ma het sy die kind se hand vasgehou. So jammer vir hierdie ouers my hart sou breek as dit myne was maar ouers moet besef kinders is onvoorspelbaar en hul altyd onder oog hou en hande vashou waar baie verkeer is. Sterkte vir die mamma en pappa.

Maljan ·

Die kind is op die kleuterskool terrein raakgery, nie in die parkeerterrein of straat nie. Die vraag moet dus wees “wat het die kar op die kleuterskool terrein gesoek? Nes my vraag is…. “Wat soek kleuters en skoolpligtige kinders by verkeersligte op besige paaie waar die ouer/voog staan en bedel?

Bernie ·

My condolences to you, Chiedza – I agree with you! HOW can this happen? That guy has taken away your most valuable possession…. your child! nothing can ever replace her. Nothing will take away your pain!! You HAVE to appeal. I’m so sorry for your pain. I can only pray for you. There’s no bigger pain than losing a child. Britney was so gorgeous and seems as if she was a lovable little girl.

Chris ·

Aag asseblief Thinus Erasmus!!! Ek dink jy het die kat aan die stert beet.

thinus erasmus ·

Weet jy Chris, die bestuurder van ń voertuig word outomaties van Strafbare Manslag aangekla, soos bv. wanneer ń ouer sy eie kind doodry wat agter ń voertuig speel. Dit bly uiters nalatig en die erns van die gevolg noop dat die saak uiters goed behartig word. Ja dis nie moord nie, maar dit grens daaraan as jy nie net bloot nalatig was nie maar ook roekeloos. Vir enige personeellid by ń skool of dagsorg is dit nie net nalatig maar ook uiters roekeloos om in ń voertuig te klim en te ry sonder om te kyk of daar nie ń kind naby is nie.
Die hantering van die saak wys die totale gebrek aan gesonde verstand: daardie “gemiddelde persoon toets” waaraan die lang(lam) arm van die gereg deesdae ly!
Al is dit net die kat se stert, ek het darem IETS beet!!!!

genoeg is genoeg ·

Welkom in Suid-Afrika… nou voel die ma dieselfde as al die ander mense wie ‘n famielie lid op ‘n wrede manier veloor het … en die moordenaar loop vry rond!! En jy en jou familie as gehoorsame burgers is niks…!!

Piet parys ·

Slegs een vonnis vir hom en dit is die boendoe hof. Dis al wat verseker werk en geen belasting geld nodig om hom te voer terwyl hy in die teonk is nie. Hy ken seker die wat hom moet vervolg

ES ·

Versoek hersiening van die saak by die hooggeregshof (nie appelhof) aangesien daar onreelmatighede gedurende die hofsaak was – hy kan nie skotvry daarvan afkom nie, die regte prosedure MOET gevolg word tydens ‘n hofsaak.

Elsabie ·

Ai mamma, ek voel jou pyn en kry jou so jammer. Ek sou presies dieselfde gevoel het as jy. Dis so onwerklik dat sulke dinge moet gebeur. Ek bid vir jou dat jy vertroosting sal vind. Ek weet jou hart is seer. Baie sterkte.

Penelope ·

My innige simpatie vir die ouers, dis baie hartseer. Ek voel ook dat die persoon wat na die kind moes omsien verantwoordelik gehou moet word. Hoekom was die kind naby bewegende voertuie? Ek voel ook dat die ouers nie reg behandel is deur die Polisie nie, hulle het ‘n kind verloor…. die minste wat julle kan doen is om met die ouers te praat oor die stand van sake. Onmenslikheid!

Maria ·

So jammer vir die familie wat hul kind verloor het. Ek dink die mamma wil net antwoorde he en sy kry dit nie. Maak nie saak wie is skuldig of onskuldig nie. Dalk is “closure” waarna die mamma soek. Dink aan hoe jy sou opgetree of gevoel het as jy in haar skoene gestaan het. Ek bid vir daardie familie vir vertroosting en sterkte vorentoe. Mag God hul teen Sy bors vashou en vertroos.

JohanR ·

Kan ‘n gel fonds gestig word, en AfriForum hierdie saak opneem? Hierdie is rerig ‘n onregvaardige saak!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.