Woede oor diensleweringchaos in Tshwane

(Foto: DA/Twitter)

Die DA is woedend oor die swak dienslewering en veral die voortslepende kragonderbrekings wat Pretoria teister sedert die “onregmatig aangestelde administrateurs” die leisels in die hoofstad oorgeneem het.

Duisende inwoners van Mamelodi sit nou al bykans ʼn week lank sonder elektrisiteit en het begin betoog uit frustrasie teen die onophoudelike kragonderbrekings in die gebied, het Randall Williams, die DA se burgemeesterskandidaat in die Tshwane-metroraad, gesê.

In Eersterust, groot dele van die ooste van Pretoria en in Soshanguve is inwoners ook nou drie dae lank sonder krag.

“En terwyl dít voortduur, is die administrateurs nêrens in sig nie,” het Williams Vrydag gesê.

Die LUR vir samewerkende regering in Gauteng, Lebogang Maile, het in Maart vanjaar die beleërde metroraad onder administrasie geplaas. Daar was sedertdien ʼn onophoudelike magspel in die raad wat tot uiters gebrekkige dienslewering in die stad gelei het.

Williams sê daar is met amptenare in elk van die geraakte diensleweringsgebiede in verbinding getree en hulle is ingelig dat daar tans meer as 200 kragonderbrekings in die metrogebied is. In sommige streke is daar soms net twee spanne wat tot 30 wyke moet bedien.

Tot vyf elektrisiteitsdepots is boonop weens Covid-19-bedreigings gesluit, wat dienslewering selfs verder in die wiele ry.

“Dit is ʼn duidelike aanduiding dat ʼn groot krisis die stad in die gesig staar weens die versuim van die huidige administrateurs, wat die provinsiale ANC-regering onregmatig op die Tshwane-metroraad afgedwing het. Nie net versuim hulle om dié probleme te pak nie, hulle praat ook nie met die stad se inwoners oor hoe hulle beoog om die chaos wat hulle veroorsaak, reg te stel nie,” het Williams gesê.

Williams sê die administrateurs moet oop kaarte met inwoners speel oor die volle omvang van die elektrisiteitskrisis en wat hulle daaraan gaan doen.

“Ons wil geen verdere leuens hoor nie en die probleme kan ook nie net weereens onder die mat gevee word nie. Inwoners verdien om te weet wat aangaan en hulle verdien beter dienste.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hans ·

En hierdie idiote het n funksionerende DA raad vervang met meer onnosel administrateurs

Joe Olivier ·

Ek is nie so seker van funksionerende DA nie Hans. Ek het voor ” lockdown” n waterlekkasie van hoofpyp aan da raadslid gerapporteer. Die lek is 62 dae later eers herstel. Ek het die volume water teenoor tyd bereken en daar is ongeveer R1,2 milj se water gemors.

Keelvol ·

Ag, die DA is net so pateties en niks werd as die ANC. Hulle holgeryde verskoning van; maar die ANC is in beheer, is al verskoning wat hulle ken. Hier waar ek bly gaan ons gereeld gebuk onder krag onderbrekings, bel jy die DA dan kom hulle met n houding.

Michael 1 ·

DA is net soos anc praat baie doen min ,jaag net hulle eie sterte rond en die inwoners ly daaronder.

Jurg ·

Praat nie eers van die hopelose rekening houding van munisipale rekening snie en vullisverwydering is skokkend verby

Joe Olivier ·

Jy is reg Jurg. En dit ongeag die feit dat die da in Pretoria die vullisverwydering fooi verlede jaar op gesit het met 112%

lekkerdink ·

Ek het lankal gese dat in die land is geen besigheids etiek nie en bygevoeg dat elke politieke entrepeneur net na homself kyk en basta met die res . Geen eerbare mens wat een ander mense welstand moet omsien het nog ooit in die politiek ooreleef nie . So maak vrede met swak diens eiepotjiekrap politiek en vlytaal wanneer dit hulle pas . SELA

Michael 1 ·

Die DA sal gelukkig nie die volgende munisipale verkiesing oorleef nie veral nie die moot area nie.

Francois ·

Maar is dit nie wat die ANC bedoel het hulle will slles eers in duie laat stort dodat hulle hulle caders nuwe jobs kan gee

J ·

As NIE-BETALERS se elektrisiteit af is verloor die Tshwane stadsraad geen inkomste nie. Maar as die BETALENDE inwoners se krag af is … dan staan die meters stil … en die bankrot Stadsraad se inkomste daal nog verder.

As ek moet kies watter inwoners se kragtoevoer eerste herstel moet word sal ek die BETALENDE inwoners eerste help.

Die NIE BETALERS het niks om oor ongelukkig te wees nie.

Stefan ·

Ons het die land weggeteken, moenie nou huil nie, help niks om nou jammer te wees nie.

Cherokee ·

LOL… daar word julle die waarheid vertel. Stefan blameer nie vir De Klerk alleen, maar ook sy ondersteuners. En hy gebruik nie ‘beloofde 2de referendum’ verskonings nie.

Kokerboom ·

As eiendomsbelastingbetaler in Pretoria/Tshwane is ek geskok oor die politieke chaos waaraan ons onderwerp word. Dis tyd dat die belastingbetalersvereniging sy rug styf maak en beheer van die mooi stad oorneem om totale verval en waardelose eiendomme te verhoed!Dryf die politieke partye uit. Kan daar asb aksie geneem word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.