Woede oor babas in bokse, pleks van broeikaste en bedjies

(Foto: Twitter/Pertunia Mokgosane)

Die departement van gesondheid in Noordwes het ʼn dringende ondersoek gelas nadat foto’s van pasgebore babas by die Mahikeng-hospitaal in Noordwes wat in bokse – pleks van broeikaste of bababeddens geplaas word – op sosiale media gedeel is.

Die babas is volgens die voorlopige interne ondersoek Saterdag in die kartonbokse geplaas omdat daar nie genoeg broeikaste beskikbaar was nie.

Noordwes se LUR vir gesondheid, Madoda Sambatha, sê die departement neem die voorval baie ernstig op omdat daar stelsels, standaardbedryfsprosedures en maatreëls geld wanneer ʼn tekort aan toerusting ondervind word.

“ʼn Bestuursvergadering word elke Maandagoggend gehou, waarna die naweekverslae bespreek word. Tog is hierdie voorval nooit aangemeld nie,” sê Sambatha.

Die departement sal verdere ondersoek instel om vas te stel hoe lank die babas in die bokse moes wag vir behoorlike beddens.

“Wanneer personeellede oor die naweek situasies ondervind wat hul werk bemoeilik, moet hulle die bestuurders verwittig sodat relevante alternatiewe bespreek kan word.”

Volgens Sambatha is daar reeds plan gemaak om dadelik nog bababeddens van ʼn ander fasiliteit na die hospitaal te stuur.

“Die uitvoerende bestuurder volg tans die bestelling vir bykomende broeikaste en bababedjies op.”

Die departement het om verskoning gevra vir die voorval en gepleit vir kalmte terwyl die saak ondersoek word.

(Foto: Twitter/Pertunia Mokgosane)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Samuel ·

Dit is nie wittes wat hierdie misdryf gepleeg het nie, so waarom sal Julius raas?

isabelle ·

hierdie land is in n gemors….van paaie,krag,diens,sein,misdaad,armoede,diens tot en met kos…..en stygende inflasie…… dis hartseer

Pietie ·

Nee hell, ek het nie woorde nie, die arme bloedjies.
Ons regering is hopeless.

Andries ·

Goeiste. Net in Afrika… kan my ni behoorlik hieroor uitdruk ni. Maar nouja; julle het daarvoor “gestem”. Behoede di sg. NGV wat ons nog moet tref

Cherokee ·

Miskien, net miskien, moet die tempo van aanwas deel vorm van opinies oor gebrek aan fasiliteite.

Adri ·

Ek kan nie verstaan waarom so iets eers moet gebeur voor hulle besef dit is ‘n probleem nie? Dit gebeur ongelukkig in al die staatshospitale. Hulle begin eers na toerusting of hulpmiddels soos verbande en kussinkies vir bedsere soek wanneer dit te laat is! Dan wil die groot koppe maak of hulle nie bewus was nie.

Faraway ·

Ek het nie woorde nie . . . net gedagtes . . . nie geskik om te deel nie

Adele ·

Liewe Hemel!!! Ek kan my oë nie glo nie!! Dis pateties om die minste te sê. My hart is in stukke oor ons land wat so agteruitgaan…..ek het nie woorde nie….

Mariana ·

Skreiende skande. Die uitvoerende bestuurder moet op hoogte wees van als wat in hospitaal aangaan. Hy of sy moes geweet het van alle tekorte aan beddens en ander tekorte ook. Dis omdat mense aangestel word wat glad nie enige kennis dra van hul poste en wat dit behels nie. Verkeerde mense in verkeerde poste. ANC stel nie belang in wat regtig in die land aangaan nie, solank die fatcats net hul deel kry. Kry miljoene in salarisse en allerhande “perks”, maar babas moet in bokse op die grond slaap. Ongelooflik.

Di ·

Skokkend! Persoonlik dink ek dat daar net TE VEEL kinders gebore word in die land en die hospitale is nie gebou vir die massas babas wat elke dag gebore word nie. Stop die kinders grants wat hulle aanmoedig om net meer en meer kinders te kry. Bevolkingsaanwas wat handuit geruk het is ons land se grootste probleem. DIT beinvloed absoluut alles in die land. Het gelees dat die kinder toelaag toegestaan word vir 6 kinders per gesin, BELAGLIK

Sandra ·

In GBR werk die NHS nie soos verwag nie, hulle is ons jare vooruit met die goed, en as dit daar nie werk nie, gaan dit liederlik faal in SA. Ons het net eenvoudig nie die kennis om op so-iets staat te maak nie.

Goldy ·

Die einste gemmeenskap was nog altyd en sal steeds bly vir die regerende party stem. Die storie gaan nie eers opduik in hulle gedagtes tydens stemdag nie. Ons het heeltemal onversoenbare waardes.

Pieter francois ·

Hulle wil n land beheer en ons gesondheid sorg hulle kan nie eers een hospitaal bestuur nie viva anc

MJLS ·

Julle sou my te kere hoor gaan het as dit my baba moes oorkom! Kyk net waarop stuur die huidige regering af. Skande!

Debbie ·

Nou wil die staat weg doen met mediese en privaat hospitale. Gee my krag

Delia ·

Die bestuurders moet naweke rondtes doen. So hulle moes dit gesien het. Nou pleit almal bewusteloos en vertel van.prosesse in plek. ONS WEET ALMAL DIT WERK NIE.
Die verpleegpersoneel moet altyd n haas uit n hoed trek. Kartondose werk bietjie teen koue.
Ek praat van 40 jaar ondervinding in verpleging. Die verpleegpersoneel moet altyd pa staan vir alles.

Nettie ·

Dis waar Delia. Mens kan nie die susters kwalik neem wat die arme babatjies net wou beskerm en help nie. Dis beter as niks. Maar dit maak mens woedend dat die hospitaal dit kon toelaat en nie onmiddellik dit as ‘n krisis gesien en aangespreek het nie. Of nog beter, dit voorkom het deur bietjie vooruitskouing en beplanning.

Nettie ·

Soos klein hondjies of weggooi katjies. Maak mens woedend! Hulle ou lyfies is pap, klein, sensitief en kom sopas uit ‘n baie beskermde omgewing. Hierdie land het geen empatie nie.

piet ·

Wat’s fout met ‘n kartonboks op iets sags soos ‘n spons? Ek kan dink dat so ‘n boks lekker cozy kan wees vir ‘n baba, net die regte grootte ook. Kan dalk nog beter werk as ‘n bed vir ‘n pasgebore baba.

Papsak ·

Hulleour people hetgeenskaamte nie ook nie gewetes niedaaromsterf so bai babas in hospitale isdit nievuil nie dan gebeur dit sies julle is vrot

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.