Woede oor borgtog vir beskuldigde in Kroonstad-moord

Gert en Martie Burger.

ʼn Vrystaatse familie eis antwoorde nadat een van die mans wat beskuldig word van die moord op Gert Burger (65) borgtog gekry het onder wat hulle as vreemde omstandighede beskryf.

Burger is in Februarie vanjaar by sy huis op Kroonstad vermoor. Hy is die oggend vroeg vlooimark toe en het medisyne vir sy vrou, Martie, gaan koop, waarna hy terug is huis toe.

Martie was bedlêend en Gert het vir haar die medisyne gegee. Hy is terug na buite om die bakkie in die motorhuis in te trek, toe hy oorval is. Gert is verskeie kere in die nek en bors gesteek. Sy liggaam is in ʼn seil toegedraai en met ʼn tou vasgebind.

Burger se dogter, Linette Erasmus, het destyds gesê die aanvallers het moontlik gedink die afstandbeheerder op die bos sleutels is die motor sʼn. Dit was egter die paniekknoppie en hulle het dit twee keer gedruk. ʼn Plaaslike veiligheidsmaatskappy het gereageer, maar het die Burgers sonder sukses probeer kontak. Hulle het ook vir Erasmus gebel, wat uiteindelik na die huis gejaag het.

Sy het die swart plastiek gesien en haar pa se liggaam ontdek. Martie was ongedeerd in die huis, waar sy vergeefs na haar man gelê en roep het.

JC Schilling, wat ʼn waaksaamheidsopdrag van die familie gekry het, het Dinsdag gesê die familie het hom aangestel omdat Phehello Temperance Rakake (19), een van die beskuldigdes, se pa ʼn polisielid is en daar vrese bestaan dat moontlik by die saak ingemeng kan word.

Hy en sy medebeskuldigde, ʼn minderjarige wat vroeër in die sorg van sy ouers vrygelaat is, is kort ná die moord vasgetrek.

Rakake se aansoek om borgtog is daarna van die hand gewys.

By sy hofverskyning verlede week is egter vasgestel dat Rakake intussen op borgtog van R3 000 vrygelaat is, nadat hy suksesvol teen die weiering van sy borgtog geappelleer het. Burger se familie was onbewus van dié wending.

Schilling het gesê Rakake is van ʼn skedule 6-misdryf aangekla – moord met voorbedagte rade – wat beteken daar moet buitengewone omstandighede bewys kan word voordat borgtog toegestaan word. Volgens hom was daar nié sulke omstandighede nie.

“As die staat nie die aansoek om borgtog teenstaan nie, moet hy sê hoekom. Die regter moet ook tevrede wees dat daar wél buitengewone omstandighede is,” het hy gesê.

Schilling het gesê hy gaan nou namens die familie aan die NVG skryf en vasstel onder watter omstandighede Rakake op borgtog vrygelaat is.

Gert Burger in ligte luim nadat sy geliefde kleinkinders sy hare beetgekry het.

Van sy borgtogvoorwaardes sluit in dat hy nie ʼn spesifieke adres mag besoek nie – vermoedelik die moordtoneel – maar die adres op die hofbevel is vir ʼn straat wat nie in Kroonstad bestaan nie. Nog ʼn bepaling is dat Rakake nie met enige van die staatsgetuies mag inmeng nie.

“Daar is egter nie ʼn lys van getuies aangeheg by die hofbevel oor die borgtog nie, so dit is óók nie afdwingbaar nie,” het Schilling gesê.

Erasmus, wat ook op Kroonstad woon, het Dinsdag aan Maroela Media gesê haar ma is intussen op 17 Junie, op haar 74ste verjaardag, dood. Sy het ná die moord op Gert in ʼn tehuis gaan woon.

“Hulle het 23 jaar lank in daardie huis gebly. My ma moes uit die huis trek en haar versorger, my pa, was skielik weg. Alles wat sy geken het, waaraan sy gewoond was, was weg. Ek dink dit het maar alles bygedra,” het Erasmus gesê.

Sy het gesê dit is belangrik dat geregtigheid vir haar pa se dood geskied en dat die familie daarom die saak so fyn dophou.

“Dit gaan nie my ma of pa terugbring nie, maar jy kan hierdie goed ook nie net los nie. Dit gaan oor geregtigheid vir my ouers, maar ook vir ander mense.”

Rakake en sy medebeskuldigde verskyn weer op 14 Augustus in die hof.

Maroela Media het ʼn navraag aan die NVG gerig oor die omstandighede waaronder Rakeke op borgtog vrygelaat is en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Naam wys alles ·

Die Rakake vent – haal net die regte lettergreep uit sy van en dit verduidelik wat die gemors eintlik is.

Erica ·

Skokkend. Hoe is dit moontlik dat die besluit geneem kon word en wie het so beluit. Dit is tyd dat ons weet wie verantwoordelik is vir die volgende moord of misdaad saam met die kriminele.

Anoniem ·

Daar is hoogs waarskynlik reeds ingemeng, dis hoekom hy borg gekry het.

Swannie ·

Natuurlik, hoekom twyfel jy nog ?
Sy pa is dan n polisielid !!

honourable member ·

Stem saam jou Manie. Een van die dae het die leer ook verdwyn.

Undertaker ·

Nou ja – kom 14 Augustus. Kom ons ruk op in massas na die hof en hanteer Rakake se sakie sommer self en sorteer hom uit. Lyk my dit is al wat deesdae in SA gedoen kan word.

willem Botha ·

Jy moet iets brand voor daar kennis van jou geneem word maar omrede ons opgevoed is begin n erfbelasting boikot.

Pieter ·

Stem saam met jou maat maar as daar nou een ding is wat ons blankes nie kan doen nie dan is dit om saam te staan

m oosthuizen ·

Dis onaanvaarbaar die borgtog Die regters moet begin verantwoordelik teenoor gemeenskap optree Hulle moet verantwoordelik gehou word as gemeenskap se veiligheid betrokke is en ophou om misdadegers soos gewone mense te behandel Eenkeer n moordenaar volgende keer net makliker

treurgrond ·

Dirk en Gert ek stem saam hoe kon hy borgtog gekry het hy het ‘n man vermoor hoe kry hulle borgtog en word uitgestuur om weer te vermoor – hene my woede kook waar ek hier sit. Gert het niks aan hulle gedoen nie niks nie. ‘n Oupa is weggevat van sy kleinkinders af.

Lenoe ·

My skoonma is vermoor nadat die beskuldigdes uit op borgtog (vir ander moorde) gelaat is.

Ons regstelselbestaan nie

Kinnie Jacobs ·

Borg vir n moordenaar maar nie vir Vicky Momberg nie……skreiende onreg!

jaco ·

Die slagoffers was wit. dit verklaar alles. ons anti-wit owerhede is eintlik bly wanneer dit gebeur. NIEMAND glo my egter nie. soortgelyke kommentare van my by ander soortgelyke berigte word ook gereeld verwyder. totdat dit natuurlik eendag te laat is…

Helene ·

Stem saam Jaco. Partykeer lewer ek kommentaar wat niks erg bevat nie, maar dit word nie geplaas nie. So siek vir hierdie politieke korrektheid.

Se maar net ·

ek hoop nie die familie laat dit daar nie! dis belaglik verby, ek is so gaaivol vir dubbelsinige wetstoepassing ek wil skree!!!!

pieter ·

En so verdwyn van die bewysstukke ook die een na die ander.Hierdie is n korrupte,barbarse land.

Donderstorm ·

Hoeveel mense is ini laaste tyd vermoor deur mense wat op parool uit is vir dieselfde tiepe oortredings? Hoe kan hul so persoon parool gee om mee te begin?

Hanna Hoekom ·

Maar die boer wat in 2018 per ongeluk in sy afgedankte werker se huis vasgery het, is twee keer borg geweier! Hierdie werker was ONWETTIG op die plaas en het slegs n skrapie op sy voet opgedoen. Nou hoe nou? Ras speel beslis n rol!

Philip ·

Ongetwyfeld ‘n rassistiese besluit. Genoeg om naar van te word. Lyk my elke boetie en sussie is nou regters. Ek is skaam om te noem ek is van SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.