Woede ná wrede aanval op robwelpie

‘n Skermskoot uit die video.

Waarskuwing: Die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers ontstel. 

ʼn Video van ʼn robwelpie wat oënskynlik wreed deur twee jong mans mishandel word, het sosialemediagebruikers warm onder die kraag.

In die video kan twee mans gesien word wat die kamera in ʼn stadium van die een na die ander verskuif. Hulle gebruik alkohol op die video en probeer dit ook in ʼn stadium vir die hulpelose en bebloede dier voer.

Op die video word die rob, wat vasgekeer is in ʼn afskorting op ʼn boot, herhaaldelik met ʼn mes gesteek en op die kop en snoet gekap. Hy word ook aan die stert opgetel en telkemale baie hard teen die boot vasgeslaan. Die welpie probeer keer op keer desperaat uit sy omstandighede ontsnap.

Op die video kan gehoor word hoe die mans krutaal gebruik en een van die mans die ander aanmoedig met die woorde: “My broer, swing hom!

Louise van Zyl, van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) in Swartland en die Weskus, het gesê die vereniging is van plan om ʼn klag van dieremishandeling teen die man op die video aanhangig te maak.

Van Zyl het bygevoeg dat dit in dié stadium nog onduidelik is presies wanneer en waar die voorval plaasgevind het, maar vorm dit deel van hul ondersoek.

Sosialemediagebruikers het behoorlik uitgevaar in reaksie op die video. Een gebruiker skryf: “Wat gaan aan met mense vandag? Onskuldige diere word aangerand deur wrede mense. Dit maak mens siek.”

ʼn Ander meen: “Doen dieselfde aan hulle en kyk of hulle daarvan hou, siek.” Nog ʼn gebruiker beweer vissermanne skiet gereeld robbe in die St. Helenabaai-omgewing. “Hul karkasse met skietwonde spoel gereeld uit op die strand. Dit maak my kwaad.” Ander gebruikers het op dié plasing gereageer en gesê hulle sien dieselfde verskynsel op Dwarskersbos en Paternoster.

Die NDBV in Kaap die Goeie Hoop het op hul Facebook-blad geskryf dat hulle met hulp van die publiek een van die mans kon opspoor, asook die boot wat tydens die voorval gebruik is.

“Ons sal seker maak die dier se lyding was nie verniet nie, dat die mense wat betrokke was aangekeer word en dat aanklagte van dieremishandeling teen dié wat betrokke was in dié bose daad gelê word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

Hoekom is mense verbaas hieroor ?
Dit is hoe dinge werk hier in ons pragtige land.

Willie Witwaks ·

Ek se nog altyd: mense wat hulpelose diere mishandel sal ook nie skroom om MENSE seer te maak as hul die geleentheid kry nie. Hoe kan mens ‘n ‘n dier vir eie vermaak vergruis!??? Gewetenlose skuim!!

Asb NDBV, maak ‘n voorbeeld van die twee, ons het nie sulke mense in ons samelewing nodig.

Endika ·

Ek hoop hulle kry die hoogste straf en hul boot/visvang lisensie vir ewig weg geneem. Die wreedaards se naam en blyplek is bekend. Ek hoop ń paar diere aktiviste besoek hulle spoedig.

MT ·

Warm onder die kraag is ‘n “under statement” Daar moet ‘n voorbeeld van die 2 gemaak word.

Trane in die oë... ·

Het toevallig hierdie video vanaand met my 2 seuns gekyk… Het eers gedink dit sal die ‘oulike’ videos wees… My seuns was sprakeloos, en het met blink, hartseer oë na my gekyk en gevra ‘hoekom?’, te sien hulle die stille trane wat van my wange afstroom. Hierdie mamma kon nie antwoorde gee oor hoekom die mensdom só wreed moes wees nie. Maar hulle het my ten minste belowe hulle sal nooit so iets aan ‘n died of persoon doen nie, en sal toesien dat dit nooit in hulle teenwoordigheid deur ander gedoen word nie.

Bring daardie 2 mannetjie na my toe, en ek sal ‘n duidelike voorbeeld van hulle maak!

bantam ·

Hierdie mense gee die Weskus en vissermanne n slegte naam !Maak n voorbeeld van hulle !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.