Woede ná talle nie Sassa-toelae ontvang

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) moet behoorlik vure doodslaan nadat talle begunstigdes van maatskaplike toelae nie vandeesmaand hul korrekte toelae ontvang het nie.

Abraham Mahlangu, waarnemende uitvoerende hoof van Sassa, het in ʼn verklaring bevestig dat die agentskap probleme ervaar met die elektroniese betaling van toelae. “Wat tans aan die gang is, is die gevolg van die oorskakeling van die ou na die nuwe betalingstelsel vir maatskaplike toelaes. Sassa is in die proses om Cash Paymaster Services (CPS) uit te faseer en die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) in te bring om die maatskaplike toelae te betaal soos deur die konstitusionele hof beveel,” het Mahlangu gesê.

“Ons verseker begunstigdes dat hul maatskaplike toelae ten volle betaal sal word. Inteendeel, die fondse is reeds in hul rekeninge. Ons versoek begunstigdes om net minstens drie dae toe te laat voordat hulle hul toelae onttrek.”

Op Sassa se amptelike Facebook-blad het talle begunstigdes gekla dat hulle nie hul toelaes ontvang het nie, dat hulle nie die hul volledige toelae ontvang het nie of dat hul Sassa-kaarte tegniese foute ervaar. “Ek kan dit nie net laat gaan nie, want ek is arm en dit is my geld. So wie is verantwoordelik? Wie steel my geld en hoekom?” het een gebruiker geskryf.

“Sassa, dit is ʼn skande. Gaan julle vir my kos verskaf vir die res van die maand? Waar is die res van ons geld? Iemand maak hul sakke vol met arm mense se Sassa-geld,” het nog ʼn begunstigde uitgevaar.

Ander het gekla dat hulle verlede maand al nie hul toelae ontvang het nie, dat hul nuwe Sassa-kaarte nie wil werk nie en dat administrasiefooie na bewering van hul toelae afgetrek word.

Sassa het in reaksie op die klagtes gesê behalwe vir die tegniese probleme ervaar die agentskap ook ʼn personeeltekort weens ʼn staking deur lede van Vereniging vir Staatsamptenare (PSA). “Die bestuur werk hard om hierdie kwessie op te los sodat werknemers kan terugkeer werk toe. Ons vra opreg om verskoning vir die ongerief,” het Mahlangu gesê.

“Intussen werk Sassa en SAPO onverpoosd om ʼn oplossing vir die tegniese probleme te vind en te verseker dat die toelaagdienste herstel word in die kortste moontlike tyd. Ons onderneem om ons begunstigdes op die hoogte te hou.”

African News Agency (ANA) berig Bridget Masango, die DA se skaduminister van maatskaplike ontwikkeling, het na Sassa gekap en gesê die tegniese foute in die stelsel dui daarop dat die agentskap nie voldoende voorbereid was vir die oorskakeling na die nuwe stelsel nie. “Nie Sassa of SAPO kan met sekerheid sê wanneer [die probleem opgelos sal wees nie] wat beteken miljoene mense sal vir ʼn onbepaalde tydperk moet honger ly weens Sassa se nalatige optrede,” het Masango gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Ekke ·

Ha-ha! Tegniese probleme! Onbevoegd en korrup! En, as dit stemtyd is, word daar maar weer ANC gestem.

zoom zoom ·

Nou is daar weer ‘n geleentheid om iets af te brand. Lekker nuwe SA.

Linda Gouws ·

My pa is 87 en in die bed. Hy kan nie na SASSA toe gaan om die nuwe kaart te kry nie. Ek sukjel al meer as n maand om deur te kom na SASSA toe om n huisbesoek te reël. Dis n absolute skande dat oumense so moet sukkel. Ek weet van mense wat na SASSA-kantore toe gegaan het en na ure se wag weggestuur was.

Bernadette ·

Vul n spesiale sassa vorm in en laat dit deur die bank gestempel word. Gee die vorm in by sassa en die geld sal direk in jou pa se rekening inbetaal word. Dan hoef jy nie te sukkel met n nuwe kaart nie.

CAROL ·

Linda goeie middag. As jy in Pretoria woon kan ek jou help met n naam en nr van iemand wat by sassa werk.

Ben ·

Die tegniese probleem is waar. Daar is tegnies nie enige breinkrag of ordentlike beplanning nie.

Michael jordaan ·

Ek het al Februarie vorm voltooi vir bank inbetaling en ingehandig maar nogsteeds op sassa kaart bly inbetaal , nou moet ek weer invul ander een net weg

Rooikop ·

Hou op met julle gestaak en begin werk vir n slag ………………….genade tog,
julle spul hou net nie op nie ………………. onbevoeg onbevoeg onbevoeg !!!!

wilma ·

Ek het ook Sondag ‘n probleem ondervind met uitbetaling. Maandagoggend weer probeer en sonder enige probleme toelaag gekry.

Jacques ·

Net weereens n bewys van hoe onbevoeg die regering is om van enige iets n sukses te maak , en nou begin die “Blame Game ” dit is nie ek nie dit is hy > Tipies . By stem tyd dan word die regering nog steeds ondersteen , word wakker mense word wakker .

Johan ·

Is daar IEWERS in hierdie regering teken van intelligensie/bevoegdheid? Sassa het nou al oor die afgelope maande bewys dat hulle nie vertrou kan word nie. En hier sien ons die ongelukkige realiteite. Net so jammer dat ou mense wat nie kan loop of ry nie, daardeur geraak word.

Hou alle SASSA amptenare se salaris terug aan die einde van die maand. Laat hulle ook kan voel.

Ekke ·

Soek ook na intelligensie/bevoegdheid, maar daar is GEEN tekort aan arrogansie nie!

piper ·

nou wil die poskantoor ook nog staak. die poskantoor waar ek n posbus het en waarvoor ek betaal het sonder kennisgewing toegemaak en vir maande het ek nie pos gekry nie. die poskantoor het toegemaak agv agterstallige huur. hoe red mens so n land.

moeks ·

Kan sien hier kom groot moeilikheid. Poskantore en Telkom begin ook van vandag af staak soos elders berig.

Eish ·

Sprekende voorbeeld van seindistorsie deur die kankerbestuur van die helhool.
Na al die beloftes dat die oorskakeling glad sal verloop.
Jammer dat die armstes altyd vir die gelag moet betaal.

Trompie ·

Ek wil nie die dag sien as uitbetalings, vanweë watter probleem ookal, glad nie gemaak kan word nie. Dan brand die hel seker af.

Ella ·

Al is jy honger of amper dood is van koud kry of siekte, wag maar drie dae vir jou geld.
Batho Pele bestaan nie meer nie. Het dit ooit bestaan?
Mnr Mahlangu dalk moet jy drie maande wag vir jou geld. Jy sal wel oorleef…

D V ·

Wees hoopvol probleme sal uitgestryk word. Bid en glo en vertrou op die Heer.
Dit mag vir eers moeilik gaan.

EDT ·

Ek dink hulle moet einde van die maand vergeet om daai stakendes se salarisse te betaal. Tipies, dink net aan hulleself en bogger die res.

Els ·

Ek het my adres verander. Omdat dit belangrik is. Oorgeskakel na bankbesondehede. April en Mei geld gekry en ewe skielik is dit gestop. Ek het 2 maande laas gekry en is afhanklik van daai geld. Talle oproepe is gemaak en niemand kan my n antw gee nie. Kan enige iemand my asb help.Ek is in Wes Kaap maar niemand het antwoorde nie. Ek het al 2 keer vorms moes invul en niks gebeur nie. Waar moet ek vra vir hulp. Asb ek is raadop.

Niebuhr S ·

Hoeveel is “talle”? Honderde? Duisende? Miljoene? Ek probeer die omvang van die gevaar bepaal.

Mariana ·

My ma sukkel al sedert Desember om aansoek te doen vir ‘n Sassa toelaag. Iemand anders met ‘n ander naam, van en adres trek reeds Sassa op haar ID nr. Ons het al vir die raadslid, wat weer vir die minister geskryf het, laat weet van ons frustrasie. Net mooi niks het al gebeur nie. Sy moes nou al 2 keer bewys lewer dat sy die regte eienaar is van die ID nr, die Binnelandse Sake kantoorbestuurder het ook al saam met haar na die Sassa kantoor gegaan om haar deur die proses te help. Elke maand word sy versoek om volgende maand terug te kom, want die “fout” is nog nie reggestel nie. Hoeveel ander sulke gevalle is daar? Iemand lag al die pad bank toe met die armes se geld.

Wilma ·

Die kamma foute weer n slenter dalk om CPS weer toe te laat om uitbetalings te doen. Enige iets is moontlik wanneer mense desperaat is om net meer en meer te skep vani staat
.

Joshua ·

Die hoeveelste honderdste beewys dat verkeerde BEE n totale flop en absolute rassisme is-hierdie ANC regime se patetiese onvermoens en onbevoegdheid om REG te regeer is besig om SA in duie te laat stort-orals en alles waar en wat die ANC moet bestuur en in beheer is verander in n totale mislukking en dit gaan net aanhou en aanhou.

magda ·

dit is snaaks . wanneer iets werk word dit verander en die wat afhanklik daarvan is , is gewoonlik die wat daaronder moet lei. wonder of dit nie weer gevat word vir eie gebruik nie. hoe sal ons nou weet.

John ·

Daar word glo hard deur CPS geskop teen veranderinge en die staking kan dalk net daarmee verbind word. Mense wat sukkel moet nie wag en hoop dinge sal vanself regkom nie. Kry ondersteuning en doen moeite om die nuwe kaart en uitbetaling uit te sorteer voor klonings plaasvind.

maths kuhn ·

my ouers het albei hulle nuwe kaarte gekry en hulle gelde was korrek,die probleem is egter die kitsbank vat R10 vir admin fooie as hulle n ontrekking doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.