Woede oor Autopax-werkers net halwe salaris kry

(Foto: Facebook)

Lede van die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) is woedend nadat werkers van Autopax, ʼn filiaal van die Padvervoerbestuurskorporasie (Prasa) vandeesmaand net die helfte van hul salarisse gaan kry.

Autopax word in geheel besit deur Prasa en bedryf die City to City- en Translux-busdienste.

Die sukkelende agentskap het werkers Vrydag ingelig dat hulle vandeesmaand net 50% van hul salarisse gaan ontvang. Daar is boonop geen aanduiding van wanneer die balans betaal gaan word nie.

Numsa het die optrede ten sterkste veroordeel en sê dit is boonop nie die eerste keer dat Autopax versuim om werkers te betaal wat hulle toekom nie. “In Oktober en November verlede jaar is die betaling ook vertraag. In Desember het ons lede hul volle salaris gekry, maar net die helfte van hul bonusse. Die balans is vyf dae later betaal,” het Phakamile Hlubi-Majola, Numsa-woordvoerder, gesê.

Sy sê werkers is gefrustreerd en kwaad omdat hulle 100% hul kant bring, maar dan met net die helfte van hul salarisse beloon word.

“Die vertragings en halwe betalings is ʼn aanduiding van ʼn groter krisis by die instelling; Autopax het ineengestort weens wanbestuur en beweerde korrupsie.”

Numsa het gevra dat Prasa die bestuur van die instelling weens die “gebrek aan leierskap” heeltemal oorneem.

Prasa het egter sy eie stel uitdagings. Die agentskap is in Desember onder administrasie geplaas en die tussentydse raad ontbind. Die vervoervakbond Untu het verlede week gewaarsku Prasa het kwalik geld om eenvoudige items soos remme vir sommige treine te koop. Dít terwyl ʼn regsfirma sy dienste aan Prasa opgeskort het weens ʼn uitstaande rekening van nagenoeg R19 miljoen.

Nana Zenani, woordvoerder van Prasa, het gesê Autopax sukkel nou “al ʼn geruime tyd met bedryfs- en geldprobleme. Dit het gelei tot ʼn ernstige kontantvloeiprobleem en die onvermoë om werkers hul volle salarisse te betaal.”

Zenani het gesê daar word gewerk aan ʼn langtermynplan om Autopax in die huidige “moeilike ekonomiese omgewing” om te keer.

“Intussen sal die bestuur deurlopend beraadslaag met werkers en vakbonde om die situasie te verduidelik en hul steun te kry om ʼn oplossing te vind,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Werner ·

Wel wat verwag jy van n bankrot land hierdie maand halwe pay volgende maand geen pay

McG ·

Bietjie minder dans bietjie minder sing by al die kommitee-vergaderings ens, dan sal meer gedoen kom.

Peetjie ·

Die unies moet net onthou hulle het n groot aandeel in die maatskappye wat nie die mas kan opkom nie, want vir elke baketel moet daar gestrike en gedans word vir weke en of maande…

Annie ·

Ek het in Desember net ‘n derde van my salaris gekry en weet nie eers of daar geld gaan wees vir die maand nie. Daar kom net nie werk in nie. En wat daar is word eerder aan vriende en familie gegee eerder as die wat bevoeg is.

Magda ·

Julle stem vir die korrupte gemors – SO HOU OP KLA!!!!!!!!!!!!!!

Thomas ·

Magda, nie almal van Prasa wat kla stem vir die ANC nie….

Thinus ·

BEE & affermative action besig om te backfire. Kry vir julle.

DS ·

Ons het glad nie bonusse gekry nie. Hoekom enigsins bonusse betaal wetende daar gaan nie Januworry genoeg wees om hulle ten volle te betaal nie. Daardie geld moes gehou gewees het dan kon hulle volle salarisse gekry het.

Leon ·

Hulle bly stem vir die ANC, so hulle bly stem vir geld grypers en geld morsers.
Ek het drie jaar laas ‘n verhoging of my 13de tjek/bonus gekry. So hulle moet ophou kla. Hulle kry nog verhogings en bonusse.

Kobus ·

Ja so gaan een instelling na ander of in bankropskap of in totale ineenstorting agter uit die volgende is ons landbou.

DS ·

Magda wees miskien meer duidelik met na wie jy verwys met die JULLE? Die probleem is net dis nie net “DIE JULLE” wat swaar kry nie ALMAL kry swaar en jou kommentaar maak mens negatief en ek verkies om nie van ander as gemors en goed en dinge te verwys nie want ongeag hulle is ook deur ons Liewe Vader geskape.
Verafsku hulle dade maar moenie ander name noem nie.

Sê net ·

@DS – Jy klink vir my soos ‘n tipiese millenial. Wat anders noem ‘n mens “persone” wat soos sprinkane alles verswelg, opvreet, verwoes en tot niet maak? “Gemors” is vir my reeds al ‘n polities korrekte term. Ek het meer aan woorde soos “drek” en ander wat my plasing gaan affekteer gedink. Ons Liewe Vader het almal geskape, maar Hy haat dit as mense volhard met die sonde. As jy diesulkes wat volhard in die sonde wil innooi vir ‘n koppie tee is jy welkom, maar moenie mense wat die werklikheid by sy naam noem verkwalik nie.

Annelize ·

Mens hoor dit al hoe meer en meer, mense wat net gedeeltelik betaal word.

Wel, join the club, ek weet van ‘n sekere Noord Wes Munisipaliteit wat nog geen van sy werknemers betaal het hierdie maand nie.

Stephanus ·

Alles wat deur ANC en sy kaders bestuur word is totaal korrup!!

lunsriem ·

Nou hoekom begin die wat in elk geval net genoeg doen om niks te doen , nie om te staak nie. Staak die maatskappy in sy peetjie in soos met die SAA.

JohanR ·

Julle het net halwe salarisse gekry want die ANC ministers het die res nodig vir hulle R700000 karre!

Stofdonkie ·

Maar volgens Autopax webtuiste is Autopax ‘n “wholly owned subsidiary of PRASA”. Dus besit PRASA reeds Autopax. Hoe vra numsa dan nou dat PRASA die bestuur oorneem? Een oplossing, PRIVATISEER. Sal interressant wees om te kon weet of die direksie ook net die helfte van hulle salarisse ontvang het, en hoeveel hulle salarisse is. Min mense in die privaatsektor trek die klas salarisse wat hierdie amptenare trek, en dis ook dan die groot rede hoekom privaat besighede kan oorleef, want bestuur trek nie die besigheid leeg en sit dan terug en sê net jammer wanneer werkers en krediteure betaal moet word. Laat hulle maar die busse brand, daar is wel baie privaat bus-operateurs wat wel kan aangaan. Hulle kan dan maar uitbrei en die autopax outjies in diens neem, die wat egter wel darem lisensies het en nie net familie is van die bestuur nie.

Gerrie ·

Nouja swaar. Ek het altyd gese …n stem kan jy nie eet nie.

Maljan ·

Viva ANC. Doet zoo voort! Eerlank gaan niemand meer salarisse kry nie, al het jy gewerk! Good ole BBBEE! VIVA. Dis wat julle kruisie vir die ANC meebring. Gratis huise, elektrisiteit water, dienste, universiteit wat n kleiner wordende nie swart werksmag moet bevonds! VIVA!

Ronel ·

Ek skud my kop en wonder is daar enigsins ‘n stelsel wat NIE uit mekaar val weens korrupsie en wanbestuur oor in Suid Afrika?

Jeremia ·

Vroeër het mense GEWERK nou gesels hulle aanhoudend tydens werkstyd. En lyk my wanneer daar nie gesels word nie is daar weer tyd vir blatante korrupsie. Daar is ongelukkig te min mense oor in werksplekke wat weet hoe om die werk te doen én wat nog wil werk. Dit is hoekom die land se ekonomie nooit weer sal regkom nie.

Johanna Botha ·

Lekker kry jy maar waarvoor jy gestem het hoor …kry vir julle hier kom nog baie gevalle want die staat se geldjies is uitgemors deur die anc en word bestuur deur dom mense van of n chomma of die struggle

Sinies ·

In my omgewing het n hele aantal mense sedert November 2019 nie salaris ontvang nie. Meeste werk steeds in n poging om die besigheid te red!

Scalla ·

As ek reg onthou is daar ook n ene Popo persoon betrokke in bestuur, gaan klop by hom aan. Hy was een van die eerste Soustrein ryers in 1994, hy weet hoe werk hulle stelsels!!!

Doris ·

Wat gaan aan hierdie land alles gaan ten gronde. waar in jou lewe het jy gesien mense werk en dan word hulle net n halwe salaris betaal of gladnie. Lyk my hulle het saam gesweer om te kyk hoe besighede hulle ten gronde kan kry. Dink seker die Staat moet ook daar miljoene voor skiet. Daardie plekke moet nou maar almal plat val, en voel bitter jammer vir die mense wat alles opgeoffer het en nou aan die kortste end trek nadat die ander hulle lekker gehelp het. n Siek land en baie siek mense.

Schalk ·

Direkte gevolg van 20% status solank as die anc eff blf glo n slaagpunt is 20% sal dit so gaan hul het 30% meer ontvang as wat die slaagpunt vir wiskunde is so in hul oë het hul presteer veels geluk aan die betrokke minister jy is voorwaar uitstekend jy verdien n dubbelle bbonnus

Gert R@Midstream ·

Ons het gewoond geraak aan disfunksionele instellings. Verandering om verbeterings aan te bring / te implimenteergaan baie verg. Uitfassering van en in bring van geskikte persone gaan tyd neem en verdere gelddruk mee bring. Nie maklik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.