Woede ná ontploffing by Engen-raffinadery

Bekommerde inwoners stap verby Engen se aanleg in Durban. (Foto: Mlungisi Mbele/AFP)

Daar is groot woede ná ʼn ontploffing Vrydagoggend by die Engen-raffinadery in Durban – die derde gevaarlike voorval by die aanleg in minder as 13 jaar.

Die aanleg is in 2008 vir vier maande gesluit ná ʼn soortgelyke ontploffing. ʼn Brand het ook die vorige jaar uitgebreek toe weerlig ʼn brandstoftenk getref het. Die raffinadery het ná daardie voorval steeds operasioneel gebly.

Die South Durban Community Environmental Alliance (SDCEA) het Vrydag gesê hy gaan strafregtelike klagte teen Engen aanhangig maak omdat die maatskappy volgens hom “kortpaaie vat”.

“Dit het opgeblaas omdat die raffinadery giftig is en hulle dit nie in stand hou nie,” het Desmond D’Sa, koördineerder van die SDCEA, ná die ontploffing gesê.

Rook en vlamme het vanoggend by die raffinadery uitgeborrel terwyl tientalle brandbestryders hulle na die toneel gehaas het. Niemand is beseer nie, het Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê.

ʼn Woonstelblok het byna op presies dieselfde tyd ook in vlamme opgegaan. Daar was egter nie duidelikheid of die twee voorvalle met mekaar verband gehou het nie.

Albei brande is deur die loop van die oggend in bedwang gebring en paramedici het sewe mense vir rookinaseming behandel.

Die ingang na Engen se raffinadery in Durban. (Foto: Mlungisi Mbele/AFP)

Engen het gesê die oorsaak van die brand word ondersoek, terwyl die SDCEA vir ʼn onafhanklike ondersoek daarna gevra het. Die organisasie het ook gevra dat die luggehalte in die gebied gemonitor moet word.

Die organisasie Greenpeace het intussen gesê die Wentworth-gemeenskap word gereeld blootgestel aan “giftige gasse” wat asemhalingsiektes veroorsaak en “verwoestende” langtermyngevolge vir mense se gesondheid kan inhou.

“Toenemende asemhalingsprobleme wat gemeenskappe in die Suid-Durbanse kom raak, is die gevolg van Engen se bedrywighede,” het Nhlanhla Sibisi, verbonde aan Greenpeace Africa, gesê.

Engen se Durbanse raffinadery het volgens die maatskappy se webwerf ʼn kapasiteit om 120 000 vate ruolie te raffineer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jaco ·

Dié “kortpaaie” kom nou van regstellende aksie en BEE. Meriete, opleiding en ondervinding tel eenvoudig niks. Ek sidder vir die dag wanneer ‘n regstellende aksie aangestelde werker van eskom die verkeerde knoppie by Koeberg kernkragstasie druk en 4 miljoen mense in Kaapstad deur die gevare van nuclear meltdown bedreig word.

Brett ·

Cecilia……… Lees bietjie hier bo……. En al die ander berugte (behalwe jou eie natuurlik) Sien dus iemand met comon sence. Sien die proebleem en nie die EFF mentaliteit nie

Cecilia ·

Weereens swak bestuur en instandhouding wat nie gedoen is nie. Maar d sakke vd hoees is propvol gestop.
Maklike oplossing.
Kom ons SA hou op om ENGEN te ondesteun.

Co ·

Boikot hulle al jare, nadat ek gehoor het die gauverment het ‘n vinger in die pie van engen!

Brett ·

Dus so maklik Cecilia ek stem saam met jou kom ons hou op om Engen te ondersteun……… Maak Engen toe….. Dank al die werkers af…… Laat die land se werkloosheid verder stuig….. Laat daai werkers en hul gesinne sterf van die honger dan sal hulle sommer ook uit daai woonstelle of huis se trek……… Daai selfde gemeenskap werk by Engen en hulle vat die sogenaamde kort paaie…. Ja hulle is nie in beheer van als nie maar is bewus van die kort paaie……… Die verkeerde ding is altyd lekker……. Tot jou pêlle jou uitvang dan wil almal hul monde spoel en ander pla meer…….

Herms ·

Detyds het die wet bepaal dat enige petrochemiese aanleg 30km en meer buite stedelike gebied gebou kan word.
Nou gaan die mensdom en bou sy huis reg langs die aanleg en wil nou die refinery aanvat oordat dit onveilig is om daar te bly. Dis nie die refinery se skuld dat jy daar bly nie. Die refinery was eerste daar an volgens wet. Vat die regering aan of die entitie wat die wet gebreek het om erwe oop te sit reg langs die refinery.

Stephanus ·

Ek weet darem nie of al die aantygings wat nou deur verskeie sg gemeenskapsorganisasies gemaak word wetenskaplik bewys kan word nie. Waarom is die probleme waaroor daar nou gekla word nie vroeer aangespreek nie? Om te wag tot iets gebeur en dan op die kar te wil spring is iets wat by die EFF hoort. (is die kapasiteit van die aanleg 120 000 vate per dag of per maand of per jaar?)

Hennie J ·

Die jaar 2040: Goeiemore klas, vandag gaan ons konsentreer op die gewese engen aanleg in Durban en wat die omgewingsgevolge is van regstellende aksie, beee plus sommer openlike rassediskriminasie .

Jaco ·

Seker die klas in Orania. Definitief nie in ‘n staatskool nie.

Keelvol ·

2030 – Geskiedenis vrae stel.
Waarom het die Raffenidary in Durban Ontplof?
Bespreek jou antwoord betrekking op die aankoms van Jan van Riebeeck.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.